<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Materie, meting en reaksies

Materie en meting

Opvoeder afdeling

Memorandum

  • Die houtblokkie het die grootste massa.

1. Digtheid = massa per volume Dus (a) = 1,6 g/cm 3 (b) = 2,5 g/cm 3

(c) 8,7 g/cm 3 (d) = 7,7 g/cm 3 (e) 0,8 g/cm 3

2. Gebruik twee vloeistowwe wat nie meng nie. Gooi hulle in ‘n glasbeker. Die vloeistof met die laagste digtheid sal op die ander vloeistof dryf, bv. olie op water.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die begrip digtheid te kan beskryf en te kan toepas [lu 1.1, lu 2.4]

Gooi ‘n 50c-muntstuk en ‘n houtblokkie in ‘n glasbak halfvol met water. Die muntstuk sink en die houtblokkie dryf.

  • Watter een het die grootste massa?

_____________________________________________________________________

Die blokkie weeg swaarder as die muntstuk, maar dryf omdat dit ‘n kleiner digtheid het. Wanneer ons die massa en volume van ‘n stof kombineer, werk ons met die digtheid van ‘n stof.

Die onderstaande vyf ewe groot blokkies is van verskillende stowwe gemaak. Elkeen het ‘n volume van presies 10 kubieke sentimeter (10 cm3). Die benaderde massa van elkeen word aangetoon.

Ons kan die massas van die vyf stowwe vergelyk omdat hulle almal dieselfde volume het. Die massa in gram van 1 cm з van ‘n stof word sy digtheid genoem.

1. Skryf nou die digtheid van elk van die blokkies neer.

(a) __________________________________________________________________

(b) __________________________________________________________________

(c) __________________________________________________________________

(d) __________________________________________________________________

(e) __________________________________________________________________

2. Beskryf hoe jy met ‘n glasbeker en twee vloeistowwe sal illustreer dat die digtheid van vloeistowwe ook verskil. (Wenk: besluit eers watter twee vloeistowwe jy sal gebruik).

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en bedink hoe om dit deeglik uit te voer.

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask