<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Grafiese kommunikasie

Module 6

Vryhandteken

Nou gaan ons kyk hoe jy sonder meetkundige instrumente kan teken. Dit word VRYHANDTEKEN genoem. Gebruik ‘n skerp HB-potlood vir elk van die volgende opdragte.

Is jy linkshandig of regshandig?

OPDRAG 1:

[LU 1.3]

Trek parallelle skuins lyne in elke blok. Dui ook met ‘n pyltjie die rigting aan hoe jy die lyne die maklikste trek. Oefen eers van beide kante af.

Interessant:

Is daar enige ooreenkoms tussen die rigtings wat regshandige en linkshandige

leerders die lyne die maklikste trek?

OPDRAG 2:

[lu 1.3]

Trek parallelle skuins lyne in elke blok. Dui ook die rigting hoe jy die lyne die maklikste trek met ‘n pyltjie aan. Oefen eers van beide kante af.

Interessant:

Is daar enige ooreenkoms tussen watter rigting linkshandige en regshandige

leerders die lyne die maklikste trek?

OPDRAG 3:

[lu 1.3]

Trek parallelle vertikale lyne in elke blok. Dui ook die rigting met ‘n pyltjie aan hoe jy die lyne die maklikste trek. Oefen eers deur bo en onder te begin.

Interessant:

Hoe trek die meeste regshandige leerders die lyne die maklikste?

Hoe trek die meeste linkshandige leerders die lyne die maklikste?

Agtergrond:

As jy eers in staat is om horisontale en vertikale lyne te trek, probeer dan om REGTE HOEKE te trek.

OPDRAG 4:

[LU 1.3]

Begin deur ‘n vertikale lyn te trek en trek dan ‘n horisontale lyn by een van die punte sodat ‘n regte hoek vorm. Trek vinnig en hou jou hand aan die beweeg deur dit met jou pinkie te ondersteun, indien nodig. Kyk hoeveel regte hoeke jy binne ‘n minuut kan trek. (Dit hoef nie net vertikale en diagonale lyne te wees nie, maar moet regte hoeke vorm.)

Agtergrond:

As jy in staat is om regte hoeke te trek, kan jy regte hoeke saamvoeg om so VIERKANTE, REGHOEKE, en DRIEHOEKE te vorm.

As jy ‘n lyn trek, dink slegs aan sy rigting. ‘n Ander lyn sal sy lengte bepaal.

OPDRAG 5A:

[LU 1.3]

Teken ten minste vyf vierkante van verskillende groottes. (Eksperimenteer met die volgorde waarin jy die sye trek deur die sye te nommer. Watter manier is vir jou die maklikste? Omkring dit.)

OPDRAG 5B:

[lu 1.3]

Teken ten minste vyf vierkante van verskillende groottes. (Eksperimenteer met die volgorde waarin jy die sye trek deur die sye te nommer. Watter manier is vir jou die maklikste? Omkring dit.)

OPDRAG 5C:

[LU 1.3]

Teken ten minste vyf driehoeke van verskillende groottes. Eksperimenteer met die groottes van die hoeke.

Agtergrond:

Bogenoemde is ‘n baie belangrike oefening, aangesien die meeste voorwerpe wat jy sal wil teken, vereenvoudig en geteken kan word as basiese meetkundige figure. Die meetkundige figure vorm dus die raamwerk vir die teken van ‘n spesifieke voorwerp.

Teken ‘n dier deur gebruik te maak van ‘n ovaal wat uit ‘n reghoek ontstaan het.

Kom ons oefen om ‘n sirkel of ovaal met behulp van ‘n vierkant of ‘n reghoek te teken.

INSTRUKSIES VIR ‘N SIRKEL :

  1. Teken ‘n vierkant soos in Opdrag 5A.
  2. Merk die helfte van elke sy met ‘n merkie.
  3. Verbind die merkies met ‘n ligte kurwe om so ‘n sirkel te vorm.
  1. Trek die sirkel donker oor.
  1. Vee die lyne van die vierkant versigtig uit.

OPDRAG 6A:

[lu 1.3]

Teken ten minste drie sirkels van verskillende groottes deur die bogenoemde instruksies te volg.

Agtergrond:

INSTRUKSIES VIR ‘N SIRKEL :

  1. Teken ‘n reghoek soos in Opdrag 5B.
  2. Volg instruksies 2 tot 5 soos by die trek van ‘n sirkel.

OPDRAG 6B:

[LU 1.3]

Teken ten minste drie ovale van verskillende groottes deur die instruksies te volg.

OPDRAG 6C:

[lu 1.3]

‘n Uitdaging! Kan jy ‘n sirkel met ‘n middellyn van 40 mm slegs met ‘n potlood en liniaal trek? Probeer.

OPDRAG 7A:

Maak ‘n plakkaat in jul groep deur prente te soek van alledaagse voorwerpe en dinge wat voorbeelde is van reghoeke, vierkante, driehoeke en sirkels. Lees die assesseringsvraelys deur sodat julle sal weet wat van julle verwag word.

[LU 1.13]

Assessering

LU 1

Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

Ondersoek :

1.1 uitvind oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing, aard van behoefte) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word en die voordele en nadele wat ‘n tegnologiese oplossing vir mense sou kon inhou, noem;

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

Ontwerp

1.4 met bystand ‘n kort en duidelike stelling skryf of kommunikeer (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

Maak

1.7 die stappe beskryf in ‘n plan om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

1.9 netjies en veilig werk met die minimum vermorsing van materiaal;

Evalueer

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

Kommunikeer

  • tweedimensionele sketse maak met byskrifte en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak.

.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask