<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 6

‘n eie sakeonderneming

Module 11

Begin jou eie besigheid

1. Begin jou eie besigheid

Sou jy graag eendag die baas wil wees van jou eie besigheid?

Wat noem ons ‘n persoon wat ‘n sekere behoefte of begeerte raaksien, ‘n blink idee kry om ‘n produk of diens te lewer en dan ‘n besigheid begin om daardie behoefte of begeerte te bevredig?

‘n E r.

'n Entrepreneur omskep dus ‘n behoefte wat hy geïdentifiseer het in ‘n besigheid.

Dié besigheid kan goedere of dienste wees wat gelewer word.

Wat is goedere?

Dit is produkte wat vervaardig moet word wat jy dan kan koop.

Wat is dienste?

Dit is mense wat ‘n sekere werk vir jou doen en jy betaal hulle daarvoor.

Aktiwiteit 1:

Om tipiese besighede in my dorp/stad te identifiseer

[lu 4.2]

a) Voltooi die tabel deur die name neer te skryf van vyf besighede in jou dorp/stad wat goedere lewer en vyf besighede wat dienste lewer.

Goedere Dienste
1
2
3
4
5

Daar is ook besighede wat handel dryf deur produkte te verkoop wat in fabrieke vervaardig is.

b) Voltooi die tabel deur die name neer te skryf van drie besighede wat handel dryf in klerasie en voedsel.

Klerasie Voedsel
1
2
3

Winkels wat goedere verkoop, bedryf FORMELE handel, terwyl straathandelaars of smouse, vlooimarkte en kattebakverkopings, voorbeelde is van INFORMELE handel.

Aktiwiteit 2:

Om my eie potensiaal as entrepreneur te ontleed

[lu 4.1]

  • Om ‘n eie besigheid te kan begin, moet jy sekere persoonlikheidseienskappe hê. Kom ons kyk of jy moontlik ‘n entrepreneur is. Antwoord Ja , Nee of Miskien op elk van die volgende vrae deur ‘n kruisie in die toepaslike kolom te maak:
Nr. Eienskap Ja Miskien Nee
A Ek hou daarvan om dinge op my eie te doen.
B Dis nooit vir my ouers nodig om vir my te sê om met my huiswerk te begin nie.
C Ek hou van mense oor die algemeen en wil graag met almal in vrede leef.
D Ek hou daarvan om vir ander te sê wat om te doen.
E Ek kry dit reg om mense te oorreed om saam met my ‘n ding te doen.
F Ek aanvaar maklik die skuld as iets verkeerd loop en ek verantwoordelik is daarvoor.
Nr. Eienskap Ja Miskien Nee
G Ek beplan my huiswerk deeglik voordat ek daarmee begin, sodat ek dit alles kan klaarkry.
H Ek kom dikwels met voorstelle om iets anders te doen in my vriendekring.
I As ek sukkel met ‘n huiswerkprobleem, hou ek aan totdat ek dit regkry. Ek gooi nie gou tou op nie.
J Ek kan vinnig ‘n regte besluit neem.
K My maats kan op my staatmaak, want ek probeer altyd eerlik wees.
L Ek maak grappies en probeer positief bly as dinge sleg lyk.
M Ek hou daarvan om te waag en vat maklik kanse.

Tel jou hoeveelhede Ja’s, Miskiene en Nee’s en skryf dit onder neer.

Interpretasie van antwoorde:

  • Ja : 9 – 13! Jy het ‘n kop vir besigheid. Laat jou drome waar word.
  • Ja : 5 – 8 Jy het die potensiaal, maar sal daaraan moet werk.
  • Ja : 1 – 4 Werk aan jou probleemareas. Wonderwerke gebeur nog, of probeer om saam met iemand anders wat jou aanvul, ‘n besigheid te begin.

Jy moet ‘n sekere persoonlikheid hê om ‘n suksesvolle entrepreneur te kan word en jy moet ook jou sterk en swak punte ken.

Die eerste stap voordat jy ‘n besigheid wil begin, is om te beplan. Jy moet beplan watter produk jy wil lewer, waar jy die produk wil verkoop, hoeveel dit jou gaan kos , aan wie jy die produk wil lewer en hoe jy die geld in die hande gaan kry om jou besigheid te begin.

Voordat jy kan begin beplan aan jou eie besigheid, is dit nodig om ‘n geleentheid te identifiseer in jou onmiddellike omgewing, sodat jou besigheid darem ‘n kans het om suksesvol te wees.

2. Wanneer is ‘n besigheid suksesvol?

  • Dit is wanneer dit meer geld inbring (inkomste) as wat dit uitgee (uitgawes). Dit maak dus ‘n wins.
  • ‘n Besigheid het gewoonlik baie meer verskillende uitgawes as inkomste, want die diens of goedere voorsien die enigste inkomste.
  • Voorbeelde van uitgawes as jy goedere verskaf, is BTW, huur, telefoonhuur, elektrisiteit, eiendomsbelasting, salarisse, die toerusting (masjiene), en die materiale waarvan die produkte gemaak moet word. Laasgenoemde word ook die bedryfskoste genoem.
  • Vir ‘n besigheid om produktief te wees, het dit materiale, arbeid en kapitaal nodig. Dit is insette wat aan ‘n besigheid verskaf word. Hierdie insette moet omgesit word in die uitsette, wat die produkte is wat verkoop word.
  • Die lewenstandaard van die inwoners van ‘n land word in ‘n groot mate bepaal deur hoe produktief die mense van die land is. Mense moet dinge kan produseer, sodat dit verbruik kan word om weer hul lewenstandaard te verhoog. Dit skep dan ‘n vraag na die produkte, en dit skep natuurlik weer werk. As al die inwoners van ‘n land dus ‘n werk kan kry of vir hulself ‘n werk kan skep, sal dit die lewenstandaard van al die mense verhoog.

Assessering

LU 4
ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
4.2 identifiseer ‘n verskeidenheid moontlike sakegeleenthede in die gemeenskap (skoolkoöperasies, sport, vermaak, toerisme);
4.3 ontwerp ‘n reklameveldtog as promosie vir ‘n produk wat winsgewend sal wees;
4.4 ontwikkel en implementeer ‘n eenvoudige sakeplan vir ‘n handels- of diensonderneming wat van die huis of die skool bedryf kan word;
4.5 beskryf hoe die vier elemente van die bemarkingsamestelling in ‘n eenvoudige sakeaktiwiteit gekombineer word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11012/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask