<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 3   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Bonnie en tommie besoek die dieretuin

Opvoeders afdeling

Memorandum

  • Getalbegrip tot 1 000. (Dit is die minimum vereiste vir Graad 3.)
  • Bewerkings:
  • Optel – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van tiene en/of honderde;
  • Aftrek – twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van tiene en/of honderde;
  • Vermenigvuldig – twee- en driesyfergetalle met ‘n eensyfergetal, met en sonder hergroepering van tiene;
  • Deel – twee syfergetal deur ‘n eensyfergetal, met hergroepering van tiene, maar sonder ‘n res, bv. 7 5 ÷ 5 =

(In die volgende module word die res weer saam met die hergroepering van die tiene gedoen.)

In Module 6 word getalbegrip uitgebrei tot 1000 . Optelling en aftrekking word met twee- en driesyfergetalle met en sonder hergroepering van tiene en honderde gedoen. Vermenigvuldiging met twee- en driesyfer getalle met en sonder hergroepering van tiene word gedoen. Deling word slegs met tweesyfergetalle met hergroepering van tiene, maar nou eers sonder 'n res gedoen, bv. 75 ÷ 5 = (In die volgende module sal die res weer saam met hergroepering gedoen word.)

Leerders moet weet hoe die werklike papiergeld lyk: R10-, R20-, R50-, R100- en R200-note.

Hulle moet die gelyke waardes verstaan en eenvoudige berekeninge daarmee kan doen.

Verduidelik aan die leerders wat 'n skaaltekening is. Hulle sal dit baie goed moet begryp voordat hulle die lengtes van die slurpe sal kan bereken. Gee soortgelyke voorbeelde om seker te maak dat hulle dit kan doen.

Die leerders moet 'n konkrete beeld van die getalwaarde van 1000 hê.

999 + 1 maak 10 ene wat 'n tien volmaak wat na die tiene verskuif; dit maak 10 tiene wat dan weer nog 'n honderd volmaak wat na die honderde verskuif; dit maak 10 honderde wat 'n groep van duisend volmaak wat na die duisende moet verskuif.

1000: die 1 is 1 groep van duisend en die 3 nulle is die plekhouers van die honderde, tiene en ene.

Sodra die leerders die getalleblok voltooi het, gebruik dit om baie mondelinge teloefeninge in tiene en honderde, aan en terug, te doen.

Indien die leerders steeds met verdubbeling en halvering sukkel, moedig hulle aan om die "wolkie" vir hulle denke te gebruik.

Doen soortgelyke voorbeelde waar letterwaardes ingestel moet word, eers mondelings voordat die leerders die werkvel doen.

Vermenigvuldiging met driesyfergetalle, met die hergroepering van tiene, moet eers konkreet gedoen word.

Laat die leerders vooraf in 9's tel en dan kan hulle dit skryf.

Help hulle om in te sien dat dit vinniger en makliker is om eers 10 by te tel en dan 1 weg te neem, as om 9 by te tel. Die teenoorgestelde word gedoen as 9 weggeneem moet word: neem 10 weg en tel dan 1 by. Laat hulle dit met tellers doen.

As 10c- en 1c-stukke gebruik word om die hergroepering van tiene by verdeling te verduidelik, sal dit help om die leerders te laat besef dat die tiene ontbind en by die ene gegroepeer moet word voordat dit uitgedeel kan word. (Speelgeld kan gebruik word.)

Baie oefening mag nodig wees voordat die leerders die werkvel sal kan voltooi.

Dit sal help as hulle dit teken. (Gee nog baie soortgelyke somme.

Gee eers vir die leerders los vorms om in tiendes te verdeel, sodat hulle self kan ontdek dat tiendes , net soos derdes en vyfdes bereken en gemeet moet word. Dit is nie net 'n kwessie van vou en weer vou.

Lei hulle om te ontdek dat as hulle eers vyfdes kry, dan kan hulle elke vyfde in die middel deel om tiendes te kry.

Gesels met die leerders oor simetriese vorms . Laat hulle voorwerpe in die klas wat simetries is, identifiseer. Hierna behoort hulle die prent te kan voltooi.

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: papiergeld [lu 1.6]

  • Bonnie en Tommie het elkeen R10 toegangsgeld betaal. Pappa en Mamma het elkeen R20 betaal. Hoeveel het hulle altesaam betaal?

Hulle het R_______ betaal.

  • Pappa het met 'n R200-noot betaal. Hoeveel kleingeld het hy gekry?

Hy het R________ kleingeld gekry.

  • Ken jy al die geldnote? Watter diere is op elkeen van hierdie note?

R10 _________________________________________________________________

R20 _________________________________________________________________

R50 _________________________________________________________________

R100 ________________________________________________________________

R200 ________________________________________________________________

  • Waarvoor kan ek hierdie note omruil?

Voltooi:

4 R20-note is R______

3 R50-note is R______

9 R10-note is R______

10 R100-note is R______

______ R10-note is R90

______ R100-note is R500

______ R200-note is R600

______ R50-note is R400

  • Kom ons tel die geld in die geldlaai by die dieretuin:
  • Die toegangsgelde by die dieretuin is nou R25 vir 'n volwassene en

R15 per kind. Die totale koste vir:

6 volwassenes en 4 kinders is: R_______ + R_______ = R_______

4 volwassenes en 1 0 kinders is: R_______ + R_______ = R_______

1 0 volwassenes en 8 kinders is: R_______ + R_______ = R_______

  • Gebruik enige metode om my te help met die probleem.

Twaalf mense het die dieretuin besoek. Hulle het R260 altesaam betaal. Hoeveel van die mense was volwassenes en hoeveel was kinders?

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder geldprobleme oplos wat totale en kleingeld in rand en sent behels, insluitend herleiding tussen rand en sent.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 3. OpenStax CNX. Oct 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11129/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask