<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Gee eers vir die leerders los vorms om in tiendes te verdeel, sodat hulle self kan ontdek dat tiendes , net soos derdes en vyfdes bereken en gemeet moet word. Dit is nie net 'n kwessie van vou en weer vou.

Lei hulle om te ontdek dat as hulle eers vyfdes kry, dan kan hulle elke vyfde in die middel deel om tiendes te kry.

Gesels met die leerders oor simetriese vorms . Laat hulle voorwerpe in die klas wat simetries is, identifiseer. Hierna behoort hulle die prent te kan voltooi.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: skaaltekening [lu 1.8, lu 4.5, lu 5.5 ]

Bonnie en Tommie het die olifante die meeste geniet. Daar was grotes en kleintjies.

Kyk hoe verskil die lengtes van hulle slurpe.

  • Watter slurp is die langste? ________________________________________
  • Watter slurp is die korste? _________________________________________
  • Wat kan jy hieruit aflei? ___________________________________________

As elke spasie van * tot * op die meetstok 20 m voorstel, gebruik jou eie metode om die lengte van elke slurp te bereken:

Party diere is vleisetend. Ons noem hulle karnivore.

Ander is plantetend en ons noem hulle herbivore.

Die karnivore vreet elke dag 100 kg vleis altesaam.

  • Voltooi:
Dae: 1 2 3 4
Kg: 100
  • Hulle vleis word in 50 kg pakke verpak. Hoeveel pakke kan die opsigter maak as hy 400 kg vleis kry?

Hy kan ______________________________________________________________

Dit is genoeg vleis vir _______________________________________________ dae.

  • Daar is 4 hokke met voëltjies. Hulle kry elke dag 1 kg saad.

Hoeveel 250 g houers is dit?

  • Daar is 5 pakke saad van 20 kg elk aangekoop. Dit is genoeg saad vir _________________ dae.
  • Teken al die 20 kg pakke saad wat nodig is vir 1 jaar.
  • Hierdie is die drinkwater wat elke dag in die apies se hokke gesit word:
  • Teken die 1ℓ houers wat daaruit volgemaak kan word:
  • Teken die 500mℓ houers wat daaruit volgemaak kan word:
  • Gebruik die metode wat jy verkies om die berekeninge te doen.

Die klein wildsbokkie drink 125 mℓ melk op 'n slag. Hoeveel melk drink hy altesaam as hy 4 keer op 'n dag melk kry?

Hy drink _____________________________________________________________

  • Daar is 69ℓ water wat na die 3 leeuhokke moet gaan. Hoeveel liter water kan elke hok kry?

Elke hok _____________________________________________________________

  • Die een apie is siek en die veearts het gesê hy moet soggens en saans 20 mℓ medisyne kry. Hoeveel teelepelsvol gaan hy op 'n dag drink? Onthou: 1 t = 5 mℓ

Hy gaan ______________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in 'n verskeidenheid kontekste te gebruik.

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe skat, meet, vergelyk en orden volgens nie-standaard- en standaardmate;

Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.

Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder data lees en interpreteer wat in eenvoudige tabelle en lyste voorgestel word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask