<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Diere moet ook leer

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Soos in die gedig weerspieël word, gaan hierdie module oor die noodsaaklikheid oor onderwys, of dit nou apies is wat dinge moet leer om bewus te word van gevare of Wikus die Welpie wat moet leer om gehoorsaam te wees.

Leerders maak gebruik van ‘n diagram met vrae om hulle te lei om hulle eie storie te skryf.

Nuwe woordeskat met vasleggingsaktiwiteite word bygebring.

Leerders kry geleentheid om self die leesstuk te illustreer, vrae te beantwoord en die stories te dramatiseer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die dubbelklinkers, oe, ie, ui, ou, eu, ei en die drieletterklinkers, aai, ooi, oei, eeu word in konteks hersien/aangeleer/vasgelê.

  • SKRIF

Aandag word gegee aan die korrekte hantering van skryfgereedskap. Die volgende hoofletters word aangeleer en die klein letters hersien; M, N, L, H, T, I, K, F, E.

Leerders afdeling

Inhoud

  • ‘n Gediggie om na te luister, te lees en te leer.

Het julle geweet.......

Diere moet ook skoolgaan –

Hul ouers leer hul mooi.

En as hulle dit nie reg doen nie,

Dan word hul gou gelooi.

Die ape leer in die bome swaai

En piesangs in hul arms dra,

Styf vashou, bollemakiesie draai

En vlooie vang wat pla.

Die welpie volg vir Mamma Leeu,

Hy mag nie ver weg dwaal.

Pappa Leeu is baie kwaai,

Het tande sterk soos staal.

Klein hasies moet versigtig wees

As hul gaan wortels soek.

Die boer se roer staan daar gereed

En honde keer hul in die hoek.

So luister mooi wat Juffrou sê

En leer jou spel nou mooi.

Dan sal jy eendag baie geld hê

En slim wees soos Oom Tooi.

G.J.M.

LU 1.3.4 LU 1.3.6 LU 3.2.1 LU 3.3.2
  • Teken jou eie prente.
LU 4.8
  • Ken jy hierdie dubbelklanke? Voltooi die volgende woorde.
w ss nb kh ks kb k s nd nd rt rd P……………………………………. t m st nr ml tr br n
  • Waar pas hulle in?

1. Ek lees ‘n ……………………………………………………………………….

2. ‘n Hond is ‘n ……………………………………………………………………

3. Daar is mooi blomme in die ……………………………………………………

4. My skoene is ……………………………………………………………………

5. Ek ………………………………………………………………… my potlood.

6. Hier loop ‘n …………………………………………………………………….

7. Die …………………………………………………………………... is lekker.

LU 3.4.1
  • Lees van ...........

Die ape se skool

Mamma Aap kyk op.

Daar hoog in die bome swaai haar klein apies.

Hulle baljaar in die hoogste takke.

Hulle spring so rats van die een tak na die ander dat dit lyk asof hulle vlieg.

Hulle klou met hulle lang vingers aan die boomtakke vas.

Die stertjies swaai heen en weer.

“Ja,” dink sy “ek het hulle mooi geleer”.

Kyk, daar sit Pappa en Oupa Aap ook vir hulle en loer.

Mamma Aap kan sien hulle is baie trots op haar klein apies.

En sy ook!

  • Hierdie stoute apie het die sinne deurmekaar geskommel. Help om die sinne korrek te skryf.

1. hoogste baljaar takke Hulle die in.

…………………………………………………………………………………………..

2. weer stertjies en heen swaai Die.

…………………………………………………………………………………………..

LU 4.3.2
  • Skryf jou eie storie oor “Ek is ‘n Apie”. Vertel hoe jou mamma en pappa jou geleer het om in die bos te oorleef. Vertel ook van ‘n noue ontkoming wat jy gehad het.
  • Hierdie woorde kan julle help ..........
klim swaai skreeu bessies bollemakiesie
klouter draai waterval avontuur piesangs
veilig dapper gebewe leeu vyand gered
LU 3.3.5 LU 4.2.1 LU 4.2.2

Assessering

Leeruitkomste 1: LUISTER : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

1.3.4 ‘n reeks gebeurtenisse of idees in ‘n teks oorvertel;

1.3.6 gevoelens oor ‘n mondelinge teks uitdruk en redes gee;

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;

3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.1 vokaalklanke wat uit twee letters bestaan, herken;

Leeruitkomste 4 SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin.

4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;

4.2.2 idees met klasmaats en onderwyser deel;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.2 geskommelde sinne reg skryf;

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 2. OpenStax CNX. Oct 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11132/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask