<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Vlekvrye staal uitlaatstelsel. Dit is vir ‘n leeftyd en word gewoonlik ook so
  • gewaarborg. Jy kan dit terugneem as daar probleme kom.
  1. Hoekom koop net slegs ‘n klein persentasie van motoreienaars die vlekvrye staal uitlaatstelsel?
  • Nie almal kan bekostig om dit te koop nie, want dit is baie duur.

4. Hoekom roes die uitlaatstelsel van ‘n motor so vinnig?

  • Waterdamp kondenseer in die uitlaatstelsel. Die waterdruppels kom met die yster in aanraking en dan roes dit.

5. Uitlaatstelsels van motors kan nie beskerm word deur dit te verf nie. Hoekom nie?

  • Die uitlaatstelsels raak ontsettend warm en die verf sal afdop.

6. Hoekom roes vlekvrye staal stadiger as gewone staal?

  • Vlekvrye staal is ‘n allooi, m.a.w. ‘n mengsel van staal en ‘n ander metaal wat nie so vinnig roes nie.

Opdrag 6:

1. Wat is die kleur van die kristal?

  • Pers

2. Wat gebeur met die gekleurde water rondom die kristal sodra die verhitting begin?

  • Sodra die water verhit word, styg dit.

3. Wat gebeur met die gekleurde water naby die oppervlak van die water?

  • Die gekleurde water naby die oppervlak begin om in ‘n sirkel in die Pyrex–beker te beweeg. Dit daal weer af by die deel waar dit nie deur die brander verwarm word nie.

Opdrag 7:

  • (Groepwerk)
  • As ‘n seewind deur stroming ontstaan, behoort julle as groep nou self te kan uitwerk hoe ‘n landwind ontstaan. Maak ‘n skets en skryf jul verduideliking hier neer:

Hoe ontstaan ‘n landwind?

Gedurende die nag koel die land vinniger af as die see. Die see bly langer warm as die land. Die warmer lug bo die see styg op. Koeler lug van die land kom na die see aangewaai.

Opdrag 8:

1. Wat gebeur nadat jy die stuk ruitglas voor die verwarmer geplaas het?

  • Jy voel onmiddellik minder hitte.
  • (Die verwarmer/bron is nie warm genoeg nie. Glas keer stralende hitte van die verwarmer af – net soos hout of karton)

Opdrag 9:

1. Voel jou hand dadelik die warmte?

  • Ja.

2. Hoe bereik die warmte jou hand?

  • Deur straling.

3. Keer die glas van die gloeilamp straling?

  • Nee, want die stralende warmte van ‘n baie warm (witwarm) voorwerp kan deur glas gaan.
  • Verduideliking: water gelei elektrisiteit en as mens aan elektriese apparaat vat terwyl jy op die grond staan, vloei die stroom deur die liggaam na die grond. Dit kan mens doodskok.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om vas te stel watter eienskappe materiale besit [LU 1.2, LU 2.1, LU 2.3]

Ons gaan na die volgende eienskappe kyk:

(1) Materiale kan oplosbaar wees

(2) Materiale kan magnetiseerbaar wees

(3) Materiale kan roes

(4) Materiale kan warmte oordra d.m.v.

  • geleiding
  • stroming
  • straling
  1. Materiale kan elektrisiteit gelei.

1. MATERIALE KAN OPLOSBAAR WEES

(Sien in leereenheid 2 meer hieroor)

2. MATERIALE KAN GEMAGNETISEER WORD

Stowwe wat magneties is, is stowwe wat deur magnete aangetrek word.

Stowwe wat nie-magneties is, word nie deur magnete aangetrek nie.

Opdrag 2 (Groepwerk)

  • Werk in groepies van drie of vier en onderskei tussen stowwe wat nie-magneties is en stowwe wat magneties is wat hieronder geïllustreer word (probeer gerus die lysie aanvul):
MAGNETIESESTOWWE NIE-MAGNETIESE STOWWE
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________
_______________________ _______________________

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask