<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Hier kom die wapse!

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.

Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)

Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.

Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.

In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.

Tydskedule

Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.

Die Wapse word bekendgestel. Hulle is anders maar daar is tog ooreenkomstes. Hulle bly in die bos en die diere is hulle vriende.

Liggaamsdele word bespreek en leerders kan die ouditiewe persepsie, ruimtelike oriëntering en ordeningsvaardighede van die leerders assesseer.

Leerders lees en illustreer sinne, gedigte en rympies. Hulle leer die volgende letters en patrone aan.

: ,
: ,

INTEGRASIE VAN TEMAS

‘n Gesonde omgewing

  • Die Wapse bly in die bos en het nie elektrisiteit en groot huise nie. Hulle is van die natuur afhanklik en eet vrugte, bessies, vis, ens. Gevolglik pas hulle die natuur (hul omgewing) op. Ons moet hulle voorbeeld volg.

Sosiale geregtigheid

  • Alhoewel die Wapse nie aardse rykdomme besit nie, is hulle gelukkig, tevrede, vriendelik en hulpvaardig. Het mense rykdom nodig om gelukkig te wees? Bespreek. Wees sensitief teenoor mense van ander kulture en wat ander lewens lei.

Menseregte

  • Almal het die reg tot voedsel en huise/skuilings. Ouers moet hul kinders versorg.
  • Die leerders moet die prentjies uitknip en in die regte volgorde op ‘n bladsy plak om te wys hoe mens by die Wapse se huisie in die bos kom. Laat hulle daarna die pad aan die hand van die prente verduidelik.
  • Hierdie sinne word gebruik om vir die leerders sekere woordeskat aan te leer. Laat hulle elke keer ‘n prentjie teken om die sin te illustreer. Hulle kan later die sinne en prentjies uitknip en dit in ‘n speletjie gebruik om die sin by die regte prent te pas.

Hierdie module bevat voorlees- en skryfaktiwiteite waarmee die opvoeder die leerders kan evalueer om vas te stel watter leerders gereed is vir formele lees, skryf en die aanleer van klanke, en watter leerders meer oefening benodig om ouditiewe, visuele en motoriese vaardighede te ontwikkel. Die volgende aktiwiteite word as verdere riglyne gegee:

  • Leerders kan ‘n collage maak met die handelsname van bekende produkte (koeldranke, lekkers, ontbytgraan, ensovoorts).
  • Die opvoeder kan leerders se aandag vestig op tekens in die omgewing, byvoorbeeld “STOP”, wat hulle kan lees.
  • Dit is altyd raadsaam om die name van voorwerpe in die klas op flitskaarte by die betrokke voorwerp op te plak, byvoorbeeld tafel, stoel, kas en venster.
  • Aangesien sigwoorde soos lees, skryf en teken dikwels in die modules sal voorkom, kan die opvoeder dit vir die leerders as leeswoorde aanleer.
  • Liedjies, rympies en verwante speletjies is ook baie goeie luister- en praataktiwiteite. Die opvoeder behoort moeite te doen om vir die leerders ‘n ryke verskeidenheid hiervan aan te leer.
  • Lees die storie op die volgende bladsy vir die leerders voor. Verdeel hulle in groepe. Elke groep moet ‘n groepleier hê wat seker maak dat almal ‘n beurt kry. Elke groep moet drie probleme identifiseer wat Willie sal ondervind as hy in hulle huis moet kom kuier. (Hy is byvoorbeeld te klein en sal nie self op die bed kan klim nie. Hy sal nie deure kan oopmaak nie en sal nie met ‘n groot mes en vurk kan eet nie.) Daarna moet hulle ook oplossings voorstel en die beste drie kies. Een leerder in elke groep moet terugvoer gee.
  • Vra vir die leerders vrae oor die inhoud van die storie. Evalueer verskillende leerders met elke storie om sodoende die hele klas oor ‘n tydperk te toets. Stel die karakters met die prente bekend – hierdie prente kan in die klas vertoon word en deur die leerders ingekleur word. Gebruik dit ook om vir die leerders die karakters se name aan te leer.

Leerders afdeling

Inhoud

Hoofstuk 2: die huisie in die bos

Die Wapse woon in boomhuise diep in die bos. Hulle huisies is so mooi toe onder die blare dat jy baie mooi moet kyk voor jy dit raaksien. As jy dalk op ‘n mooi dag deur die bos loop en die huisies sien, sou jy dalk dink dat dit voëlnessies is, maar as jy mooi stil sou staan, sou jy ‘n rokie by ‘n skoorsteen sien uittrek en klein voetspoortjies onder die bome sien.

Willie en sy gesin woon in ‘n pragtige huisie. Sy pappa het dit self gemaak met planke wat hy in die bos gesaag het. Vollie Vlakvark het hulle gehelp om die planke tot by hulle boom te dra. Vollie is ‘n vriendelike vlakvark, en hy dra baie keer vir Willie op sy rug rond. Partykeer sit Willie sommer voor op sy horings. Dan kyk hy al te lekker rond.

