<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 6

Krities en kreatiewe refleksie

Module 9

Historiese agtergrond van danse van ouer mense

Dans

Deur hierdie aktiwiteit sal jy die wonderlike wêreld van dans ontdek en meer uitvind oor die historiese agtergrond van die danse van ouer mense.

Aktiwiteit 1:

Om navorsing te doen oor danse soos gedoen deur vorige geslagte die troue

[lu 2.1]

Agtergrond: Sosiale Dans

Dans: die mees artistiese van sosiale tydverdrywe en die mees sosiale van artistiese tydverdrywe.

In alle gemeenskappe vorm dans ‘n integrale deel van mense se leefstyl. Dans is nie net ‘n weerspieëling van die lewe nie, maar ook ‘n basiese menslike uitdrukking van die lewe self.

Terwyl die aanvanklike motivering om te dans meeste van die tyd ‘n sosiale een is en die struikelblok om die dans te leer uit die weg geruim is, vind baie mense die musiek, die atmosfeer en die dans die geleentheid om ‘n nuwe persona aan te neem. In ‘n oomblik kan die danser geestelik en emosioneel weggevoer word na omtrent enige scenario van hulle keuse – ‘n Texas dansplaas, ‘n elegante gala-bal in Wene, ‘n Karibiese strandpartytjie, ‘n deftige dansete in London se Weseinde, ‘n agterstraatse kroeg in Buenos Aires, ‘n karnaval in Copacabana, ‘n klub in ou Havana, ‘n bulgeveg in Valencia, ‘n New York-nagklub of ‘n kafee in Parys!

Die musiek en die plek skep die atmosfeer, maar dit is die danser wat sy eie individualiteit deur middel van die taal van dans uitdruk.

Jy hoef nie ‘n goeie danser te wees om die dans, die musiek, die stemming, die atmosfeer en, natuurlik, die sosiale lewe te geniet nie. Dans is toeganklik vir almal, ongeag hulle ouderdom of vaardigheid.

Dans is ook ‘n wonderlike manier om fiks te bly – fisies sowel as geestelik, en die wonder van dans is dat dit soveel pret is om te doen!

Dui die kulture van die volgende danse aan.

Die Dans Die Kultuur Van Dans
Wals
Two-step
Lyndans
Volkspele
Tradisionele Afrika-dans
Foxtrot
Indiese danse
Rock ‘n Roll
Jive
Paso Doble
Lambada
Tango

Navorsingsopdrag

  • Doen navorsing oor die bruilofsritueel van jou kultuur.
  • Fokus op die inhoud, doel en unieke eienskappe van die sosiale danse wat op troues gedans word.
  • Probeer om die volgende te vind om jou aanbieding te versterk:

- musiek

- rekwisiete

- kostuums

- grimering

- prente

  • video’s

Aanbiedingsvraelys:

1. Hoekom het jy hierdie spesifieke kultuur vir jou navorsing gekies?

2. Sal jy graag meer oor hierdie dans wil leer en dit ook kan dans?

3. Wat was die interessantste deel van jou navorsing? Waarom?

4. Het jy van die musiek of begeleiding gehou? Waarom?

5. Is daar ‘n ander kultuur se dans wat jy eerder sou wou navors? Waarom?

6. Wat is die ooreenkomste tussen die verskillende kulture in jou klas se danse?

7. Wat sê die bewegings van die dans vir jou oor die kultuur?

8. Beskryf die sekwens van die dans:

- Hoe begin dit?

- Wat gebeur volgende?

- Hoe eindig dit?

9. Watter bewegings is min of meer dieselfde as dié wat jy by jou klasmaats geleer het?

10. Is dans vandag dieselfde as die danse wat jy nagevors het? Hoe is hulle eenders of verskillend?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
REFLEKSIE Die leerder is in staat om krities en kreatief op artistieke en kulturele prosesse, produkte en style van die verlede en die hede te reflekteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
2.1 die historiese agtergrond van danse gedoen deur hulle ouers navors ten opsigte van sosiale en kulturele inhoude, doel en unieke eienskappe;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11006/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask