<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Hoekom is die Wapse so besig?
  • Wanneer vier ons fees?
  • Wat is die teken vir die Wapse om die begin van herfs te vier?
  • Elkeen van die seisoene is vir die Wapse belangrik. Hoekom is herfs belangrik?
  • Hoekom is winter vir die Wapse belangrik?
  • Wat moet die Waps-kinders doen as voorbereiding vir die fees?
  • Watter kleure is die Waps-mammas se rokke?
  • Wat dra Makkie vir die fees?
  • Watter werkie het die pappas vir die fees?
  • Wat gebeur by die fees?

LU 1.3

Leer die volgende woorde vir die leerders aan: winter, somer, herfs, lente, fees, vier, oranje, geel, bruin, seisoene, verkleur, vrugte, rus.

LU 3.4

Leerders moet self die raaisels lees. hulle kan dit later ook in groepe en individueel vir die onderwyser lees. wanneer hulle die antwoord reg raai, kan hulle dit inkleur. laat leerders nou ook hulle eie raaisels maak en vir mekaar vra. die onderwyser kan die raaisels neerskryf en later saam met die leerders ‘n raaiselboek maak. hierdie boek kan dan in die leeshoekie kom vir die leerders om te lees.

Die volgende bladsy is ‘n voorbeeld van ‘n kalender. wys vir die leerders nog voorbeelde van kalenders en bespreek hulle in die klas. vra vir die leerders in hulle groepe vrae oor die kalender.

  • Waar sien ons vir watter maand hierdie kalender is?
  • Hoeveel dae is daar in hierdie maand?
  • Waar sien ons die dae van die week?
  • Kyk of jy kan sien op watter dag die 14de Mei is.
  • Wat gebeur op die 9de Mei?
  • Wat gebeur op die 11de Mei?
  • Wat gebeur op die 23ste Mei?

Leerders afdeling

Inhoud

  • Sing hierdie liedjie op die wysie van Hansie Slim.

Dit is herfs, ons vier fees

Pak die kos op tafels uit

Almal saam, kom nou hier

Tyd om fees te vier.

Ons gaan dans van vroeg tot laat

Stories luister, almal praat.

Sing nou saam, almal saam

want dit is nou herfs.

LU 2.3
  • Raai, raai… Van watter seisoen praat ons hier? Kleur die blaar in as jy reg geraai het.
LU 5.3
  • Maak nou jou eie raaisel op en vra dit vir jou maats.
LU 2.4
  • Skryf die sin oor. Teken dan ‘n prentjie wat by jou sin pas.

Dit is herfs in die bos. Die blare val af.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

LU 4.5

LU 4.1
LU 4.1
  • Hier is die Wapse se kalender vir Mei.
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
1 2 3 4 5 6 7
8 9Herfsfees 10 11Mammasepartytjie 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23Gaan dorp toe 24 25 26 27 28
29 30 31
LU 3.4
iI is ink
jJ jas ja
jammer jakkals jok
jag jaar jellie
LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf;

Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryf sodat ander kan verstaan;

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask