<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
Beste mnr. Opsigter
Ek is jammer dat jou pragtige papegaai weggevlieg het.
Ek ken hom goed.
Ek het baie vir hom gekuier.
Ek het altyd vir hom grondboontjies geneem.
Hy is baie mak en het die grondboontjies uit my hand geëet.
Ek weet daar is baie gevare daar buite en ek is bang dat hy iets sal oorkom. Nou staan ek soggens vroeg op, ry op my fiets en soek in al die bome rond. Ongelukkig is sy vere dieselfde kleure as die blare van die bome. Ek sal hom nie maklik sien nie, daarom luister ek ook mooi of ek hom nie dalk kan hoor nie. Hy ken 'n paar woorde en het my nage-aap as ek met hom praat.
Ek is baie hartseer. Ek sal nie ophou soek nie.
Ek hoop ons kry hom gou.
Groete
Flippie Swart
LU 3.3.1 | LU 3.3.2 |
Wie het die brief geskryf?
1. F............................................................................................................................
Aan wie het Flippie geskryf?
2. Flippie het ............................................................................................................
3. Wat het Flippie vir die papegaai gegee om te eet? ..............................................
4. Wat het vir Flippie hartseer gemaak? ..................................................................
5. Hoe sal jy voel as jou troeteldier wegraak?
..........................................................................................................................................
6. Hoekom sal Flippie nie maklik die papegaai in die takke kan sien nie?
..........................................................................................................................................
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 2' conversation and receive update notifications?