<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste
Die leerders moet uiteindelik kan:
1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;
2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;
3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;
4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;
5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;
6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;
7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;
8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;
9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;
10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;
11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en
12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.
Module 1
Kritieke- en ontwikkelings uitkomste | Bladsyverwysings |
KU 1 | 4, 5, 8, 15 |
KU 3 | 2, 3, 6, 7, 9, 10, 14, 18, 19 |
KU 4 | 4, 21 |
KU 7 | 11, 12, 13, 16, 17, 20 |
KU 8 | 4 |
Kom ons gesels oor…
LU 5.3 |
rooi
blou
geel
groen
groot
klein
lank
kort
LU 4.6 | |
LU 5.2 |
Op die vorige bladsy is daar ‘n prent van my “deurmekaar” kas. Mamma het gesê: “Pak jou kas reg”.
LU 5.2 |
Groot
Groter
Grootste
Klein
Kleiner
Kleinste
Lank
Langer
Langste
Kort
Korter
Korste
LU 4.5 |
hoe groot hulle is
LU 4.5 |
Leeruitkomste 4: Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder driedimensionele voorwerpe volgens nie-standaardmate skat, meet, vergelyk en orden:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder (addisioneel) sulke verskille beskryf en verstaan:
4.6.1 grootte;
4.6.2 lengte.
Leeruitkomste 5: Die leerder is in staat om data te versamel, op te som, voor te stel en krities te ontleed om gevolgtrekkings en voorspellings te maak en om toevallige variasie te interpreteer en te bepaal.
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder sorteer fisiese voorwerpe volgens een spesifieke eienskap wat om ‘n bepaalde rede gekies is (bv. “Sorteer vetkryte volgens kleur”);
Assesseringstandaard 5.3: gee redes waarom versamelings op spesifieke maniere gegroepeer is.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?