<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 1

‘n klasgesprek

Gesels ‘n bietjie as ‘n klas oor die skoollewe. Om skool toe te gaan is mos nie altyd so sleg nie.

Elkeen van julle kry nou ‘n beurt om die volgende vraag te beantwoord:

(a) Waarvan hou jy by die skool?

Jou antwoord kan begin met:

Ek hou van
of
Ek hou daarvan

Onthou dat ons nie van mense praat nie, maar van dinge en aktiwiteite.

(b) Waarvan hou jy nié by die skool nie?

Jou antwoord kan weer begin met:

Ek hou nie van
of
Ek hou nie daarvan

Weer eens praat ons nie van mense nie .

(c) Jy probeer nou die volgende by jou maat vasstel:

  • sy/haar gunsteling vak;
  • sy/haar gunsteling sport;
  • sy/haar gunsteling kultuuraktiwiteit.

Jy stel vrae waarop sy/hy ja of nee antwoord totdat jy reg geraai het.

Ruil om sodat jou maat vir jou die vrae vra.

LU 2.2.1

(d) Joseph Valentine en Saviwe Tibe se gunstelinge is in kodevorm geskryf. Kan jy die vakke, sportsoorte en kultuuraktiwiteite ontsyfer?

Skryf die letters van die alfabet van die laaste tot die eerste letter en nommer elke letter vanaf een, bv. Z=1; Y=2; X=3, ens.

Joseph

Saviwe

LU 3.7.5

VOER ‘N ONDERHOUD

Verdeel weer in groepe van twee. Een van julle is ‘n onderhoudvoerder en die ander een beantwoord die vrae. Die onderhoudvoerder is ’n joernalis wat ‘n onderhoud vir sy koerant met ‘n leerder van ‘n skool moet voer. Die joernalis wil soveel moontlik inligting oor die skool inwin om ‘n artikel oor die skool in die plaaslike koerant te plaas.

Hier is ‘n paar wenke vir die vrae wat gevra behoort te word:

  • Skool se naam en ligging?
  • Wanneer gestig?
  • Leuse?
  • Skoolhoof?
  • Aantal leerders?
  • Sportsoorte aangebied?
  • Kultuurlewe en verenigings?
  • Uitstappies?
  • Fondsinsamelings?
  • Oud-leerders wat bekendheid verwerf het?
  • Ander presteerders? ens.

3. INLIGTINGSTUK

Voltooi die volgende inligtingstuk oor julle skool skriftelik.

Foto of skets van julle skool:

  1. Wat is jou skool se naam?
  2. Wat is jou skool se adres?
  1. Wanneer is die skool gestig?
  2. Hoeveel leerders is in julle skool?
  3. Wie is julle skoolhoof?
  4. Wat is die skool se leuse?
  5. Watter kleur(e ) is die skooldrag?
  6. Aan watter sportsoorte kan julle deelneem?
  7. Aan watter kulturele aktiwiteite kan julle deelneem?
  8. Hoe laat begin julle skooldag?
  9. LU 4.1.1
    Hoe laat eindig julle skooldag?..............

4. GROEPSGESPREK

Gesels in julle groepe hoekom ‘n mens skool toe moet gaan en ook oor hoekom ‘n mens nié skool toe hoef te gaan nie.

Skryf twee paragrawe oor die twee onderwerpe en verduidelik die redes kortliks.

(a) Dit is noodsaaklik om skool toe te gaan.

(b) Dit is nie noodsaaklik om skool toe te gaan nie.

LU 4.7.2

5. STILLEES

Lees hoe ‘n seun wat in Engeland woon se skooldag verloop.

My naam is Harry Joyce en ek woon in Surrey, Engeland. Ek is in ‘n seunskool. Daar is 379 seuns in ons skool. My skooldag begin elke oggend om 8:15 en eindig elke middag om 17:30. Ons eet almal middagete saam in die skoolsaal. Vanaf 14:45 tot 16:15 moet al die seuns aan sport deelneem.

Dis nou winter en ons speel almal rugby, sokker en hokkie. My gustelingvak is Latyn. Ek vaar ook baie goed in Frans. Ons Franse onderwyser, Madame Mullon, is baie kwaai. Ons klas gaan volgende week vir ‘n opvoedkundige toer Frankryk toe. Ek is baie opgewonde, want ons reis per bus tot by Dover en dan met ‘n veerboot tot by Calais waar ons toerbus vir ons wag.

Beantwoord die volgende vrae deur slegs ‘n kruisie in die toepaslike kolom te maak.

Waar Onwaar Onvoldoende bewyse
a. Harry is in ‘n skool waarheen slegs seuns gaan.
b. Harry se ma pak nie vir hom ‘n kospakkie vir skool nie.
c. Die enigste sportsoorte by sy skool is rugby, sokker en hokkie.
d. Harry vaar baie goed in Latyn
e. Sy Franse onderwyser is ‘n vrou.
f. Hy gaan vakansie hou in Frankryk.
g. Dover is ‘n dorp in Engeland.
h. Calais is ‘n dorp in Frankryk.
i. ‘n Veerboot is ‘n boot wat vere vervoer.
j. Hulle gaan per bus in Frankryk toer.
LU 3.6.3

Assessering

LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid funksies: gee uitdrukking aan menings en gevoelens, maak keuses, gee raad en maak voorstelle (soos: Ek dink jy moet ...);
2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende situasies wat verskillende soorte taalgebruik behels (soos formele en informele telefoongesprekke);
2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke van gesproke taal te gebruik om te kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie, ritme;
2.4 begin sosiale en etiese kwessies debatteer:
2.4.2 betrek ander by die bespreking (soos: Wat dink jy?);
2.4.3 onderbreek die bespreking op ‘n hoflike wyse (soos: Verskoon my ...);
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.6 gebruik leesstrategieë:
3.6.3 begin om leesspoed te verbeter en te evalueer;
3.7 lees vir genot:
3.7.2 lees enkele nuwe tekssoorte (soos ‘n roman);
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels);
3.8 toon begrip van die gebruik van naslaanwerke:
3.8.2 gebruik ‘n woordeboek en verstaan ‘n woordeboekinskrywing (spelling, klem, uitspraak, woordsoort, betekenis).
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 vul vorms en roosters in;
4.5 ontwerp mediatekste:
4.5.2 gebruik ‘n raam om ‘n eenvoudige brosjure te ontwerp;
4.6 benader skryf as ‘n proses:
4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om te redigeer;
4.7 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.7.2 begin om bewustelik vanuit ‘n sekere perspektief te skryf.

Memorandum

  1. (d)
  • tegnologie
  • tennis
  • drama
  • Xhosa
  • netbal
  • koor

5.

(a) Waar

(b) Onvoldoende besonderhede

(c) Onwaar/Onvoldoende besonderhede

(d) Waar/Onvoldoende besonderhede

(e) Waar

(f) Onwaar

(g) Waar

(h) Waar

(i) Onwaar

(j) Waar

Questions & Answers

what is biology
Hajah Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environments
AI-Robot
what is biology
Victoria Reply
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
in what situation (s) would be the use of a scanning electron microscope be ideal and why?
Kenna Reply
A scanning electron microscope (SEM) is ideal for situations requiring high-resolution imaging of surfaces. It is commonly used in materials science, biology, and geology to examine the topography and composition of samples at a nanoscale level. SEM is particularly useful for studying fine details,
Hilary
cell is the building block of life.
Condoleezza Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask