<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Planeet aarde en die heelal

Die aarde

Opvoeder afdeling

Memorandum

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die verskillende lae in die aarde se atmosfeer visueel voor te stel en weerpatrone en seisoene te ondersoek [lu 2.3, lu 3.1]

DIE ATMOSFEER

Die aarde word omhul deur ‘n luglaag wat die atmosfeer genoem word. Hierdie laag bestaan gewoonlik uit twee gasse, naamlik suurstof (78%) en stikstof (20%). Die atmosfeer bestaan uit ‘n aantal lae en elke laag het ander eienskappe.

LAE IN DIE ATMOSFEER

  • Troposfeer

Dit is die laag naaste aan die aarde. Al die weerpatrone kom in hierdie laag voor, wolke vorm hier, en voëls en vliegtuie vlieg in hierdie laag.

  • Osoonlaag

Die skadelike ultra-violetstrale van die son word hier geabsorbeer.

  • Stratosfeer

Moderne straalvliegtuie vlieg hier. Dit bevat egter nie genoeg suurstof vir die mens om te kan asemhaal nie.

  • Mesosfeer

In hierdie laag brand die meeste klein meteore uit.

  • Termosfeer

Die meeste van die son se hitte word hier geabsorbeer en temperature styf tot 1 000 grade Celsius.

  • Ekosfeer

Daar is feitlik geen lug in hierdie laag nie. Slegs die ligste gasse soos helium en waterstof word hier aangetref. Sommige weersatelliete word ook hier aangetref.

Bogenoemde lae het nie vaste grense nie, maar vermeng met mekaar. Hoe hoër die laag, hoe minder dig is dit, totdat daar feitlik geen lug meer oor is nie. Die atmosfeer is nie ‘n baie dik laag in vergelyking met die deursnee van die aarde nie.

OPDRAG 7:

Groepwerk

  • Gebruik die inligting wat verskaf is en maak ‘n diagrammatiese voorstelling van die aarde met al sy lae.
  • Gebruik verskillende kleure om die lae te onderskei.
  • Byskrifte moet in drukskrif wees.
  • Dikte van lae moet uitgebeeld word.
Leerkragassessering: Diagrammatiese voorstelling 1. 2. 3. 4.
1. Doel: Die boodskap word duidelik oorgedra
2. Detail: Die detail is akkuraat en duidelik uiteengesit
3. Sketse en illustrasies: Funksioneel en doelgerig
4. Kreatiwiteit: Voorstelling is kreatief en oorspronklik
5. Aanbieding: Netjies en ordelik
OORHEERSENDE KODE: ........PUNT: ......./ 20 ..............%Opvoeder:..................................................

Kommentaar:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Leerkrag: _____________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente; diagramme, ens.).

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder wetenskap verstaan as ‘n menslike aktiwiteit.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask