<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 3

Die verhaal van louis braille

Aktiwiteit:

Iets vir die nuuskieriges

[lu 2.1]

Vind uit wat die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad spesiaal vir die blindes gedoen het.

Jou onderwyser sal vir jou die storie van Louis Braille lees. Gebruik nou die blokkie hieronder om vir jou maatjie ‘n kort boodskap in Braille te skryf. Gebruik die Braille-skrif langsaan.

Probeer om self die Braille-skrif te maak uit ou stukke karton.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

Memorandum

Opdrag:

Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad

  • blindes kan die blare in die kruietuin tussen hulle vingers vryf om dit te ruik en die tekstuur te voel
  • daar is ‘n reling vir hulle om aan vas te hou terwyl hulle stap
  • langs elke plant is ‘n nota in Braille-skrif, sodat hulle kan lees watter plant dit is.

Die storie van Louis Braille

Baie jare gelede het ‘n seuntjie met die naam van Louis in Frankryk saam met sy ouers gewoon. Hy was baie nuuskierig en geïnteresseerd in alles wat rondom hom gebeur. Sy pa was ‘n saalmaker van beroep en hy het vir ander mense saals vir hulle perde gemaak.

Eendag het Louis sonder toestemming in sy pa se werkswinkel ‘n stuk leer met sy pa se skerp mes probeer sny. Hy het nog nooit vantevore met die mes gewerk nie, die mes het geglip en een van sy oë raakgesny. Binne drie dae was daar infeksie in altwee oë en gou daarna was hy blind in beide oë.

Louis was steeds baie geïnteresseerd in alles wat rondom hom aangaan, maar hy het agtergekom dat dit baie moeilik was om blind te wees. Hy moes na ‘n spesiale skool vir blindes gaan waar hy dit baie moeilik gevind het om met hulle metodes te lees. Die letters was so half uitgeswel op die bladsy en hierdie metode was ‘n baie stadige manier van lees, en nog moeilik ook daarby.

Louis was vasberade om ‘n makliker manier te vind om te lees. Eendag het ‘n weermagoffisier vir hulle by die skool kom toespreek oor metodes wat hulle volg om boodskappe in die nag te stuur. Louis het toe die idee gekry om ‘n alfabet met 6 verhewe kolletjies te vorm. Hierdie skrif word Braille-skrif genoem wat ‘n kode van kolletjies op papier is. Jy lees deur jou vingers oor die kolletjies te beweeg.

Louis het later ‘n onderwyser aan die skool geword en het al die blinde leerders geleer om Braille te lees. Hierdie metode was ‘n geweldige vooruitgang in die tegnologie, want vandag kan blinde mense baie meer lees as voorheen, dus kan hulle net soos gewone kinders leer.

 

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask