<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 4

Positiewe en negatiewe gevoelens

DANS/ BEWEGING

Die dans kan die visuele kuns, musiek en drama deur die volgende aktiwiteite aanvul en komplementeer.

Opwarming

Opwarming behoort toenemend en gereeld gedoen te word. Opwarming behoort die liggaam van beserings te vrywaar, soepel te maak, in stand te hou en ook tegniese vaardigheid ontwikkel. Bewegingskombinasies en bewegingssekwense behoort deel te wees van opwarmingsoefeninge.

Volg die opvoeder se leiding wanneer ‘n reeks opwarmingsoefeninge aan jou voorgestel word. Onthou herhaling van sekwense en korrekte plasing van die liggaam is ten alle tye van belang om die liggaam te kondisioneer, soepel te maak en vaardighede te ontwikkel.

Jy sal ook die geleentheid kry om jou eie kombinasies en sekwense te skep wat ontwerpelemente vir choreografie sal insluit soos vinnig, stadig, lig, vloeiend, rukkerig, hoog, laag en stil of rustig, sal insluit.

Dansopwarming en -oefeninge wat gereeld en doelgerig uitgevoer word, kan ook jou liggaam voorberei en versterk vir jou gunsteling sportsoort.

Aktiwiteit 1

  • Maak ‘n lys in jou joernaal van positiewe en negatiewe woorde wat verband hou met gevoelens en emosies soos bv. vreugde, eensaamheid, liefde, haat, woede, ens.
  • Vind ‘n kleur wat elkeen van hierdie emosies of gevoelens fisies uitdruk. bv.:Laat geel jou gelukkig voel, wil jy vinnig of stadig beweeg, wil jy spring of maak dit jou lui?Laat blou jou eensaam voel, wil jy krimp of strek, voel jy neerslagtig, mal, uitgelate of teruggetrokke? Verken en ervaar die kleure deur middel van beweging .
  • Julle kan almal om die beurt julle woorde of kleure wat gevoel of emosie uitdruk, met mekaar deel.Reageer onmiddellik en spontaan op die woord - sonder om te veel daaraan te dink - deur ‘n gepaste beweging.Herhaal verskeie kere. Julle kan selfs in mekaar se eie ruimte inbeweeg en kontak maak (sonder om mekaar seer te maak) om die gevoel van die woord uit te beeld.
  • Skep ‘n eie storie in groepe of pare en hou ‘n “bewegingsgesprek”. Verken verskillende bewegingstipes soos lokomotoriese en nonlokomotoriese bewegings.

Selfassessering / Nabetragting (Vir optekening in jou dagboek of joernaal)

  1. Kon jy sonder inhibisies jou verbeelding gebruik? Wat was maklik en wat was moeilik?
  2. Het jy van lokomotoriese en nonlokomotoriese bewegings gebruik gemaak?
  3. Was jy bang of nie bang om skeppend te dink?
  4. Het jy van die verskillende ontwerpelemente gebruik gemaak om te skep?
  5. Van watter ontwerpelemente het jy nie gebruik gemaak nie?
  6. Was jy bereid om kanse te waag deur jou verbeelding vrye teuels te gee?
LU 3.4

Algemene navorsingstaak

  • Stel ondersoek in na die loopbaangeleenthede in die onderskeie kunsdissiplines Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.

Konsentreer op die volgende aspekte:

  • Beskikbare opleidingsmoontlikhede
  • Werksgeleenthede en toeganklikheid (plaaslik en oorsee)
  • Finansiële implikasies
  • Bevorderingsmoontlikhede

Bogenoemde inligting kan o.a. gevind word

  • in biblioteke
  • op die Internet
  • d.m.v. onderhoude of praatjies met praktiserende kunstenaars
  • op die televisie

Na voltooiing van jou navorsingstaak, moet dit by jou opvoeder ingehandig word vir assessering.

  • Die inligting wat jy versamel het, kan nou in ‘n klasdebat gebruik word. Die klas word in vier groepe verdeel en elke groep sal een kunsdissipline verteenwoordig en verdedig.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
deelname en samewerkingDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENtov 3.1 – 3.3 hieronder, die volgende toon:
3.1 entrepreneursvaardighede deur saam te werk om kunswerke te bemark beoefen;
3.2 tydsduur en selfdissipline toepas om by sperdatums te hou;
3.3 opleiding en loopbane op die gebied van kuns en kultuur (gebaseer op navorsing en terreinbesoeke) verken en bespreek;
3.4 werk saam met:3.4.1 interdissiplinêre aanbiedings te organiseer en doeltreffende organisasievermoëns en –vaardighede rondom beplanning, bestuur en bemarking te toon;
3.4.2 take en verantwoordelikhede doeltreffend te deel, bv. deur verskillende rolle in groepprojekte te speel;
VISUELE KUNS3.8 navorsing oor die kunste kan doen en dit met ander deel;
MUSIEK3.7 navorsing oor die emosionele aspekte van musiek kan toon;
DRAMA3.6 navorsing oor informele teater kan toepas;
DANS3.5 navorsing oor loopbaanmoontlikhede in dans kan doen en dit kan deel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask