<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Kan jy nog onthou wie Anne Sullivan was? Kyk weer na die leesstuk op bladsy 1 van module 16 as jy twyfel.
Sy was dus 'n ................................................. van beroep.
Kom ons kyk na nog ander beroepe. Bestudeer die prentjies en skryf die korrekte beroep by die korrekte prentjie.
veearts loodgieter
elektrisiën kassier(e)
bouer posbode
vlieënier werktuigkundige
.........................................
..........................................
........................................
........................................
........................................
...........................................
..........................................
.............................................
As jy slegs die woord rys vir 'n blinde persoon lees, sal hy nie weet of jy van rys of reis praat nie, omdat hy nie die woord kan sien nie!
Hoewel hulle dieselfde klink, verskil rys en reis in betekenis. Om die verskil aan te dui, moet ons hulle in sinsverband gebruik.
Daar is nog 'n hele klompie voorbeelde van woorde met y of ei .
Vul nou y of ei in die onderstaande sinne in om hulle te voltooi:
Lees die sinne nou hardop vir mekaar in groepe van twee.
Dink jy dis moontlik om kleure vir 'n blinde persoon te beskryf sodat hy sal weet wat die verskil tussen byvoorbeeld groen en blou is? Dit is seker onmoontlik om 'n kleur vir iemand te beskryf wat nog nooit siende was nie.
In plaas daarvan om net te sê swart , wit en rooi is pikswart , spierwit en bloedrooi baie intenser en klink die sin meer kleurryk.
Ons gebruik die INTENSIEWE VORME van swart, wit en rooi.
Die krieketwedstryd
Dis vuurwarm hier buite en my keel voel kurkdroog. Ek is al papnat gesweet en smag na 'n yskoue koeldrank. Skielik sien ek hoe 'n voorwerp wat rooi en koeëlrond is, pylreguit na my toe op pad is. Ek skrik myself wawydwakker en duik blitsvinnig onder die stoel voor my in. Ek is doodsbleek en bewerig toe ek daar opstaan en sien hoe 'n omie my aangaap met sy mond wawydoop. Die bal het 'n sonsambreel se steel getref en dié staan nou hoepelkrom. Dis skielik vir my glashelder dat ek baie ernstig beseer kon gewees het.
Nadat jy en jou groepmaat die leesstuk hardop vir mekaar gelees het, moet jy al die intensiewe vorme onderstreep.
LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.2.11 alledaagse selfstandige naamwoorde verstaan en gebruik, asook getal, geslag en verkleinwoorde;
6.2.13 alledaagse adjektiewe verstaan en gebruik: verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?