<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Vervoer

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

In Graad 2 sal die leerders voortbou op die woordeskat wat in Graad 1 bekend gestel is. Baie geleenthede moet geskep word om hul luister- en praatvaardighede te ontwikkel sodat lees en skrif daarop kan volg.

‘n Uitgebreide woordeskat is noodsaaklik. Terwyl reeds bekende woorde vasgelê word, word nuwe woordeskat in stories, rympies, gediggies en speletjies ingevoer.

Leerders word aangemoedig om vrae te beantwoord en deel te neem aan besprekings en gesprekke in die addisionele taal.

Leerders se aandag word gevestig op die verskil in die indiwiduele klanke van die nuwe taal. Leerders ontdek dat sommige klanke dieselfde bly en sommige verander. Die opvoeder sal toevallig aandag gee aan die korrekte uitspraak.

TYDSKEDULE VIR MODULES 1 - 5

Daar word voorgestel dat al die leerders al vyf modules voltooi.

Die woordeskat in verband met vervoer word deur middel van stories, gediggies en rympies aan die leerders bekendgestel. Hulle kry die geleentheid om die betrokke stukke te lees en te bespreek waarna hulle teken-, pas- en skryfaktiwiteite daaroor afhandel.

INTEGRASIE VAN TEMAS

  • ‘N GESONDE OMGEWING

Bespreek: Besoedeling deur verkeer.

Hoe kan dit bekamp word?

  • MENSEREGTE EN SOSIALE GEREGTIGHEID

Het almal vervoer?

Waarom is vervoer belangrik?

Leerders afdeling

Inhoud

Pieter en sy hond word gered!

Op ‘n dag het Pieter en sy hond hawe toe gegaan. Daar het hulle op ‘n groot passasiersboot geklim. Hulle was so opgewonde! Dit was ‘n pragtige groot boot met baie vensters. Daar was baie passasiers op die boot. Toe die boot uit die hawe vertrek, skree almal Totsiens! Totsiens! Die kaptein van die boot is baie netjies. Hy het mooi wit klere aan en ‘n pet op sy kop. Hy groet al die passasiers vriendelik.

Die volgende oggend is die see rof. Pieter en sy hond staan op die dek. Plaps! Daar val die hond in die water! Help! Help! skree Pieter. Hy skrik so groot hy spring ook in die see! Help! Help! skree al die passasiers. Die kaptein bel dadelik die nooddienste. Die helikopter kom vinnig aangevlieg. Die vlieënier van die helikopter kyk oor die see. Ja, sowaar, daar sien hy Pieter en sy hond in die water. Hy vlieg met die helikopter tot by hulle. Hulle laat sak ‘n reddingstuig uit die helikopter. Pieter gryp na die reddingstuig.

Daar het hy die reddingstuig! Hoera! Hoera! skree die mense op die boot.

Pieter maak die reddingstuig om sy lyf vas. Hy hou sy hond styf vas. Op ....... op ......... op ........... trek die helikopter vir Pieter en sy hond. Daar laat sak die helikopter vir Pieter en sy hond op die dek van die skip. Die kaptein en al die passasiers is baie bly.

Die vlieënier gee vir Pieter en sy hond komberse, want hulle is nat en kry koud!

LU 6.2

  • Hoe voel jy oor die storie?
hartseer? gelukkig?
tevrede? kwaad?
LU 1.1.6
  • Kom ons gesels oor die woorde en prente.
  • Skryf die regte woord by die prente.
LU 4.2

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder begrip toon van eenvoudige stories:

1.1.6 sê hoe die storie haar/hom laat voel;

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n onderskrif vir ‘n prent skryf.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 2. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11111/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask