<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 3.4

Bladsy 1: Gesels met die leerders oor die begrippe, ooreenkomste en verskille. Laat hulle dit prakties oefen deur byvoorbeeld tydskrifprente van motors, ensovoorts te vergelyk. Help hulle om op kleure, grootte en

ander kriteria te konsentreer. (Die twee motors verskil, want die een is geel en die ander rooi, maar hulle het ook sekere ooreenkomste: albei het vier deure en vier wiele.) Daarna moet elke leerder ‘n prent teken van sy eie huis, asook van Willie se huis. Laat hulle die prente in hulle groepe op die mat bespreek. Elke leerder moet twee ooreenkomste en twee verskille tussen die twee huise identifiseer. Indien nodig, kan die klas weer gesels oor alles wat hulle van Willie se huis weet. (Dit is ‘n boomhuis, in die bos, het ‘n lang trapleer, ens.)

Lees daarna die storie “Willie kom kuier” aan die klas voor. Gesels oor die vrae wat in die storie gevra word.

LU 2.8

Aktiwiteit word in groepe gedoen. Verdeel die klas in groepe van 5 - 6 leerders. Hulle moet in hulle groepe besluit op vier aktiwiteite wat hulle graag saam met Willie sal wil doen wanneer hy kom kuier. Hulle moet ook vier goed identifiseer waarmee Willie dalk kan sukkel as hy kom kuier. (Laat hulle een of twee voorbeelde noem om hulle aan die dink te sit.)

Die leerders behoort teen hierdie tyd al redelik gewoond te wees aan groepwerk. Gee weer aan die leerders verskillende rolle. Een is groepleier, een is tydhouer, een is die geraasdemper (wat seker maak dat die groepie nie te luidrugtig is nie), een of twee leerders skryf / teken hulle voorstelle op papier en een gee terugvoer.

Laat genoeg tyd toe vir terugvoer van die verskillende groepe en klasbespreking.

LU 2.8

Op die volgende bladsy skryf elke leerder sy eie storie oor “Willie kom kuier”. Hierdie stories kan later gebind word en elke leerder kan geleentheid kry om self sy storie aan die klas voor te lees. Elkeen kan ook sy eie storie illustreer. Leerders moet soms geleentheid kry om ‘n storie wat hulle self geskryf het, hardop voor te lees. Dit help hulle om foute wat mag voorkom (byvoorbeeld woorde wat uitgelaat is), self raak te sien en reg te stel.

Hou ‘n klasbespreking oor hoe dit voel om nuut op ‘n plek aan te kom en niemand te ken nie. Gesels oor maniere waarop mens iemand kan groet en laat welkom voel. Bespreek ook verskillende aanspreekvorme, soos die aanspreekvorme vir ouer mense in ‘n gesagsposisie, of vir iemand wat jy glad nie ken nie.

Die leerders moet nou twee-twee oefen hoe hulle vir Willie sal groet en laat welkom voel. (Een leerder is Willie en die ander die maatjie by wie hy kom kuier. Daarna ruil hulle plekke. Indien daar genoeg tyd is, kan al die leerders dit voor die klas opvoer.) Leerders kan ook oefen om iemand in ‘n ander taal te groet, byvoorbeeld Engels of Xhosa.

LU 2.9

Hou ‘n klasbespreking oor hoe dit voel om nuut op ‘n plek aan te kom en niemand te ken nie. Gesels oor maniere waarop mens iemand kan groet en laat welkom voel. Bespreek ook verskillende aanspreekvorme, soos die aanspreekvorme vir ouer mense in ‘n gesagsposisie, of vir iemand wat jy glad nie ken nie.

Die leerders moet nou twee-twee oefen hoe hulle vir Willie sal groet en laat welkom voel. (Een leerder is Willie en die ander die maatjie by wie hy kom kuier. Daarna ruil hulle plekke. Indien daar genoeg tyd is, kan al die leerders dit voor die klas opvoer.) Leerders kan ook oefen om iemand in ‘n ander taal te groet, byvoorbeeld Engels of Xhosa.

LU 2.9

Leerders afdeling

Inhoud

LU 2.3 LU 3.4
  • Skryf al die ui-woorde in Grootoog die uil se lyf.

huil groot goud ruil huis hoed

vuil pienk kry muis groet suig

meel duim plaas sien ruit klas

LU 3.4 LU 3.5
  • Hoeveel woorde kan jy met die letters in die towerblok bou?
k p a s
l e n g
aa o w v
ui i m n
oo d f u
LU 4.6 LU 6.1
LU 4.1
  • Klank die woorde en skryf hulle op die regte plekke

huis tuin muur pot dak stoep

blom kat hond kar gras

LU 4.6 LU 6.1
  • Kleur al die woorde in wat jy kan lees.
LU 3.4 LU 3.5

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder begin woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask