<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 1

Die sintuie

Alle lewende organismes bestaan uit selletjies. Jou liggaam is net soos ‘n masjien met baie onderdele wat elkeen sy eie taak het om te verrig. Die heel kleinste lewende deeltjies in ons liggaam word selle genoem. Daar is miljoene van hulle wat dag en nag werk om ons aan die lewe te hou.

Die selle doen nie almal presies dieselfde werk nie en daarom lyk hulle verskillend. Hulle vorm bene, spiere, organe, are, senuwees en natuurlik jou vel wat alles bymekaar hou!

Kom ons bekyk sommige dele van die liggaam ‘n bietjie van nader.

DIE SINTUIE

Ons noem die vyf sintuie sig, gehoor, reuk, smaak en tas. Die mens se sig is beter ontwikkel as sommige diere s’n, terwyl sommige diere, soos die kat en die hond, se gehoorsintuig weer beter ontwikkel is as die mens s’n. Hoekom dink jy is dit so?

Aktiwiteit:

Om oor die sintuie te gesels

[lu 2.1]

Opdrag 1

Soek prentjies in ou tydskrifte van mense en diere se sintuie, vergelyk dit en plak dit op 'n vel papier.

Opdrag 2

Skryf die bypassende sintuig onder elke prentjie:

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

LU 3

WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Leerders is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1   wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan;

3.2   die impak van wetenskap en tegnologie verstaan;

3.3       vooroordeel in wetenskap en tegnologie herken.

Memorandum

DIE SINTUIE

Hoekom dink jy is dit so? Aanpassing by leefwyse, bv. Voeding en gevare.

Opdrag 2:

Sig: seuntjie wat boek lees

Gehoor: musieknote

Reuk: blom

Smaak: vis en skyfies

Tas: bad (vel voel water)

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask