<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Eendag as ek groot is

Module 6

Loopbane

Lees die leesstuk deur. onderstreep al die beroepe waarvan hulle ons in die storie vertel.

Alet en jurgens gaan kuier op klipfontein

Alet en Jurgens het vir hulle ouma op Klipfontein gaan kuier. Jurgens se ouma het hom na die slaghuis gestuur om ‘n kilogram wors te gaan koop. Hy het nooit geweet dat wors so duur kan wees nie. Alet het na die bakkery gestap en by die bakker heerlike vars broodrolletjies gekoop. Oppad terug het hulle verby die bank gestap. Hulle sien toe ‘n skelm wat probeer om die bankbestuurder te beroof. Hulle het baie groot geskrik. Jurgens het dadelik na die polisiekantoor gehardloop. Die polisieman het die dief gearresteer. Die hele gemeenskap was baie dankbaar.

Die volgende oggend vroeg toe Ouma haar voordeur oopmaak, staan die posbode voor haar deur. Hy gee vir haar die koerant. Daar is toe ‘n pragtige foto van Alet en Jurgens waar hulle ewe trots langs die bankbestuurder staan. Ouma was sommer baie trots op haar twee kleinkinders.

Jurgens het besluit dat hy graag eendag ‘n speurder sal wil word, maar Alet het gesê dat sy eerder graag ‘n juffrou wil wees. Daar is sommer baie plekke waar ‘n mens kan gaan werk.

Teken in die blok ‘n klein dorpie met al die verskillende besighede. skryf die winkel se naam neer en sê ook wie die persoon is wat daar werk, byvoorbeeld:

Kies een van die beroepe in die lys hieronder

  • Mimiek (beduie) vir hulle watter soort werk jy doen.
  • Die maat wat reg raai, kan ‘n beurt kry om voor in die klas te kom staan.

- Onderwyser

- Musikant

- Predikant

- Tandarts

- Haarkapper

- Polisieman

- Dokter

  • Teken ‘n dokter en ‘n verpleegster.

Die boubedryf

  • Wanneer kantore of huise gebou moet word, is daar sommer baie mense wat moet help.
  • Kyk of jy kan sien wat die volgende persone besig is om te doen.
  • Verbind die woord met die korrekte prentjie.

Onderhoud

  • Voer ‘n onderhoud met Mamma of Pappa. Vul die antwoorde in:

Vraag 1: Werk u in ‘n gebou?

Vraag 2: Werk u met mense?

Vraag 3: Is dit ‘n gevaarlike werk?

Vraag 4: Kry u genoeg tyd om te ontspan?

Vraag 5: Geniet u die werk?

Vraag 6: Moes u na skool verder leer om die werk te kan doen?

Vraag 7: Watter beroep beoefen u?

Teken jou eie prentjie by elkeen van die volgende persone se beroepe.

  • Watter beroep beoefen die persone? Skryf dit neer.

dokter, sekretaresse, posbode, motorwerktuigkundige, soldaat, kunstenaar, kleremaker

Watter soort werk wil jy graag eendag doen? waarom sê jy so? noem drie redes.

  • Teken jouself waar jy die beroep van jou keuse beoefen.

Dit is baie belangrik dat jy sommige belangrike plekke of persone se telefoonnommers moet ken. Maak ‘n lys van al die nommers wat jy in tye van nood mag nodig kry.

Mamma

Pappa

Dokter

Polisie

Ambulans

Brandweer

Kinderhulplyn

Noodnommer

  • Probeer om van hierdie nommers te onthou.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LEWENSORIËNTERING LU 1
BEVORDERING VAN GESONDHEID Die leerder kan ingeligte besluite neem rakende persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.4 relevante persone en hulle kontakbesonderhede (bv. telefoonnommers) kan identifiseer en onthou om gevalle van ongelukke, misbruik, misdaad, brand, siekte en besering aan te meld.
AARDRYKSKUNDE LU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.3 vrae beantwoord oor kernkenmerke van mense, plekke, hulpbronne en veranderinge in die omgewing.
NATUURWETENSKAP LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder in staat om met vertroue te reageer t.o.v. nuuskierigheid oor natuurlike verskynsels en om die verhoudinge te ondersoek en probleme op te los in wetenskaplike-, tegnologiese en omgewingskontekste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 Beplan : die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer gebruik;1.2 Doen : konstruktief aan die aktiwiteit deelneem en die doel daarvan verstaan.
EBW LU 1
DIE EKONOMIESE KRINGLOOP Die leerder sal in staat wees om sy kennis en begrip van die ekonomiese siklus binne die inhoud van die ekonomiese probleem te demonstreer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.5 sommige sakeleiers en entrepreneurs in eie gemeenskap identifiseer en hul sakeondernemings beskryf.
KUNS EN KULTUUR LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te analiseer en te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.4 Drama : deelneem aan drama-oefeninge met die klem op sintuiglike waarneming en assosiasies (leerders mimiek en ander moet die beroepe kan identifiseer).

Memorandum

  • Die leerder kan ‘n beroep kies (trek ‘n kaartjie uit ‘n houer). Hy/sy moet naslaanwerk gaan doen of met iemand daaroor gaan praat en dan mondeling daaroor kom doen in die klas.
  • Skryf ‘n paar soorte beroepe op stukke karton wat soos ‘n hoed op ‘n leerder se kop kan pas. Hy/sy moet dit self nie kan sien nie. Die leerder gaan staan voor die klas. Die res van die klas moet vir hom/haar leidrade gee en hy sy moet raai wat “sy/haar beroep” is. (Gee leiding. Die ander leerders kan ook mimiek).
  • Boubedryf – leerders kan ook ‘n uitstalling hou van al die soorte boumateriaal wat vir ‘n gebou gebruik word. Die mense wat daar werk se beroepe kan op karton aangebring word.
  • Belangrike telefoonnommers – help die leerders om die korrekte nommers op bladsy 10 in te vul. Die leerders kan ook ‘n klein kaartjie ontwerp waarop al die noodnommers aangebring word en dit dan saam met hulle dra.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask