<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Maak baie seker dat die leerders nie die voorste getal van ‘n aftrekbewerking herbenoem nie. ( Dit is die rede waarom hulle later probleme ondervind as hulle ‘n bewerking waar ‘n groep van 10 ontbind moet word, kry. )

Voorbeeld: 76 - 12 = ______

Probeer dit!

Gooi 76 tellers, wat in tiene en ene gegroepeer is, in ‘n plastieksak.

Laat ‘n leerder nou 2 kom uithaal.

Vra : Hoeveel is in die sak oor? 74

Wat is gedoen? ( 2 ene is uitgehaal) Skryf : 76 - 2 = 74

Laat ‘n ander leerder nou die 10 kom uithaal.

Vra : Wat is nou oor in die sak? 64

Wat is gedoen? ( 1 tien is uitgehaal) Skryf : 74 - 10 = 64

Om te toets, word eers 10 en dan 2 weer terug in die sak gegooi. Nou is daar weer 76 .

Onthou : Alle bewerkings word nog sonder oordrag of ontbinding van ‘n tien gedoen.

Leerders kan horisontaal of vertikaal werk. Dit is hulle keuse.

Help die leerders net om aan die gang te kom met die ontsyfering van die geheime kode. Hulle moet net begryp dat elke teken ‘n letter van die alfabet voorstel. Los hulle dan om self te probeer.

Moedig almal aan om iets met die kode te skryf, al is dit net hul eie naam.

Dit is ook ‘n geleentheid om uit te vind wie reeds die alfabet ken. Dalk kan dit sommer dien as aansporing om dit te leer.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: getalsinne [lu 1.9]

  • Bonnie het 3 boeke gelees en Tommie het 4 boeke gelees. Saam het hulle 7 boeke gelees.

Getalsin: 3 + 4 = 7

Kom ons ruil Bonnie en Tommie se plekke om:

Getalsin: 4 + 3 = 7

  • Die getalle weerskante van die + teken kan plekke omruil sonder dat die antwoord verander!
6 + 3 = 9 Ruil om: 3 + 6 = 9
8 + 1 = _____ 1 + ____ = _____
2 + 5 = _____ ____ + ____ = _____
1 + 6 = _____ ____ + ____ = _____
5 + 4 = _____ ____ + ____ = _____
3 + 5 = _____ ____ + ____ = _____
2 + 3 = _____ ____ + ____ = _____
4 + 2 = _____ ____ + ____ = _____
  • Doen dieselfde met:
10 + 4 = 4 + 10 = 14 20 + 5 = 5 + 20 = 25
10 + 1 = __________ = _____ 20 + 9 = __________ = _____
10 + 9 = __________ = _____ 20 + 1 = __________ = _____
10 + 5 = __________ = _____ 20 + 6 = __________ = _____
10 + 3 = __________ = _____ 20 + 4 = __________ = _____
10 + 8 = __________ = _____ 20 + 2 = __________ = _____
10 + 2 = __________ = _____ 20 + 7 = __________ = _____
LU 1.9
  • Mamma gee vir Bonnie en Tommie 9 appels. Bonnie neem vir haar 4 appels. Daar bly 5 appels oor vir Tommie .

Getalsin: 9 - 4 = 5

  • Kom ons gee nou eers Tommie se appels:

Getalsin: 9 - 5 = 4

Die getalle weerskante van die = teken kan plekke ruil.

Kyk mooi!

9 - 5 = 4 Doen nou dieselfde met:

9 - 3 = 6 Ruil om: 9 - 6 = 3
8 - 2 = _____ 8 - 6 = _____
3 - 1 = _____ 3 - ____ = _____
6 - 4 = _____ 6 - ____ = _____
7 - 5 = _____ 7 - ____ = _____
4 - 2 = _____ 4 - ____ = _____
8 - 6 = _____ 8 - ____ = _____
5 - 3 = _____ 5 - ____ = _____
9 - 2 = _____ 9 - ____ = _____
  • Tommie kan nie onthou hoeveel geld hy vanoggend in sy beursie gehad het nie. Hy weet dat hy R5 se vrugte gekoop het en nou is daar nog R3 oor. Help hom . Hoeveel het hy vanoggend gehad? ____________________________________
LU 1.9
  • Bonnie en Tommie wil graag weet of hulle aftrekbewerkings reg is. Ons kan hulle help om hulle somme te toets.

Getalsin: 9 - 4 = 5

Toets! Gooi dít wat jy weggeneem het en dít wat oorgebly het, weer bymekaar en as jy dieselfde getal kry as waarmee jy begin het, dan is jou bewerking reg.

  • Doen nou die somme en toets elke keer jou antwoord:
5 - 1 = 4 Toets: 1 + 4 = 5
7 - 2 = _____ 2 + ____ = _____
6 - 1 = _____ 1 + ____ = _____
5 - 3 = _____ 3 + ____ = _____
8 - 5 = _____ 5 + ____ = _____
9 - 2 = _____ ____ + ____ = _____
4 - 1 = _____ ____ + ____ = _____
7 - 4 = _____ ____ + ____ = _____
8 - 6 = _____ ____ + ____ = _____
6 - 4 = _____ ____ + ____ = _____
16 - 2 = _____ 2 + ____ = 16
19 - 3 = _____ 3 + ____ = 19
14 - 4 = _____ 4 + ____ = 14
18 - 5 = _____ 5 + ____ = 18
17 - 3 = _____ 3 + ____ = _____
15 - 4 = _____ ____ + ____ = _____
13 - 2 = _____ ____ + ____ = _____
1 1 - 1 = _____ ____ + ____ = _____
LU 1.9

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels;

1.9.1 optelling en aftrekking van getalle tot minstens 50;

1.9.2 vermenigvuldiging van heelgetalle met oplossings tot minstens 50.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask