<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Dierestories

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die gedig vertel van verskillende diere en wat hulle gewoontes is. Leerders beplan ‘n praatjie oor ‘n dier en skryf ‘n verslag wat hulle vir die klas voorlees. Leerders lees die stories van “Leeu en Muis” en “Die Skilpad en die Haas” en beantwoord vrae daaroor. Daar is raaisels om te lees en op te los en leerders skryf hulle eie raaisels.

  • SKRIF
:
:
:
:
:
  • KLANKE EN WOORDBOU

Woorde wat eindig op die volgende medeklinkers; ks, ng, nk, lp, lk, rs, ns, nt, mp, rk asook woorde wat begin met spr, str, skr.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees die storie van .....

Die leeu en die muis - ('n tradisionele fabel)

Eendag beland 'n piepklein muisie in die poot van 'n yslike groot leeu. "Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!" brul die yslike groot leeu.

"Asseblief, Grote Leeu, Koning van die Diere, moet my nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag 'n guns bewys", pleit die muisie.

"Jy weet", brul die yslike, groot leeu, "ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glad te klein om vir my gunste te bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander."

Piepklein Muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.

'n Paar dae later word Grote Leeu in 'n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Skielik hoor hy 'n "piep-piep" hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy 'n paar dae tevore gevang het.

"Lê stil", piep die muisie, "Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees."

"Ag, ou Muisie," kla Grote Leeu moedeloos, die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?"

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask