<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.

TYDTOEWYSING

Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
  • INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Die drie bere help die leerders verstaan:

  • getalbegrip 1 tot 5;
  • telaktiwiteite in ene en tweë tot 20, asook telrympies;
  • kleure: pers en oranje;
  • woordeskat: lig, swaar, meer, minder, eerste en laaste;
  • vorms – sirkels; en
  • voltooiing van ‘n grafiek oor hoe ons skool toe kom.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Knip die 3 bere uit op die volgende bladsy en plak hulle hier.
LU 1.3
  • Knip uit

LU 1.1
LU 1.3
  • Teken elke keer 3 voorwerpe.

  • Voltooi
LU 1.3
  • Kyk na jou beertjie.
  • Teken om sy kop.

Praat oor:

Kan dit rol? Kan dit gly? Het dit hoeke?

  • Teken baie sirkels en kleur hulle in.
LU 3.1
  • Soek O’s in tydskrifte en plak hulle hier.
  • Teken baie sirkels.
  • Kleur hulle oranje in.
  • Teken min sirkels.
  • Kleur hulle pers in.
LU 3.1
  • Soek ‘n prentjie van iets wat swaar is en iets wat lig is.

swaar

lig

LU 4.6
  • Maak die mandjie swaarder.
  • Maak die mandjie ligter.

.

  • Het elkeen ‘n hoed?
meer minder
  • Gee vir elkeen ‘n mandjie.
LU 4.5

Assessering

Leeruitkomste 1: GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE : Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 34 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalsimbole van 1 tot minstens 100 ken en lees en skryf getalname van 1 tot minstens 34;

Leeruitkomste 3: RUIMTE EN VORM (MEETKUNDE) : Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die klaskamer en in prente herken, identifiseer en benoem, insluitend:

Leeruitkomste 4: METING : Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden:

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder die taal.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask