<< Chapter < Page Chapter >> Page >
Kritieke- en ontwikkelingsuitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan Bladsyverwysings
probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke; 1; 2; 5; 6; 15; 21; 24.
doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk; 1; 22.
hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur; 20; 25; 26.
inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer; 1; 3; 20.
doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme; 7 – 10; 13; 14; 16; 19; 21; 22; 23.
wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; 4.
begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie; 6.
nadink oor en ondersoek doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer; 5; 11; 12; 17; 18.
as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deelneem; 4.
in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensiteif wees. 4.

Integrasie van temas

Sosiale Geregtigheid

Is dit reg dat voetgangers ook by padgebruikers ingesluit word?

  • Bespreek.

Menseregte

Watter regte het voetgangers?

  • Elke leerder maak sy eie lys en vergelyk dit met dié van die ander leerders.

Inklusiwiteit

Wie is almal padgebruikers?

Wat word gedoen om die voetgangers se veiligheid te bevorder?

  • Bespreek en skryf ‘n koerantberig oor gevare wat voetgangers moet trotseer.

Integreer die werk met Geletterdheid en Lewensoriëntering .

  • Getalbegrip tot 800

Bewerkings:

  • Optel – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (volmaak) van tiene of honderde;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met hergroepering (ontbinding) van tiene of honderde;
  • Vermenigvuldig – tweesyfergetal met ‘n eensyfergetal, met hergroepering (volmaak) van tiene;
  • Deel – met ‘n res in tafelgebied;

Tweesyfergetal deur ‘n eensyfergetal met res, sonder hergroepering van tiene tot 99.

Deling met ‘n res, maar sonder die hergroepering (ontbinding) van tiene word aangeleer. Dit vra baie konkrete werk en aanvanklik word dit slegs in die tafelgebied gedoen. Die leerders moet ‘n baie goeie begrip hiervan hê voordat dit na groter getalle uitgebrei word. Toetsing van die tafels is noodsaaklik.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: deling met ‘n res [lu 1.7, lu 1.8, lu 3.1]

  • Bonnie en Tommie het ontdek dat sekere getalle nie gelykop verdeel kan word nie. Dit is al die getalle wat nie veelvoude van die deler is nie. Soms kan dit wat oorbly in kleiner dele gedeel word, maar soms is dit nie moontlik nie.
  • Kyk mooi:

Bonnie moet 13 appels tussen haar en Tommie deel. Hoeveel sal elkeen kry?

13 ÷ 2 = 6½

  • Kyk nou hierna:

Tommie wil 13 albasters gelyk op deel tussen hom en Jaco. Hoeveel albasters gaan elkeen kry en hoeveel gaan oorbly?

Elkeen kry 6 en 1 bly oor. (Hy kan nie die albaster halveer nie.)

  • Hy het so gedink:

Die naaste veelvoud van 2 wat kleiner is as 13, is 12. Hy het toe met

12 ÷ 2 gewerk en geweet dat daar 1 sal oorbly. (Hergroepeer: 12 + 1)

Die 1 wat oorbly, noem ons die res. 13 ÷ 2 6 res 1

Onthou, die res moet altyd kleiner wees as die deler.

Getalsin Naaste veelvoud Bly oor Voltooi getalsin
1 3 ÷ 27 ÷ 21 1 ÷ 21 5 ÷ 21 9 ÷ 2 1 2 ÷ 2 = 6 1 1 3 ÷ 2 ¬ 6 res 1
  • Doen nou dieselfde met die veelvoude van 3, 4, 5 en 10.
Getalsin Naaste veelvoud Bly oor Voltooi getalsin
13 ÷ 317 ÷ 422 ÷ 526 ÷ 336 ÷ 1038 ÷ 523 ÷ 37 ÷ 49 ÷ 524 ÷ 10
  • Flinkdink!

  • Bonnie het 67 eensentstukke en wil dit gelykop deel tussen haar en Tommie. Hoeveel gaan elkeen kry en hoeveel sal oorbly?

Elkeen gaan 33 eensentstukke kry en 1 bly oor.

  • Doen die bewerkings en gebruik die metode waarvan jy die meeste hou:
46 ÷ 4 ¬ 68 ÷ 3 ¬
85 ÷ 2 ¬ 59 ÷ 5 ¬
  • Gebruik jou eie metode om die probleme op te los. Wys hoe jy dit doen.

Juffrou het 57 potlode gekoop. Hoeveel leerders kan elkeen 5 potlode kry en hoeveel potlode gaan sy oorhê?

  • Ouma het 95 eiers uitgehaal en sy wil graag vir 3 winkels ewe veel gee. Hoeveel eiers sal elke winkel kry en hoeveel sal sy oorhê?
  • Pappa het R87 en wil penne koop wat R4 elk kos. Hoeveel penne kan hy koop en hoeveel geld sal hy oorhê?
  • Vul die antwoorde so vinnig as moontlik in:

  • Voltooi die bus se wiele:
  • Volg die syferpad om uit te vind hoe ver die bus gery het. Begin by die driehoek en eindig in die reghoek.
  • Kyk hoeveel verskillende padtekens jy oppad skool toe sien. Daar is tekens wat jou waarsku, ander wat bevele gee en sommige gee slegs inligting. Gaan vind uit hoe die verskillende padtekens lyk.
  • Gebruik hierdie sirkels, reghoeke en driehoeke en teken jou eie padtekens.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.7: Dit is duidelik wanneer die leerder praktiese probleme oplos wat gelyke verdeling en groepering behels en verduidelik die antwoorde, wat sowel eenheidsbreuke as nie-eenheidsbreuke kan insluit (bv. ¼, ¾);

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder die gepaste simbole in berekeninge kan gebruik om probleme wat die volgende behels;

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in 'n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe in die omgewing en in prente herken, identifiseer en benoem.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask