<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Die aarde en die heelal

Module 23

Gronderosie

Aktiwiteit:

Om oor gronderosie en goeie boerderymetodes te kan praat

[lu 1.3; 2.1; 2.2]

Gronderosie

  • Het jy al ooit op ‘n winderige dag langs die see gestap en gevoel hoe sandkorrels teen jou bene waai? Dit gebeur gereeld in die natuur dat die wind gronddeeltjies, maar veral sand, optel en na ‘n ander area verplaas.

Groepopdrag:

Julle benodig : ‘n vierkantige houtblokkie, ‘n haardroër, growwe en fyn sand, en ‘n leë ysbakkie.

Plaas ‘n hopie sand op die houtblokkie.

Plaas die blok en die ysbakkie teenmekaar.

Hou die haardroër naby die sand en blaas die sand in die ysbakkie in.

Skryf jou waarneming neer.

Kom ons pas toe wat jy nou geleer het.

  • Gedurende ‘n stofstorm word die fynste gedeeltes sand hoog deur die lug gedryf, terwyl die growwer deeltjies ongeveer ‘n meter bokant die grond beweeg. Op hierdie wyse word duine by die see of in ‘n woestyn gedurig verskuif. Ongelukkig kan die wind egter op hierdie wyse ook gronderosie veroorsaak. As oorbeweiding plaasvind, plante uitgeroei word of die veld op die verkeerde tyd gebrand word, word die boonste laag grond blootgestel en kan die wind erosie veroorsaak.
  • Water kan nog ernstiger gronderosie veroorsaak as daar byvoorbeeld êrens teen ‘n skuinste nie voldoende plante groei nie.

Goeie boerderymetodes

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Hoekom moet natuurlike plantegroei nie sonder meer verwyder word nie?

2. Hoekom kan voetpaadjies nadelig vir die veld wees?

3. Ervare veeboere hou daarvan om baie kampe te maak en om water na elke kamp aan te lê.

(a) Hoekom?

(b) Hoe het boere in vroeër jare, toe hulle nog nie materiaal gehad het om kampe te maak nie, die probleem opgelos?

4. Kyk na die skets wat wys dat ‘n boer wat ‘n wingerd, vrugteboord of mielieland op ‘n heuwelagtige plaas wil aanlê, die grond op twee maniere kan voorberei.

Sê watter een van die twee maniere jy sou aanbeveel en verduidelik hoekom.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou;

2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.

Memorandum

Boerderymetodes

  1. Erosie, suurstof-/koolstofdioksiedbalans (samestelling van lug, osoonlaag), diere is afhanklik van plante as voedsel, vir beskerming, ens.
  2. Plante word doodgetrap, grond word hard, geen humus, as dit baie reën, spoel boonste laag weg, erosie begin.
  3. Redes vir kampe
    1. Voorkom oorbeweiding op bepaalde plekke, en vorming van voetpaadjies as diere altyd na dieselfde waterbron elders moet loop.
    2. Getrek na dele waar nog weiveld en water is.

4. Die metode waar die ploegwerk dwars teen die helling gedoen word, aangesien dit verspoeling en erosie voorkom.

Questions & Answers

if three forces F1.f2 .f3 act at a point on a Cartesian plane in the daigram .....so if the question says write down the x and y components ..... I really don't understand
Syamthanda Reply
hey , can you please explain oxidation reaction & redox ?
Boitumelo Reply
hey , can you please explain oxidation reaction and redox ?
Boitumelo
for grade 12 or grade 11?
Sibulele
the value of V1 and V2
Tumelo Reply
advantages of electrons in a circuit
Rethabile Reply
we're do you find electromagnetism past papers
Ntombifuthi
what a normal force
Tholulwazi Reply
it is the force or component of the force that the surface exert on an object incontact with it and which acts perpendicular to the surface
Sihle
what is physics?
Petrus Reply
what is the half reaction of Potassium and chlorine
Anna Reply
how to calculate coefficient of static friction
Lisa Reply
how to calculate static friction
Lisa
How to calculate a current
Tumelo
how to calculate the magnitude of horizontal component of the applied force
Mogano
How to calculate force
Monambi
a structure of a thermocouple used to measure inner temperature
Anna Reply
a fixed gas of a mass is held at standard pressure temperature of 15 degrees Celsius .Calculate the temperature of the gas in Celsius if the pressure is changed to 2×10 to the power 4
Amahle Reply
How is energy being used in bonding?
Raymond Reply
what is acceleration
Syamthanda Reply
a rate of change in velocity of an object whith respect to time
Khuthadzo
how can we find the moment of torque of a circular object
Kidist
Acceleration is a rate of change in velocity.
Justice
t =r×f
Khuthadzo
how to calculate tension by substitution
Precious Reply
hi
Shongi
hi
Leago
use fnet method. how many obects are being calculated ?
Khuthadzo
khuthadzo hii
Hulisani
how to calculate acceleration and tension force
Lungile Reply
you use Fnet equals ma , newtoms second law formula
Masego
please help me with vectors in two dimensions
Mulaudzi Reply
how to calculate normal force
Mulaudzi
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask
Dravida Mahadeo-J...
Start Quiz
Yasser Ibrahim
Start Quiz
Szilárd Jankó
Start Quiz
Caitlyn Gobble
Start Exam