Om by hierdie huisie te kom, moet jy baie ver loop. Eers moet jy deur ‘n diep, diep rivier gaan. (Die Wapse is slim en het ‘n pragtige vlot gebou wat hulle so goed wegsteek dat jy dit nooit sal sien nie.) Dan moet jy met die pad hoog teen die berg op loop. Daarna loop jy met die kronkelpad af tot diep in die bos. In die bos is daar ‘n hoë boom. Om by hulle huisie in te kom, moet jy teen die hoë touleer opklim.

Dit is Willie se lekkerste lekker om saans in sy bedjie in die boomhuis te klim en aan die slaap te raak terwyl hy luister hoe die wind die blare laat ritsel. Vir hom is daar nie ‘n mooier of beter huisie in die hele wêreld nie.

LU 1.3 LU 2.7
  • Knip die prentjie uit en plak hulle in die regte volgorde om te wys hoe ‘n mens by die Wapse se huis kom.
LU 3.1.2 LU 5.2.1
  • Op soek na die Wapse!

LU 2.7
  • Ek kan lees en teken .

Willie Waps ry op sy skopfiets.

Pappa bou ‘n boomhuis.

Mamma pluk bessies.

Tessie slaap in haar bed.

LU 3.5
  • Ek kan knip en plak.
  • Ek kan die storie vertel.
  • Omkring die klanke wat dieselfde is.
A G h a d A b
H B a h d N h
C O g d c A c
M N h i m M n
LU 5.2.1

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

Leeruitkomste 2: PRAAT : Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.7: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n bekende kort storie vertel wat ‘n begin, middel en einde het, indien nodig met behulp van prente;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer.

Questions & Answers

what is the stm
Brian Reply
is there industrial application of fullrenes. What is the method to prepare fullrene on large scale.?
Rafiq
industrial application...? mmm I think on the medical side as drug carrier, but you should go deeper on your research, I may be wrong
Damian
How we are making nano material?
LITNING Reply
what is a peer
LITNING Reply
What is meant by 'nano scale'?
LITNING Reply
What is STMs full form?
LITNING
scanning tunneling microscope
Sahil
how nano science is used for hydrophobicity
Santosh
Do u think that Graphene and Fullrene fiber can be used to make Air Plane body structure the lightest and strongest. Rafiq
Rafiq
what is differents between GO and RGO?
Mahi
what is simplest way to understand the applications of nano robots used to detect the cancer affected cell of human body.? How this robot is carried to required site of body cell.? what will be the carrier material and how can be detected that correct delivery of drug is done Rafiq
Rafiq
what is Nano technology ?
Bob Reply
write examples of Nano molecule?
Bob
The nanotechnology is as new science, to scale nanometric
brayan
nanotechnology is the study, desing, synthesis, manipulation and application of materials and functional systems through control of matter at nanoscale
Damian
Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?
Damian Reply
what king of growth are you checking .?
Renato
What fields keep nano created devices from performing or assimulating ? Magnetic fields ? Are do they assimilate ?
Stoney Reply
why we need to study biomolecules, molecular biology in nanotechnology?
Adin Reply
?
Kyle
yes I'm doing my masters in nanotechnology, we are being studying all these domains as well..
Adin
why?
Adin
what school?
Kyle
biomolecules are e building blocks of every organics and inorganic materials.
Joe
anyone know any internet site where one can find nanotechnology papers?
Damian Reply
research.net
kanaga
sciencedirect big data base
Ernesto
Introduction about quantum dots in nanotechnology
Praveena Reply
what does nano mean?
Anassong Reply
nano basically means 10^(-9). nanometer is a unit to measure length.
Bharti
do you think it's worthwhile in the long term to study the effects and possibilities of nanotechnology on viral treatment?
Damian Reply
absolutely yes
Daniel
how to know photocatalytic properties of tio2 nanoparticles...what to do now
Akash Reply
it is a goid question and i want to know the answer as well
Maciej
characteristics of micro business
Abigail
for teaching engĺish at school how nano technology help us
Anassong
How can I make nanorobot?
Lily
Do somebody tell me a best nano engineering book for beginners?
s. Reply
there is no specific books for beginners but there is book called principle of nanotechnology
NANO
how can I make nanorobot?
Lily
what is fullerene does it is used to make bukky balls
Devang Reply
are you nano engineer ?
s.
fullerene is a bucky ball aka Carbon 60 molecule. It was name by the architect Fuller. He design the geodesic dome. it resembles a soccer ball.
Tarell
what is the actual application of fullerenes nowadays?
Damian
That is a great question Damian. best way to answer that question is to Google it. there are hundreds of applications for buck minister fullerenes, from medical to aerospace. you can also find plenty of research papers that will give you great detail on the potential applications of fullerenes.
Tarell
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get the best Algebra and trigonometry course in your pocket!





Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask