<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Hoekom is die Wapse so besig?
  • Wanneer vier ons fees?
  • Wat is die teken vir die Wapse om die begin van herfs te vier?
  • Elkeen van die seisoene is vir die Wapse belangrik. Hoekom is herfs belangrik?
  • Hoekom is winter vir die Wapse belangrik?
  • Wat moet die Waps-kinders doen as voorbereiding vir die fees?
  • Watter kleure is die Waps-mammas se rokke?
  • Wat dra Makkie vir die fees?
  • Watter werkie het die pappas vir die fees?
  • Wat gebeur by die fees?

LU 1.3

Leer die volgende woorde vir die leerders aan: winter, somer, herfs, lente, fees, vier, oranje, geel, bruin, seisoene, verkleur, vrugte, rus.

LU 3.4

Bespreek die prent met die leerders. Laat hulle die woorde op die bladsy langs die regte voorwerpe in die prent plak (bv. die woord bessies langs ‘n mandjie met bessies). Hulle moet die kolletjies in die bome verbind om die liggies in die bome op te hang. Dit vorm die apie-swaai patroontjie. Laat leerders ook twee sinne onder aan die bladsy skryf om die prent te beskryf. (Hulle kan die woorde in die prent gebruik.)

Laat die leerders die volgende bladsy gebruik om ‘n lantern te maak wat die Wapse vir die fees gaan gebruik. Die aktiwiteit neem die vorm van ‘n luisteraktiwiteit aan. Gee vir die leerders die mondelinge instruksies sonder om die maak van die lantern te demonstreer. (Help maar net as hulle regtig vashaak.) Leerders moet dus goed luister om die lantern te kan maak.

Gee die volgende instruksies:

  • Versier die bladsy met helder kleure.
  • Vou die bladsy middeldeur op die lang lyn.
  • Knip op al die kort lyntjies tot by die kolletjies.
  • Vou die lantern oop en plak die sterretjies op die vierkantjies.
  • Gebruik ‘n strook papier om die handvatsel te maak.

Hang al die lanterns aan ‘n tou in die klas op.

LU 1.1

Leerders moet nou vir hulle maats vertel hoe hulle die lantern gemaak het.

LU 2.6

Leerders moet ook leer om na iemand te luister wat hulle nie kan sien nie. Die onderwyser moet probeer om gereeld vir hulle stories op band te speel, of kan selfs by geleentheid opdragte op band opneem en vir die leerders speel. Kyk of hulle met aandag luister en opdragte korrek uitvoer.

LU 1.1

Leerders afdeling

Inhoud

Die wapse vier fees!

Die bos is vandag anders, heeltemal anders. Die Wapse is verskriklik besig. Vandag is daar nie Wapse wat rustig loop en blomme pluk, of op die grond sit en koeldrank drink, of na die voëltjies luister nie. Niemand stop eers om ‘n geselsie aan te knoop nie. Almal skarrel rond, want vanaand is dit die Herfs-fees. Ja, dit is herfs in die bos. Die eerste blare aan die grootste boom in die bos het begin verkleur. En dit is die teken vir die Wapse om fees te vier.

Miskien wonder jy hoekom die Wapse nou juis in die herfs feesvier. Miskien sou jy eerder in die lente, of in die somer, fees gevier het. Maar dit doen die Wapse ook! Die Wapse is vreeslik lief vir al die seisoene. Hulle vier aan die begin van elke seisoen fees om daardie seisoen welkom te heet in die bos. Want sien, die Wapse weet hoe belangrik seisoene in die bos is. Hulle weet dat die plante in die winter rus, in die lente weer begin bot, in die somer blom en vrugte dra, en in die herfs weer gereed maak vir die winterslaap. En daarom vier die Wapse fees. Dis herfs in die bos!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask