Daar is verskillende stadiums in die vervaardiging en voorsiening van kledingstukke.
Voordat jy kan klere maak, het jy eers ‘n patroon nodig. Patrone is bloot velle papier / karton. Elke patroondeel word presies gevorm en dien as meester waarvan jy die regte kledingstuk se verskillende dele uit kledingstowwe knip. Jy kan vir elke tipe kledingstuk ‘n ander patroon koop, of, soos kleremaaksters, slegs ‘n basiese patroon neem en dit aanpas volgens behoefte. Voordat jy egter ‘n patroon kan knip, moet jy eers weet wat jou mate is.
Die neem van jou mate
Gebruik ‘n meetband en teken die volgende mate op die tabel aan. Jy mag dalk iemand nodig hê om jou met sommige van die mate te help. Kyk goed na die skets op die volgende bladsy om te verseker dat die presiese mate geneem word.
Hier volg ‘n paar belangrike riglyne:
Probeer om te ontspan terwyl jou mate geneem word.
Indien jy jou maag intrek, mag die kledingstuk later te nou om jou middellyf wees.
Neem jou mate liewer ‘n bietjie te groot as te klein. Dit is maklik om af te sny, maar jy kan nie weer aanlas nie.
Indien ‘n maat nie presies tot op ‘n sentimeter uitwerk nie, word dit afgerond na die volgende sentimeter.
Jou liggaam groei nog en jy moet voorsiening maak daarvoor.
Mate
My mate in cm
Skouerlyn
Skouer tot middel
Skouer tot heup
Skouer tot bors
Bors
Arm
Middel
Heuplyn
Binnebeen
Buitebeen
GESELS MET JOU MAAT :
Hoe sou jy die mate hierbo aanpas wanneer jy beplan om ‘n lospassende T-hemp te maak?
Moet patroondele presies die grootte van die kledingstuk wees?
Hoe kan ‘n mens aandui waar die verskillende patroondele aanmekaar gestik moet word?
Van watter materiaal / tipe papier moet patroondele gemaak wees?
Die patroon
Hieronder is ‘n tipiese patroon vir ‘n kledingstuk. Watter tipe kledingstuk dink jy gaan hiervan gemaak word?
Die vaste lyn dui die patroonrand waarlangs gesny moet word, aan.
Die stippellyn wat 15 mm binne die vaste lyn lê, dui die lyn aan waar jy die patroondele moet vaswerk.
Hierdie 15 mm is die naat.
Jy moet ten minste 30 cm onderaan die kledingstuk aansny vir some.
Die enkel- en dubbelmerkies dui aan waar die patroondele op mekaar pas.
Die pyl dui aan hoe die patroondeel op die materiaal uitgelê moet word om dit uit te knip.
Nuwe woorde
Naat: ‘n ry steke wat die dele van die kledingstuk aanmekaar heg.
Soom: wanneer jy die rafelkante onderaan hempsmoue, rokke en broekspype invou en vaswerk
Die produk
Die ontwerp van my eie patroon
Voordat jy hiermee kan begin, is daar eers ‘n paar vrae wat jy vir jouself sal moet beantwoord:
Wat moet die lengte van die hemp wees?
Moet dit ‘n ronde of V-hals hê?
Die nekopening moet maklik oor jou kop kan gaan. Hoe gaan jy
dit regkry?
Moet die hemp nousluitend of lospassend wees?
Watter tipe materiaal is geskik vir die doel van die hemp?
Watter tipe kledingstof gaan jy gebruik?
Moet dit sag / rekbaar / waterabsorberend wees?
Moet dit duur wees? Vir watter doel gaan jy die hemp gebruik?
Moet die kledingstof bont of effekleurig wees?
Gaan jy dit met enige verf- of appliekwerk versier?
Moet die materiaal kreukeltraag wees? Is jy lief vir stryk?
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life