<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Gebruike van elektriese energie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kleure: Groen/geel bo, bruin en blou links en regs (lg. twee kan omruil).

Aarddraad: Lei stroom af sodat daar nie oorverhitting ontstaan nie/laat aard-lekkasieskakelaar uitskop om stoof af te sny. Anders kan brand ontstaan of kan persoon doodgeskok word.

Teken: Gevaar. Elektrisiteitinstallasies is gevaarlik. Nie net skokke nie, maar bestraling/magneetvelde is skadelik vir die mens.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die internasionale kleurkode vir bedrading te kan beskryf en toepas, en om die veiligheidsmaatreëls by die gebruik van elektrisiteit te kan opnoem [lu 1.2, lu 1.3, lu 2.3]

  • Die drie-aar-elektriese draad bestaan uit drie geleiers, elk met sy kenmerkende kleur. Elke geleier het sy eie funksie. Die kleure van die drie geleiers in die draad word in byna alle lande gebruik en staan bekend as die internasionale kleurkode .

Kragproppe behoort volgens die internasionale kleurkode bedraad te word.

  • Die blou draad is die neutrale geleier en gelei elektrisiteit vanaf die apparaat na die kragbron.
  • Die bruin draad is die lewendige geleier en gelei elektrisiteit vanaf die kragbron na die apparaat.
  • Die geel-en-groen draad is die aarddraad en gelei oormatige elektrisiteit weg in die geval van ‘n kortsluiting.

Jul onderwyser sal ‘n kragprop wat korrek bedraad is aan julle wys. Maak seker dat julle weet presies waar elkeen van die geleiers vasgeskroef moet word, anders kan die toestel lewensgevaarlik wees as iemand daaraan sou raak.

Gebruik die toepaslike kleur en dui aan hoedat jy die prop in die volgende skets sal bedraad.

  • Doen navorsing en vind uit hoekom die aarddraad belangrik is. Verwys ook na die aardlekkasieskakelaar op die skakelbord by julle huis.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Het jy hierdie teken al gesien?

Wat beteken dit? ___________________________________________________

Hoekom word dit altyd by elektriese aanlegte vertoon?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

  • Elektrisiteit is gevaarlik. Onthou die volgende veiligheidsmaatreëls as jy met elektrisiteit werk:

- Moet nooit ‘n elektriese apparaat wat stukkend is, self probeer regmaak nie. Vra liefs ‘n opgeleide elektrisiën om die herstelwerk te doen.

- Water is ‘n goeie geleier van elektrisiteit. Moet dus nooit met elektrisiteit werk terwyl jy naby water staan nie.

- Moenie ‘n kragprop uit ‘n kragsok trek deur aan die draad te pluk nie.

- Maak seker dat jy weet waar die gebou se hoofskakelaar sit. Wanneer iets verkeerd gaan, kan jy onmiddellik die hoofstroom afskakel.

- Pasop om elektriese drade onderdeur matte aan te lê. Dit is baie moeilik om die toestand van die drade te ondersoek, indien dit nie te alle tye sigbaar is nie.

VDit is ‘n goeie beleid om elektriese apparate van tyd tot tyd deur ‘n gekwalifiseerde elektrisiën te laat ondersoek.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Questions & Answers

summarize halerambos & holbon
David Reply
the Three stages of Auguste Comte
Clementina Reply
what are agents of socialization
Antonio Reply
sociology of education
Nuhu Reply
definition of sociology of education
Nuhu
what is culture
Abdulrahim Reply
shared beliefs, values, and practices
AI-Robot
What are the two type of scientific method
ogunniran Reply
I'm willing to join you
Aceng Reply
what are the scientific method of sociology
Man
what is socialization
ogunniran Reply
the process wherein people come to understand societal norms and expectations, to accept society's beliefs, and to be aware of societal values
AI-Robot
scientific method in doing research
ogunniran
defimition of sickness in afica
Anita
Cosmology
ogunniran
Hmmm
ogunniran
list and explain the terms that found in society
REMMY Reply
list and explain the terms that found in society
Mukhtar
what are the agents of socialization
Antonio
Family Peer group Institution
Abdulwajud
I mean the definition
Antonio
ways of perceived deviance indifferent society
Naomi Reply
reasons of joining groups
SAM
to bring development to the nation at large
Hyellafiya
entails of consultative and consensus building from others
Gadama
World first Sociologist?
Abu
What is evolutionary model
Muhammad Reply
Evolution models refer to mathematical and computational representations of the processes involved in biological evolution. These models aim to simulate and understand how species change over time through mechanisms such as natural selection, genetic drift, and mutation. Evolutionary models can be u
faruk
what are the modern trends in religious behaviours
Selekeye Reply
what are social norms
Daniel Reply
shared standards of acceptable behavior by the group or appropriate behavior in a particular institution or those behaviors that are acceptable in a society
Lucius
that is how i understood it
Lucius
examples of societal norms
Diamond
Discuss the characteristics of the research located within positivist and the interpretivist paradigm
Tariro Reply
what is Industrialisation
Selekeye Reply
industrialization
Angelo
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask