<< Chapter < Page Chapter >> Page >

TEGNOLOGIE

Graad 5

Tekstiele van toeka tot nou

Module 13

OM TEKSTIELSTOF TE KLEUR

Agtergrond

Kleur maak die klere wat jy dra baie meer interessant. van watter kleur klere hou jy die meeste om te dra? hoekom?

Regoor die wêreld speel die kleur van klere by sekere geleenthede ‘n baie belangrike rol. Watter kleur speel ‘n belangrike rol by Europese begrafnisse?

Hoekom?

Watter kleur rok dra ‘n tradisionele Europese bruid?

Dit is interessant om te weet dat begrafnisgangers in China wit klere dra en dat die gaste by ‘n troue in Lapland rooi klere dra.

Opdrag 1

Navorsing

Is daar spesifieke kleure wat binne jou kultuurgroep ‘n rol speel? Vertel meer daarvan in ongeveer drie sinne.

[LU 3.1]

Tekstielstowwe word met kleurstof gekleur. In die verlede is tekstielstof gekleur met natuurlike kleurstowwe wat verkry is van plante en diere. So is purper (‘n pers) van ‘n sekere seeskulpdiertjie verkry. Natuurlike kleurstowwe gee sagte kleure, maar dis nie so maklik om elke keer dieselfde skakering te kry nie. Deesdae word kleurstof van chemikalieë gemaak wat helder, betroubare kleure verskaf en wat ook meer kleurvas is.

Opdrag 2

Ontwerp en Vervaardiging

Trek ‘n voorskoot en handskoene aan om jou klere te beskerm. Maak ‘n natuurlike kleurstof deur borrie, spinasie, rooibostee, beet of enige ander eetbare plantmateriaal wat geredelik in jou omgewing verkrygbaar is vir sowat 10 minute in water te kook.* Laat dit afkoel, verwyder die plantdele en gooi die res deur ‘n sif. Nou het jy ‘n natuurlike kleurstof opgelos in water.

[LU 1.3]

ONTHOU :

*Warm water kan jou brand. Hou ‘n noodhulptassie byderhand en doen dit onder volwasse toesig.

Opdrag 3

Benodigdhede : Kleurstof, katoenstof, rubberhandskoene, ‘n voorskoot, twee waskomme/’n groot kastrol en ‘n plastiekskottel, ‘n houtlepel/lang stok, ‘n hittebron (stoof of gasstoof).

supervision.

Kleur ‘n omgesoomde 50cm by 50cm vierkant van wit katoenstof of ‘n wit T-hemp in die kleurstof deur eers die materiaal te vou en te knoop soos jy verkies. Eksperimenteer met patrone of raadpleeg ‘n knoop-en-doop-boek vir idees. Dele wat nie moet verkleur nie, word styf toegebind met tou, ens.

Trek dan ‘n voorskoot en plastiekhandskoene aan om jou klere te beskerm.

Maak die kledingstof nat in ‘n bak met skoon water en wring die water uit.

Plaas die kledingstof nou in die kastrol met die natuurlike kleurstof en roer dit met ‘n stok/lepel totdat die water kook.

Verwyder die kastrol van die vlam.

Laat die kledingstof in die kleurstof lê totdat dit heeltemal afgekoel het.

Spoel die katoenstof uit in warm water waarin ‘n bietjie opwasmiddel is.

Spoel dit nou deeglik in ‘n bak met koue water uit.

Verwyder die knope en voue.

Stryk dit terwyl dit nog klam is.

Nou het jy ‘n modieuse kopdoekie of T-hemp.

ONTHOU ! ‘n Warm yster en ‘n stoofplaat kan jou brand. Doen alles onder volwasse toesig. [LU 1.8]

Opdrag 4

Evaluering

Opdrag aan opvoeder

Gebruik die vraelys van Leereenheid 4 en vervang die woordjie “mat”, met kopdoekie, T-hemp of produk.

Opdrag aan leerder

Voltooi die vraelys oor jou produk so eerlik moontlik.

[LU 1.10; 1.11]

Assessering

LU 1

TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ondersoek:

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

ontwerp:

  • met bystand ‘n kort en duidelike stelling (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

maak:

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

evalueer:

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

kommunikeer:

  • tweedimensionele sketse met byskrifte maak en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak;

Memorandum

Agtergrond

(a) eie diskresie

(b) swart

(c) wit

Opdrag 1

Eie diskresie

Opdrag 2

Eie diskresie

Opdrag 3

Gee ‘n indrukspunt vir arbeid/produk

Opdrag 4

Eie diskresie

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask