<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Twee tot ses leerders kan hierdie speletjie speel. Indien nodig, kan die onderwyser nog sulke stelle kopieer sodat die hele klas kan speel. (Om verwarring te voorkom kan elke stel ‘n ander kleur wees. Die speletjies kan ook oorgetrek word om te verseker dat hulle nie gou skeur nie.)

Elke speler benodig ‘n skuiwertjie (bv. ‘n knoop). Een dobbelsteen per stel word ook benodig. Die leerders maak beurte om te gooi en hulle skuiwertjies daarvolgens te skuif. Wanneer hulle op ‘n kaartjie met ‘n vraagteken kom, moet hulle een van die woordkaartjies optel en dit lees. (Die woordkaartjie word dan onderin die pak geplaas.) Indien hulle dit korrek lees, kry hulle nog ‘n beurt. Indien nie, is dit die volgende leerder se beurt. Daar is ook ander blokkies met opdragte wat die leerders moet uitvoer wanneer hulle daarop land. Die eerste leerling wat die eindblokkie bereik, wen.

LU 3.4

Op die volgende bladsy is ‘n aantal kort paragrafies wat die onderwyser vir die leerders moet voorlees. Die leerders moet elke keer die hoofgedagte identifiseer. (Die hoofgedagte word elke keer aan die einde gegee.) Die onderwyser kan soortgelyke voorbeelde gebruik om oor ‘n tydperk die hele klas te toets. Dit kan ook in groepsverband gedoen word.

LU 1.3

Lees / vertel vir die leerders die storie van Sneeuwitjie en die sewe dwergies. (Sneeuwitjie het ook in die woud by iemand gaan kuier.) Gesels oor die karakters in die storie en laat leerders die storie terugvertel. Leerders kan die storie in die klas opvoer. Hulle kan selfs in kuns van die karakters, of die woudtoneel teken / verf.

LU 1.3 LU 2.7

Leerders lees daarna die verkorte weergawe van die storie. Die woorde wat onderstreep is, word as woordeskat aangeleer.

LU 3.4

Op die bladsy word ‘n aantal woordsomme vir die leerders gegee. voordat hulle die antwoord uitwerk, moet hulle die teks deeglik deurlees en alle belangrike informasie onderstreep. dit help leerders om deurdagte besluite te neem en nie net impulsief voort te gaan nie. hierdie aktiwiteit kan ook in wiskunde met ander woordsomme gedoen word. maak seker dat leerders eers by die relevante inligting stilstaan voordat hulle verder gaan. (bv. hoeveel dwergies was daar? moet my antwoord meer of minder wees?) die somme kan oor ‘n tydperk gedoen en met wiskunde geïntegreer word.

Leerders afdeling

Inhoud

‘n gedig om te lees!

Sneeuwitjie woon daar in die bos

Haar stiefma wou haar net nie los!

Na die dwergies moes sy vlug

Al die diere het gesug!

Sneeuwitjie was mos baie mooi

haar lippies was so pragtig rooi

Daarom was haar stiefma kwaad

Sy kon dinge nie so laat.

Arme Sneeuwitjie is so bang

Want haar stiefma wil haar vang,

Sy wil haar mos nou vermom

Oppas tog, voor sy hier kom!

Gelukkig dat die prins haar kry

Die appel uit haar keel laat gly,

Nou gaan hulle dadelik trou

Van so ‘n einde sal jy hou!

So oppas tog daar in die bos

As jy dalk gaan soek vir kos,

Die nare stiefma loop daar rond

Kyk maar oral, rond en bont!

LU 3.4
  • Sneeuwitjie bak vir die 7 dwergies elkeen 5 koekies. Hoeveel koekies bak sy altesaam?
  • Daar hang 42 appels aan die boom. Hoeveel appels kry elkeen van die dwergies?
  • Elke dwergie het ‘n rooi, ‘n blou en ‘n groen hoed. Hoeveel hoedjies het hulle altesaam?
  • Die nare stiefma het ‘n sak met 46 appels. Sy gee 7 appels vir die koning en 4 appels vir een van die wagte. Daarna gee sy een appel vir Sneeuwitjie. Hoeveel appels het sy oor?
LU 3.4
LU 4.1
  • Vul die regte antwoorde in.
1.
2.
3.
4.
5.

1. Sneeuwitjie het in ‘n …………………………………………………. gewoon.

2. Haar stiefma was ‘n nare ……………………………………………………….

3. Sneeuwitjie het by die dwergies gaan ………………………………………….

4. Die nare stiefma het vir haar ‘n giftige ………………………………… gegee.

5. Die ……………………………………………….. het met Sneeuwitjie getrou.

LU 5.3
LU 4.1
  • Skryf die woord wat by die prentjie pas.
LU 6.1

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te ondersoek gebruik.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask