<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 5

Ontdek die verhaal van jou provinsie

Module 1

Jou provinsie se verlede: argeologie

1. Hoe argeologie jou kan help om jou provinsie se verlede beter te verstaan

Ons kan die verlede bestudeer deur te kyk:

Hoe mense geleef het; en

Watter dinge hul gebruik het om mee te leef.

In hierdie leereenheid gaan jy vier oefeninge doen om jou hiermee te help.

Aktiwiteit

Hoe om bronne te bekom, gebruik en verslag te doen

[lu 1.1; 1.2; 1.3]

(a) Die volgende voorwerpe is in 'n grot gevind! Werk in pare en bespreek die volgende vragies:

1.

2.

3.

Waarvoor is die voorwerpe gebruik?

Hoe het hulle dit gemaak?

Waarvan is dit gemaak?

Wanneer is dit gemaak?

Die volgende items is in jul buurman se vullishouer gevind. Die items wat bo in die drom was, is eerste neergeskryf, en dit wat heel onder in was, laaste.

OPDRAG VIR JOU!

(b) Verdeel in jul groepe en gebruik die leidrade om soveel as moontlik van dié gesin uit te vind. Skryf daarna ‘n kort verslag oor ‘n tipiese dag in hul lewens.

vleisbene

twee leë koeldrankblikkies en 'n wynbottel

twaalf sigaretstompies

aartappelskille

Die Rapport

'n leë Weetbix-houer

eierdoppe

stukkies afvalbrood

leë Dogmor-houer

twee leë Pick 'n Pay-sakke

'n leë Solly Kramer-sak

Radio en TV-tydskrif

vier ou vonkproppe, oliefilter

leë olieblik

gebruikte teesakkies, melkhouer

stukkende rugbybal

(Jou onderwyser kan ook sy/haar eie leidrade skool toe bring om die oefening nader te bring aan die werklikheid!)

Het jy geweet?

As jul as speurders inligting hieroor ingesamel het, word jul argeoloë genoem, en is jul besig met:

A E

‘n Argeoloog kan ook inligting van rotstekeninge verkry. Ons gaan nou die San se rotstekeninge bestudeer.

AGTERGROND VIR JOU!

Daar is al meer as twee miljoen jaar lank jagter-versamelaargroepe in Suider-Afrika. Reeds 10 000 jaar gelede het die eerste groep jagter-versamelaars, soos die San, in Suid-Afrika aangekom. Hulle het in klein gesinsgroepe rondgetrek op soek na kos.

Dit word gestaaf deur navorsing oor hul beendere, rotstekeninge en gereedskap.

Meestal moes die mans jag en die vrouens wilde plantvoedsel (onder meer vrugte, bolle) versamel. Hulle het ook vis gevang. Gedurende die winter het hulle gewoonlik in ‘n rietskerm of in grotte gebly. In die somer het hulle sommer in holtes geslaap wat met gras of riete uitgelê is. Die San se “klere” is natuurlik van vel gemaak.

(c) Jou maat is ‘n argeoloog. Sê of sy afleidings oor die rotstekeninge waar of vals is.

WAAR VALS
1. Terwyl almal dans, sit die vrouens eenkant en klap hande.
2. Die mans dra drie stokke om maat of ritme mee te hou.
3. Die mans dra musse met wildsbokhare.
4. Die tekening was oorspronklik in rooi.
WAAR VALS
5. Die San het meestal alleen gejag.
6. Hul kon diere jag wat groter en sterker as hulle was.
7. Die San was goeie jagters.

(d) Bekom bronne waaruit jy die volgende inligting kan kry. Verskaf die naam van die bron en die bladsy waarop die inligting voorkom.

1. Hoe het die San wildediere gejag?

2. Hoe sou hulle die vuur aan die brand gekry het as hulle vleis wou gaarmaak?

3. Het die San diere makgemaak? Motiveer.

4. Hoe het hul belangrike stories (soos ‘n groot jagtog) vir die nageslagte bewaar?

Assessering

LU 1

GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 bronne vind:

  • met leiding bronne kies wat nuttige inligting oor die verlede bevat;

1.2 met bronne werk:

  • inligting uit ‘n verskeidenheid van bronne opteken en kategoriseer;

1.3 vrae beantwoord:

  • volhou om inligting uit bronne te gebruik om vrae te beantwoord oor mense, gebeure, artefakte uit die verlede.

Memorandum

Aktiwiteit

  1. Voorwerpe soos potte, skrapers/krappers en pylpunte is met die hand veral van klei, klip, been en hout gemaak, ongeveer 2 miljoen jaar gelede.
  2. Argeologie
  • (1) Waar
  • (2) Vals
  • (3) Waar
  • (4) Waar
  • (5) Vals
  • (6) Waar
  • (7) Vals
  • Pyl, boog
  • Gebruik twee stokkies (een hard, een sag). Die harde stokkie word vinnig heen en weer in die hande gedraai, met die punt in ‘n gaatjie in die sagte stok. Na ‘n rukkie begin die sagte stok te rook. Droë gras word dan op die kooltjie gepak en die smeulende stok word aangeblaas.
  • rotstekeninge (skilder)

Questions & Answers

the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
what is cell divisoin?
Aron Reply
Diversity of living thing
ISCONT
what is cell division
Aron Reply
Cell division is the process by which a single cell divides into two or more daughter cells. It is a fundamental process in all living organisms and is essential for growth, development, and reproduction. Cell division can occur through either mitosis or meiosis.
AI-Robot
What is life?
Allison Reply
life is defined as any system capable of performing functions such as eating, metabolizing,excreting,breathing,moving,Growing,reproducing,and responding to external stimuli.
Mohamed
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10987/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: geskiedenis graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask