<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

Module 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 4, 5, 8, 15
KU 3 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19
KU 4 4, 21
KU 7 11, 12, 13, 16, 17, 20
KU 8 4
  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
  • INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: voltooi patrone [lu 3.2]

  • Voltooi die patrone.

LO 3.2

LU 3.2

Assessering

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen tweedimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder fisiese tweedimensionele vorms en driedimensionele voorwerpe beskryf, sorteer en vergelyk volgens:

3.2.1 grootte;

3.2.2 voorwerpe wat rol of skuif;

3.2.3 vorms wat reguit of ronde rande het.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask