<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • Integrasie van Temas:
  • Sosiale-geregtigheid: Die verhaal van die geheime teken is ‘n bewys van die belangrikheid van Geskiedenis. Wat is die voordeel van kennis van gebeure en dinge uit die verlede? Leerders kan in kleiner groepe verdeel, die biblioteek besoek en verdere navorsing doen oor die oorsprong van ons getallestelsel, Romeinse syfers, ens. Leerders kan projekte doen oor wiskunde in die natuur, in die klaskamer en by die huis. Hulle leer om saam te werk in groepe, na mekaar te luister en idees uit te ruil. Bespreek of “winskopies” altyd winskopies is. Wat is jou houding teenoor uitverkopings in die winkels? Is dit altyd nodig om geskenke te gee of te ontvang met verjaardae? Hoekom gee ons geskenke? Wanneer is dit aanvaarbaar om nie geskenke te gee nie?
  • Indien leerders die telpatroon in 1’e tot 200 verstaan, kan hulle dit geleidelik uitbrei tot 1 000.
  • Die storie van die geheime teken word ingesluit sodat die leerders die betekenis van 0 as plekhouer kan begryp (integreer met Geletterdheid).
  • Die patrone met optelling en aftrekking van 6, 7, 8 en 9 word beklemtoon.
  • Die lees van tyd word makliker wanneer die leerders die minute in 5’e tel.
  • Kodes word gebruik om die antwoord van ‘n raaisel te ontrafel.
  • Die almanak/kalender word gebruik vir aktiwiteite oor Kersfeesvierings in Desember.
  • Module 8 word afgesluit met ‘n speletjie waarin klappers met getalsinne gepas word by liggies aan ‘n Kersboom.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: getallestelsel [lu 1.5, lu 1.9, lu 3.1]

  • Lees die storie van die geheime teken.

(Vertaal uit: “History of numbers” , McDonald’s First Library, “Number”)

Abelard was ‘n monnik wat in die twaalfde eeu n.C. geleef het. Hy het in Engeland gewoon.

Abelard het graag wiskundige raaisels opgelos. Hy het Romeinse syfers soos die volgende gebruik om mee te tel:

I, II, III, IV, V, VI, VII, VIII, IX, X

Eendag het ‘n paar Arabiese handelaars vir Abelard vertel van ‘n geheime teken en nege syfers wat die Arabiere vir tel gebruik.

Een donker nag klim Abelard oor die klooster se muur en vertrek na Cordova in Spanje. Dit het hom baie maande geneem om sy bestemming te bereik en die taal te leer. Na vele opwindende en gevaarlike avonture het hy na Engeland teruggekeer en die geheime teken van die Arabiere saamgebring. Hy het die Arabiese syfers 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 en 9 ASOOK die “0” – die geheime teken – as ‘n plekhouer gebruik. Met hierdie geheime teken kon hy enige getal skryf.

Die Arabiere het baie van die Hindoes geleer.

  • Die getallestelsel wat ons vandag gebruik, is eintlik ‘n kombinasie van die werk van die Arabiere en die Hindoes.
  • Teken die prente vir die getalle:

68 90

Waardes en plekke

  • Kyk na:

As 23 herbenoem word, is die waarde 20 + 3

Die plekwaarde van die 2 in 23 is 2 tiene en die plekwaarde van die 3 is 3 ene.

LU 1.5

Wiskunde in vorms

  • Werk in groepies van 4.
  • Hier is die sleutel van die somme.
LU 1.9 LU 3.1
  • Werk saam met ‘n maat.
  • Gebruik die sleutel om jou eie getalsinne met vorms te ontwerp. Gebruik “+”, “-“ en “x”.
  • Vra ‘n ander maatjie om die antwoorde in te skryf.

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

Hoeveel was reg? _____________________________________

Naam: ______________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder die plekwaarde van syfers herken in heelgetalle tot minstens 2-syfergetalle;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die skoolomgewing en in prente herken, identifiseer en benoem.

·

Questions & Answers

what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask