<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 5   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Optelling

Opvoeders afdeling

Memorandum

1.1 7

1.2 4

1.3 2

1.4 7

1.5 4

2.1 432; 214; 1 346; 1 020; 8 421; 6 045

2.2 512; 294; 1 426; 1 100; 6 125

2.3 1 482; 1 264; 2 396; 2 070; 9 471; 7 095

3.

4.

4.1 26

4.2 66

4.3 34

4.4 44

4.5 94

4.6 49

4.7 49

4.8 351

4.9 368

4.10 9 984

4.11 32

4.12 48

4.13 48

4.14 6

4.15 24

4.16 96

4.17 132

4.18 7

4.19 15

4.20 44

5. 33 000; 43 000; 53 000; 63 000; 73 000; 83 000; 93 000; 103 000;

113 000; 123 000; 133 000

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om korrek te kan tel [lu 1.1]

Om korrek te kan bereken [lu 1.8]

Om hoofreken te kan doen [lu 1.9]

1. Dit is belangrik dat ‘n mens in Wiskunde ook “visueel” moet kan tel. Om dit korrek te kan doen, moet jy baie goed na die gegewe figuur kyk. Jy moet ook die vrae baie mooi en met begrip lees, want as jy dit nie verstaan nie, sal jy nie korrek tel nie! Kom ons val sommer dadelik weg met ’n uitdaging! Werk saam met ’n maat en tel:

1.1 Hoeveel kolle is daar in die sirkel? _______________________________

1.2 Hoeveel kolle is daar in die sirkel, maar terselfdertyd ook in die reghoek?

_____________________________________________________________________

1.3 Hoeveel kolle is daar in die sirkel, maar ook in die reghoek en driehoek? ________________________________________________________________

1.4 Hoeveel kolle lê buite die sirkel? _______________________________

1.5 Hoeveel kolle is in die reghoek, maar nie in die sirkel of driehoek nie? _____________________________________________________________________

2. In die vorige aktiwiteit het jy klein getalle gebruik om te tel. Kom ons gebruik nou groter getalle. Dit is belangrik dat jy die waarde van elke syfer sal ken (soos ons dit in die vorige Leereenheid gedoen het) voordat jy begin bytel. Dit sal jou help om die antwoorde korrek te bereken. Kyk wie van jy of jou maat die korrekte antwoorde eerste hardop kan sê! Kontroleer met ’n sakrekenaar as julle twyfel.

2.1 Tel 50 by elke ballon se getal.

2.2 Tel 130 by elke ballon se getal.

2.3 Tel 1 100 by elke ballon se getal.

3. Kyk ook of julle die volgende kan regkry.

Gebruik die getalle 4 ; 5 ; 6 ; 7 ; 8 ; 9 ; 10 ; 11 en 12 elkeen net eenkeer sodat die som van die 3 getalle in enige rigting altyd 21 is.

4. Dit spaar sommer baie tyd as ‘n mens nie nodig het om elke keer probleme met potlood en papier op te los nie. Daarom is dit so belangrik dat jy sommer flink moet kan dink. Werk op jou eie en voltooi die hoofrekentoets so vinnig en akkuraat moontlik. Jy het net 3 minute tyd daarvoor.

a) 17 + 9 = _________________

b) 57 + 9 = _________________

c) 45 – 11 = _________________

d) 65 - 21 = _________________

e) Verdubbel 47: _________________

f) 17 + 19 + 13 = _________________

g) 23 + 19 + 7 = _________________

h) 210 + 120 + 21 = _________________

i) Verdubbel 184: _________________

j) 10 000 – 16 = _________________

k) Halveer 64: _________________

l) Halveer 96: _________________

m) 6 × 8 = _________________

n) 54 ÷ 9 = _________________

o) Een kwart van 96 = _________________

p) 12 × 8 = _________________

q) _________________ ÷ 12 = 11

r) 63 ÷ _________________ = 9

s) (15 ÷ 15) × 15 = _________________

t) (56 + 63) + 44 = 56 + (_________________ + 63)

HOE HET JY GEVAAR?
MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE:
Ek het alles reg!
Ek het meer as die helfte reg!
Ek het nie goed genoeg gevaar nie.

5. Kom ons tel nou ‘n nog groter getal by. Kyk of jy die volgende netjies en korrek kan voltooi. Begin by 33 000 en tel elke keer 10 000 by. Kleur elke blokkie met die korrekte antwoord groen in en bou so vir jou ’n “voetpad”.

33 000 40 000 58 000 85 000 93 000 102 000 110 000 133 000
38 000 43 000 60 000 83 000 96 000 103 000 111 000 123 000
41 000 53 000 62 000 73 000 99 000 107 000 113 000 121 000
32 000 55 000 63 000 71 000 100 000 109 000 116 000 119 000

ONTHOU JY NOG?

As ons die sakrekenaar wil programmeer om bogenoemde som te kontroleer, druk ons 33 000 + 10 000 = = =.

Gebruik jou sakrekenaar en kyk of jou “voetpad” korrek uitgewerk is.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan- en terugtel in heelgetal-intervalle en -breuke;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme te gebruik:

1.8.1 afronding tot die naaste 5, 10, 100 of 1 000;

1.8.2 optel en aftrek van heelgetalle met minstens 5 syfers.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:

1.9.1 optelling en aftrekking;

1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle tot minstens 10 × 10.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 07, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10993/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask