<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Materie en stowwe

Eienskappe en gebruike van materie

Opvoeders afdeling

Memorandum

TIPEMATERIAAL METAAL KERAMIEK GLAS PLASTIEK VESEL
VOORBEELD ysterkoper steneornamente bottelsasbakkies plastiek-bakkies katoenpoliëster
  • (Daar kan nog baie ander voorbeelde wees).

Opdrag 10:

  • (Individueel)
Die koerantpapier en meel is natgemaak met water. Daarna is dit gemeng om ‘n nuwe stof, nl. papierpap(mâché) te kry. Deur hierdie proses het ons ‘n nuwe mengsel / mengelstof verkry.
Deur sekere stowwe te meng, kan ons nuwe produkte verkry.
  • (Daar kan nog baie ander antwoorde wees).

Opdrag 11:

  • (Individueel)
NATUURLIKE STOWWE SINTETIESE STOWWE
katoen, sy, wol, linne, ens. poliëster, akriel, viskose, glasvesel, ens.
  • (Daar kan nog baie ander voorbeelde wees).

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die belangrikste groepe materiale uit te ken [lu 1.2, lu 1.3, lu 3.2]

  • Materiale kan op verskillende maniere geklassifiseer word.
  • Kom ons kyk watter groepe julle reeds ken.
Tipe Materiaal Metaal: Keramiek: Glas: Plastiek: Vesel:
Voorbeeld ____________ ____________ ____________ ____________ ____________

Mengsels / Mengelstowwe

Nuwe produkte word gevorm wanneer ons verskillende soorte materie kombineer. Ons kombineer bv. water, melk, suiker en koffiepoeier om ‘n koppie koffie te maak. Ons kan stowwe ook op verskillende maniere kombineer deur dit te meng. Die voorkoms en tekstuur van die produk verskil gewoonlik van die oorspronklike stowwe. Nog ‘n voorbeeld van ‘n mengsel is veiligheidsglas. In hierdie geval word dun plastieklagies tussen lae glas gesmelt.

Opdrag 10 (Individueel)

  • Om iets te maak deur stowwe (materiale) te kombineer.

Wanneer ons koerantpapier, meel en water kombineer, kry ons papier-mâché om dinge mee te maak. Maak nou jou eie dinosourus op die volgende manier:

Benodigdhede :

Water

Meel

Metaaldraad

Tang

Koerantpapier

Verf en kwaste

Tou

Stappe:

  • Meng een koppie meel met drie koppies water.
  • Roer die mengsel totdat dit glad en romerig is.

Hoe om ‘n draadraam vir die dinosourus te maak :

  • Bend the wire into the shape of a dinosaur with the pair of pliers.
  • Fasten the legs and tail to the body with a piece of string.
  • The frame should be able to stand on its own.
  • Buig die draad in die vorm van die dinosourus met ‘n tang.
  • Heg die voorbene, agterbene en stert aan die lyf met ‘n stukkie tou.
  • Die raam moet op sy eie kan staan as dit voltooi is.

Voltooiing:

  • Skeur die koerantpapier in lang stroke.
  • Week hierdie stroke koerantpapier in die pasta.
  • Gebruik die deurweekte stroke om die draadraam op te bou.
  • Laat die figuur droog word.
  • Voltooi jou dinosourus deur dit te verf.

Gevolgtrekking:

Beskryf in jou eie woorde watter veranderinge die koerantpapier en meel ondergaan het.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Die meeste klere word deesdae ook van ‘n mengsel van stowwe vervaardig. Ons kombineer bv. sintetiese stowwe met natuurlike stowwe.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask