<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Biodiversiteit: aanpassings en oorlewing

Module 27

Oorlewing: hoe diere by hul leefwyse aangepas is

Tipes Aanpassings

Daar is verskeie soorte aanpassings. In hierdie leereenheid gaan ons kyk na aanpassings by diere ten opsigte van voedingswyse en ten opsigte van beskerming deur middel van kleur.

A. Aanpassings ten opsigte van Voedsel

  • om voedsel te kan bekom
  • om voedsel te kan inneem

B. Aanpassings ten opsigte van Kleur

  • om hulleself te beskerm

A. voedselaanpassings

Alle diere benodig kos om aan die lewe te bly. Nie net moet hulle die kos vind nie maar hulle liggame moet aangepas wees om dit in te neem en ook te verteer.

Die inneem en vertering van voedsel staan saam bekend as VOEDING .

Aktiwiteit:

Om verworwe kennis aan te wend om nuwe kennis te bekom

Die algemeenste voedingsaanpassings is: (Voltooi uit jou voorkennis)

HERBIVORE

KARNIVORE

OMNIVORE

Herbivore

  • Plantmateriaal het nie baie voedingswaarde nie. Herbivore moet dus baie blaarmateriaal eet.
  • Hulle moet groot pense hê om al die materiaal te stoor – party moet herkou.
  • Blare is hard met dorings, hare, growwe stingels en slegte smaak.
  • Herbivore moet dus sterk kaakspiere hê met maaltande

Noem twee voorbeelde van ’n herbivoor uit elk van die volgende kategorieë:

1. soogdiere

2. voëls

3. insekte

Karnivore

  • Vleis het meer voedingswaarde maar dit moet gejag en gevang word.
  • Karnivore moet dus vinnig en sterk wees met kloue of sterk snawels.
  • Hulle moet skerp tande en sterk kaakspiere hê.
  • Hulle hoef nie groot hoeveelhede kos in hul spysverteringskanale te stoor nie.

Noem twee voorbeelde van ’n karnivoor uit elk van die volgende kategorieë:

1. soogdiere

2. voëls

3. insekte

Omnivore

  • Aangesien hulle beide plant- en diermateriaal eet, moet hulle vir beide tipes voedsel aangepas wees: skerp- sowel as maaltande; goed ontwikkelde spysverteringstelsel; moet prooi kan vang.

Noem twee voorbeelde van ’n omnivore uit elk van die volgende kategorieë:

1. soogdiere

2. voëls

3. insekte

Die algemeenste aanpassing ten opsigte van hierdie voedingswyses is die GEBIT in die skedel van die dier.

  • Gebit verwys na die tande in die skedel.
  • Daar is VIER soorte tande.

Skryf die funksies van elk by die onderskeie voedingswyses neer.

Snytande
Herbivoor
Karnivoor
Omnivoor
Oogtande
Herbivoor
Karnivoor
Omnivoor
Voorkieste
Herbivoor
Karnivoor
Omnivoor
Kiestande
Herbivoor
Karnivoor
Omnivoor

HERBIVORE: moet afsny/knaag en maal – dus goeie snytande en maaltande

KARNIVORE: moet byt en skeur – dus goeie snytande en oogtande; kiestande het vorm van skeurtande en nie maaltande nie.

OMNIVORE: alle tande moet ewe goed werk en ontwikkel wees.

LU 2.1; LU 2.4

Aktiwiteit:

Om korrek te identifiseer

Tande

Bestudeer die sketse en beantwoord die vrae wat volg:

1. Watter skets is ’n kiestand? Hoekom sê jy so?

2. Van watter soort dier kom die kiestand waarskynlik?

3. Identifiseer die ander tand en gee ’n rede vir jou keuse.

Skedels en soorte gebit

Bestudeer die volgende sketse en voltooi die opdrag:

Skets 1:

Voedingsoort (herbivoor, karni­voor of omnivoor)

Redes

Dier wat moontlik voorgestel word (bv. skaap)

Skets 2:

Voedingsoort (herbivoor, karni­voor of omnivoor)

Redes

Dier wat moontlik voorgestel word (bv. skaap)

Skets 3:

Voedingsoort (herbivoor, karni­voor of omnivoor)

Redes

Dier wat moontlik voorgestel word (bv. skaap)

Assessering vir UITKENNING:

Kon jy die sketse korrek identifiseer en die vrae beantwoord?

[LU 2.1]

Opdrag:

Ons het nou gekyk na wyses waarop diere ten opsigte van hul gebit en tande by ’n bepaalde voedingswyse aangepas het. Gebruik nou jou kennis van katte, leeus en luiperds en beskryf hoe die liggame van karnivore by dié voedingswyse aangepas het.

[LU 2.4]

B. kleuraanpassings

Elke dier in die natuur is ’n moontlike PROOI vir ’n ander organisme. Hulle moet hulleself dus ten alle koste beskerm – ter wille van OORLEWING.

Ter illustrasie van maniere om vyande te uitoorlê, kyk ons na KLEURAANPASSINGS :

  • Kamoeflering (kleuraanpassing – om onherkenbaar te wees)
  • Waarskuwings (kleuraanpassing om te waarsku – gif of slegte smaak)

Mimikrie (nabootsing)

Kamoeflering

Die dier wil met sy natuurlike omgewing saamsmelt deur:

Kleur, bv. groen sprinkaan op gras

Patrone, bv. mot op boombas

Strepe, bv. sekere paddas tussen riete

Vlekke, bv. naguil se vlerke

Kleurveranderinge, bv. verkleurmannetjie of visse

Baie mariene diere het ’n blinkwit onderkant en donker bokant

Kleurveranderinge met seisoene bv. poolvos

Kleuraanpassings wat met vormaanpassing gepaard gaan, bv. stokinsekte of landmeterruspe

Waarskuwende kleure

  • Die dier het opvallende of helder kleure maar wil waarsku teen slegte smaak, giftigheid of ’n onaangename stof.
  • Hulle het gewoonlik rooi, geel of wit kleuring op swart.
  • Byvoorbeeld:

Stinksprinkaan

Stinkmuishond

Skilpadkewers

Wespe

  • Ander, soos sekere motte (bv. die dennepoumot) het groot vlekke wat soos oë lyk om predatore af te skrik.

Mimikrie

  • In hierdie aanpassing boots die een gewoonlik ’n ander spesie na wat reeds suksesvolle oorlewing toon. Veral insekte maak hiervan gebruik.
  • Die een insek is die MODEL
  • Die ander is die NABOOTSER
  • Die swaelstertskoenlapper 9eerste skoenlapper) is ’n goeie voorbeeld van ’n na-aper. Die melkbosskoenlapper is die model.

’n Ander voorbeeld is vlieë wat wespe of bye naboots.

Aktiwiteit:

Om kleuraanpassings te identifiseer

Bestudeer die sketse en sê watter soort aanpassing telkens ter sprake is.

Assessering vir TOEPASSING:

Kon jy die korrekte aanpassings identifiseer?

[LU 2.4]

Assessering

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Oorlewing - dieraanpassings

Aktiwiteit: UITKENNING – tande en gebit

  • Kry voorbeelde van skedels vir lesing

Aktiwiteit: IDENTIFISEER - KLEURAANPASSINGS

  • Knip-en-plak-aktiwiteit

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask