<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 5

Ontdek strukture

Module 11

Ontwerp en maak 'n houer

  1. Opdrag 1

Wat is die behoefte?

Dit is jou beste vriend/vriendin se verjaarsdag. Jy weet dat hy/sy besig is om te spaar vir ‘n nuwe fiets en het besluit om vir hom/haar ‘n bedrag geld as geskenk te gee. Jy wil die geld op ‘n kreatiewe wyse aan hom/haar gee en nie net in ‘n gewone koevert plaas nie.

Voltooi :

Jy moet dus ‘n _ wat mooi versier is, ontwerp en maak

sodat jy die _ daarin kan sit wat jy vir hom/haar wil gee op

sy/haar _ . Hy/sy moet dink dis ‘n gekoopte geskenk,

maar sal verras wees omdat dit geld is.

[LU 1.4]

  1. NAVORSING

Opdrag 1

Soek vyf verskillende vierkantige of reghoekige houers waarin jy die geld sou kon gee en stal dit in die klas op jou bank uit.

[LU 1.2]

Opdrag 2

Probeer jou gunsteling keuse as ‘n 3D-tekening in die spasie hieronder teken. (‘n Ortografiese tekening: vooraansig na jou gedraai.) Gebruik kleur en teken ook die detail op die boksie.

[LU 1.12]

Aangesien jy nie baie geld wil spandeer vir die maak van die houer nie, maar sommer materiale en gereedskap wil gebruik wat jy by die huis het, het jy tot die volgende gevolgtrekking gekom: jy gaan ‘n vel A4-karton , die templaat van ‘n dosie uit jou ma se koskas (Bylae 1), deurslagpapier en witlym gebruik. As gereedskap gaan jy ‘n skêr , ‘n metaalliniaal, ‘n potlood, koki-penne, ‘n krammasjien, ‘n uitveër en ‘n stensilpatroon gebruik.

  1. ONTWERP

Opdrag 1

Probeer om die dosie links isometries op die spasie regs oor te teken.

[LU 1.3]

Opdrag 2

Vir die interessantheid:

Probeer om die volgende 3D-vorms ook isometries oor te teken. (Dui die beskaduwing op die linkerkantste vorms aan met kleurpotlode )

Sleutel: Rigting waaruit die lig val

[LU 1.3]

Opdrag 3

Probeer om skuinsaansigte (ortografies) van die volgende 3D-figure op geruite papier te teken.

[LU 1.3]

Opdrag 4

Probeer om deur beskaduwing met behulp van kleurpotlode dimensie aan die figure van opdrag 3 te verleen. Die ligbron is van links bo net agter die figure ( a gee die leidrade).

[LU 1.3]

Opdrag 5

Ontwerp ‘n eenvoudige patroon waarvan jy ‘n stensil kan maak wat jy op die buitekant van jou houer met verskillende kleure koki-penne kan aanbring. Elke ontwerp mag nie groter as 3 cm by 3 cm wees nie. Ontwerp in die volgende blokkies en omkring jou finale keuse in blou.

(Onthou, hou die ontwerp eenvoudig, aangesien jy dit met ‘n skerppuntskêr uit ‘n stensilplaat moet knip.)

A B C D E
F G H I J
K L M N 0

Opdrag 6

Skryf die korrekte antwoord neer:

  1. Watter tipe lyne is die maklikste om uit plastiek te knip?

reguit, geboë

  1. Watter tipe hoeke is die maklikste om uit plastiek te knip?

skerp, geboë

  1. Omkring die moeilikste ontwerp met rooi en motiveer jou keuse:
  2. Kies enige van jou ontwerpe en skryf iets slegs en iets goeds omtrent daardie ontwerp.

Jou keuse: Letter _ ?

Goed:

Sleg:

(e) Kram die stensilpatroon hier vas na gebruik.

  1. VERVAARDIGING

Opdrag 1

Voltooi die volgende tabel n.a.v. die beperkinge wat jy ervaar het toe jy jou behoefte geïdentifiseer het.

Materiale benodig vir Soorte materiaal Gereedskap benodig vir
Houer
Versiering

[LU 1.8]

Opdrag 2

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10978/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask