<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Ekosisteem en omgewingsbalans

Opvoeders afdeling

Memorandum

Volgorde:

B;

D;

C;

A

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om te verstaan hoe diere en insekte verskil ten opsigte van voortplanting/lewensiklus [lu 2.3]

(i) Diere verskil ook ten opsigte van hul voortplanting

Party kleintjies lyk net soos die volwassene by geboorte, maar ander moet eers ‘n gedaanteverwisseling (verandering of metamorfose) ondergaan voordat hulle soos die volwassene lyk. Sommige diere ondergaan ‘n gedeeltelike gedaanteverwisseling en ander ‘n volledige gedaanteverwisseling. ‘n Volledige gedaanteverwisseling bestaan uit die volgende stadiums: eier word gelê; larwe broei uit; ontwikkel in ‘n papie waaruit die volwassene uiteindelik ontwikkel.

INSEKTE: VRUGTEVLIEË

Vrugtevlieë behoort aan die Drosophilia-familie en is veral bekend as laboratoriumdiere waarmee daar proefnemings gedoen word. In die natuur kan hierdie vlieë soms groot skade in vrugteboorde aanrig as hulle nie betyds bestry word nie.

Volwasse vrugtevliegwyfies lê hul eiers in die skil van die vrugte wat dan vinnig sleg word en afval van die bome af. Die verrottende vrugtevleis is die voedingbron vir die larwe wat uitbroei. Die larwe kruip na ‘n paar dae in die grond en verander in ‘n papie. Na ongeveer twee tot drie weke kom die volwasse vlieg uit die papie te voorskyn.

Om die vrugtevlieg te bestry, moet sowel die volwasse vlieg wat die vrugte in die bome besmet as die grond onder die bome waar die papies is, met plaagmiddels behandel word.

Een wyfie kan 15 tot 50 eiers per dag lê en kan tot 900 eiers in ‘n leeftyd lê. Die hele lewensiklus van ‘n vrugtevlieg neem ongeveer twee weke. Voordat paring plaasvind, moet die manlike vlieg eers die wyfie hofmaak. Die wyfie sal hom slegs aanvaar as hy volwasse is en van dieselfde spesie as sy is. Die wyfie herken ‘n mannetjie van dieselfde spesie deur haar sig, gehoor en reuksin.

Opdrag 9

Die volgende skets stel die lewensiklus van die vrugtevlieg voor, maar in die verkeerde volgorde. Plaas dit in die korrekte volgorde en maak dan jou eie illustrasie van die volledige gedaanteverwisseling van die vrugtevlieg.

Groepassessering

Volgorde korrek 1 2 3 4
Kreatiewe voorstelling ______ ______ ______ ______
Sketse/illustrasies in verhouding ______ ______ ______ ______
Byskrifte ______ ______ ______ ______
Volgorde korrek ______ ______ ______ ______

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask