<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Grafiese kommunikasie

Module 5

Moderne meetinstrumente

Meet en teken met moderne meetinstrumente

OPDRAG 1:

Afmetings

[LU 1.3]

Meet die lengtes van die aangeduide lynstukke in mm in die volgende skets. Skryf dit neer op 'n kopie van die tabel.

Watter meetinstrument is die geskikste?

(a) (f)
(b) (g)
(c) (h)
(d) (i)
(e) (j)

Wenk aan onderwyser:

Laat ‘n speling van ± 2 mm na weerskante toe, maar moedig leerders tog aan om baie noukeurig te meet.

Agtergrond:

Wat is ‘n lynstuk?

Die lynstukke waaruit die bogetekende skets saamgestel is, is hoofsaaklik HORISONTAAL, VERTIKAAL, DIAGONAAL (skuins) of GEBOË.

Wat is ‘n horisontale lyn?

Wat is ‘n vertikale lyn?

Wat is ‘n diagonale lyn?

Wat is ‘n geboë lyn?

OPDRAG 2:

Kyk weer na die skets in Opdrag 1 en beantwoord die volgende vrae:

[LU 1.3]

  1. Skryf die letters van enige drie horisontale lyne neer in die skets.
  2. Hoeveel diagonale lyne is in die skets?
  3. Skryf die letters van enige twee vertikale lyne in die skets.
  4. Trek die HORISONTALE lyne rooi, die VERTIKALE lyne blou en die DIAGONALE lyne groen oor in die skets.
  5. Watter tipe lyn is (k)? Kan jy die lengte van (k) meet?

Hoe?

OPDRAG 3:

Om lyne met instrumente te teken

[LU 1.3]

Ontwerp en teken met behulp van ‘n liniaal en die vier tipes lyne enige voorwerp op hierdie geruite papier (Bylae 1).

OPDRAG 4:

Om lyne met instrumente te teken

[LU 1.8]

a. Teken ‘n horisontale lyn van 50 mm met jou liniaal. Volg die instruksies.

  1. Trek ‘n horisontale lyn oor die bladsy (sowat 150 mm).
  2. Maak ‘n vertikale strepie links op die lyn.
  3. Plaas die 0-afmeting van jou liniaal op die merkie.
  4. Meet 50 mm af en maak ‘n vertikale strepie regs.
  5. Skryf 50 mm onder die afgemete lynstuk.

b) Trek ‘n diagonale lyn van 70 mm met jou liniaal. Volg die bogenoemde instruksies.

Uitdaging:

Probeer ook die kubus met ‘n hoek van 45º na regs teken.

Agtergrond:

Hierdie twee lyne is PARALLEL aan mekaar getrek.

Hoe sou jy parallelle lyne beskryf?

OPDRAG 5:

Verhouding

[LU 1.3]

Trek ‘n lyn parallel aan elk van die volgende:

Agtergrond:

Voltooi : Die punt waar twee lyne mekaar ontmoet, word ‘n _ genoem. Die grootte van ‘n hoek word in GRADE gemeet en ons gebruik ‘n GRADEBOOG om die grootte van ‘n hoek te meet.

Wanneer ‘n vertikale lyn ‘n horisontale lyn loodreg ontmoet, word ‘n gevorm. So ‘n hoek is 90 o groot.

Ons kan ‘n lynstuk ook ‘n GESTREKTE HOEK noem. So ‘n hoek is 180 o groot.

Wanneer ‘n hoek tussen 0 o en 90 o is, word dit ‘n SKERPHOEK genoem en wanneer ‘n hoek tussen 90 o en 180 o is, word dit ‘n STOMPHOEK genoem.

Skerphoek

Stomphoek

OPDRAG 6:

[lu 1.2]

Skryf watter soort hoek elk van die volgende is:

Wenk:

Draai die bladsy so dat een sy van die hoek horisontaal lê en besluit dan. Gebruik 'n raamwerk soos die volgende vir jou antwoorde.

(a) (e)
(b) (f)
(c) (g)
(d)

OPDRAG 7:

Teken twee voorbeelde van elke tipe hoek met jou potlood en liniaal.

[LU 1.3]

a. ‘n Regtehoek

b. ‘n Skerphoek

c. ‘n Stomphoek

Agtergrond:

As ons sekere lynstukke en van bogenoemde drie hoeke kombineer, kry ons MEETKUNDIGE FIGURE. Dit word ook twee-dimensionele vorms genoem, omdat hulle plat vorms of vlakke is. Lyne wat een-dimensioneel is, word in tekeninge gebruik om twee-dimensionele fatsoene of vlakke te vorm. Die meeste twee-dimensionele figure het twee dimensies, naamlik lengte en breedte.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask