In die klaskamer is ‘n klomp vrugte en/of groente neergesit. Jy moet nou ‘n deel daarvan teken en dan verf. Eers moet ons ‘n
raampie maak sodat ons ‘n deel kan selekteer wat ‘n bevredigende
komposisie sal uitmaak.
Neem ‘n stuk papier, vou dit in twee en knip of skeur:
Kyk nou deur die raampie en kies die gedeelte wat jy wil teken. Voordat jy begin teken, beantwoord eers die volgende vrae:
Ek sien nie meer as drie groentes en/of vrugte binne my raampie nie. Waar of vals?
Die groente of vrug met die sterkste kleur is ongeveer in die middel van my raampie. Waar of vals?
Die deel wat ek deur my raampie sien, is nie swaarder of ligter aan die een kant nie. Waar of vals?
Indien een of meer van hierdie stellings ‘vals’ is, verander dit na ‘waar’ deur die raampie effens te skuif.
Teken dan slegs daardie gedeelte op jou papier.
Kies nou enige geometriese vorm, soos byvoorbeeld ‘n sirkel, ‘n vierkant, ‘n reghoek, ensovoorts, en teken dit bo-oor jou tekening. Jy gaan alles wat binne die geometriese vorm is in warm kleure verf en alles buite die geometriese vorm in koue kleure. Vra eers vir Juffrou of Meneer wat warm en koue/ koel kleure is.
Gebruik vervolgens die drie primêre kleure, geel, rooi en blou, om die kleure van die groente en/of vrugte wat jy geteken het, te skilder. Moenie die wit en swart vergeet om die dele wat lig en donker is, aan te dui nie. Jy kan ook ‘n
primêre kleur met ‘n
sekondêre kleur meng om ‘n
tersiêre kleur te kry.
Aktiwiteit 2: (groepwerk/individueel)
In julle groepies gaan julle nou elkeen een groente- of vrugtesoort, wat eie aan Afrika is, van
papier mâché (‘n mengsel van stysel of plakpapierlym en opgeskeurde stukkies koerantpapier) maak.
Gebruik die ronde vorm wat Juffrou of Meneer vir jou gevra het om klas toe te bring en plak ‘n eerste laag van stukkies koerantpapier wat deur die stysel of lym getrek is, daarop. Onthou om die stukkies papier te laat oorvleuel!
Laat dit eers bietjie droog word en plak dan die tweede laag, ensovoorts. Bou so die vorm van die vrug of groentesoort – hulle is nooit heeltemal rond nie. Jy is dus besig om ‘n
drie-dimensionele voorwerp te skep. ‘n Drie-dimensionele voorwerp is nie plat of twee-dimensioneel soos ‘n stuk papier nie.
Wanneer die groente of vrugte droog is, kan dit geverf word. Nou kan julle as groep besluit hoe julle die groente/ vrugte wil rangskik in ‘n houer soos ‘n bak of iets dergeliks. Dit kan ook as rekwisiete vir die drama gebruik word.
Assessering
Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKING Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
ALGEMEENt.o.v. 3.1 – 3.6 hieronder, die volgende toon:
samewerking met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
die vermoë om eie bydraes binne groepverband te lewer;
aanvaarding van medeleerders;
VISUELE KUNS (3.6)
hulpbronne en materiaalkeuse deel en die keuse van ‘n onderwerp onderhandel vir ‘n groepprojek met die klem op:
gesamentlike besluitneming;
aanbieding;
veiligheid;
die omgewing;
kulturele diversiteit;
Questions & Answers
where we get a research paper on Nano chemistry....?
Do u think that Graphene and Fullrene fiber can be used to make Air Plane body structure the lightest and strongest.
Rafiq
Rafiq
what is differents between GO and RGO?
Mahi
what is simplest way to understand the applications of nano robots used to detect the cancer affected cell of human body.?
How this robot is carried to required site of body cell.?
what will be the carrier material and how can be detected that correct delivery of drug is done
Rafiq
Rafiq
if virus is killing to make ARTIFICIAL DNA OF GRAPHENE FOR KILLED THE VIRUS .THIS IS OUR ASSUMPTION
Anam
analytical skills graphene is prepared to kill any type viruses .
Anam
Any one who tell me about Preparation and application of Nanomaterial for drug Delivery
The nanotechnology is as new science, to scale nanometric
brayan
nanotechnology is the study, desing, synthesis, manipulation and application of materials and functional systems through control of matter at nanoscale
Damian
Is there any normative that regulates the use of silver nanoparticles?