<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 4

Die kafee op die hoek

Module 6

Die kafee en kliënte

Enige goeie sakeman of –vrou sal probeer om sy of haar kliënte/klante gelukkig te hou deur na hulle belange om te sien. Daar is verskeie aspekte waarop die besigheidseienaar moet let.

  1. Veiligheidsmaatreëls en higiëne

Die winkeleienaar moet nie alleen die veiligheid van sy personeel verseker nie, maar ook dié van sy klante. Hy moet probeer voorkom dat iemand beseer word deur byvoorbeeld aan te dui wanneer vloere nat is en klante kan gly. Indien ‘n werker of ‘n klant op die perseel beseer word, moet die nodige noodhulp toegepas kan word.

Kafees is ook dikwels die teiken van gewapende rooftogte. Wat kan die eienaar doen ten einde sy personeel en klante in ‘n mate daarteen te beskerm? (Groepwerk)

‘n Skoon winkel maak dat ons sommer makliker daar sal koop. Die vloere moet blink en daar moenie vlieë wees nie. Die personeel moet netjies voorkom en die voorraad moet aantreklik uitgestal wees. Een negatiewe ervaring deur ‘n kliënt kan veroorsaak dat hy nie weer die betrokke onderneming besoek nie.

  1. Dientoonbank

Dit is sekerlik die kern van al die aktiwiteite in ‘n kafee. Die dientoonbank word ook gewoonlik by die ingang of uitgang van die kafee aangetref en daar moet te alle tye iemand aan diens wees.

Aktiwiteit 1

Om ‘n lys te maak van dienste wat in ‘n besigheid gelewer kan word [lu 4.2]

Kyk of jy en jou maat ‘n lys kan maak van ‘n paar dienste wat by die dientoonbank gelewer word.

.................................................................................................................

.................................................................................................................

..................................................................................................................

.................................................................................................................

.................................................................................................................

Ja, dit is hier waar alle betaalwerk geskied. Dit is ook hier waar ons byvoorbeeld elektrisiteitsrekenings kan betaal en Lotto-kaartjies kan koop, rokers hulle sigarette kan kry en vrugte en groente dikwels geweeg word. Dit is dan ook rondom die dientoonbank waar die veiligheidsmaatreëls die doeltreffendste moet wees.

Wat dink jy doen die bestuurder met groot hoeveelhede kontant op die perseel? Ry hy elke uur bank toe daarmee? (Dinkskrum)

  1. Advertensies

Hoeveel kafees is daar in die omgewing van jou huis?

Indien jy nou teruggaan na die eerste module, sal jy die rede vind waarom besighede hulle dienste en produkte moet adverteer. Ja, hulle moet kompeteer met ander besighede rondom hulle.

Aktiwiteit 2

Om ‘n advertensie te ontwerp [lu 4.3]

Dink jy dit is nodig vir die kafee op die hoek om sy produkte te adverteer?

Bespreek gerus hierdie vraag in julle klein groepe en gee terugvoering aan die klas. Onthou om jou antwoord met goeie redes te staaf.

Ontwerp nou ‘n advertensie vir die plaaslike koerant waarin jy die kafee wat so pas in jou omgewing oopgemaak het, adverteer.

  1. Behoeftes van die klant

Dít is die eienaar se hoofdoel: om in die behoeftes van sy klante te voorsien.

Wie is sy klante? Ja, dit is die inwoners van die woonbuurt wat grens aan die kafee, sowel as besoekers aan die woonbuurt.

Elke gesin benodig daagliks ‘n verskeidenheid produkte en dienste om te kan oorleef. Sommige produkte moet elke dag aangevul word, soos

brood en melk, terwyl ander produkte minder gereeld bekom moet word. Die kafee moet voorsiening maak vir hierdie van-dag-tot-dag behoeftes (dit is die SNELBAAN) , sowel as vir die minder gereelde aankope (die STADIGE BAAN) . Sommige voorraad sal dus langer op die winkelrak bly lê as ander.

Aktiwiteit

Om te probeer vasstel hoe die eienaar sy voorrade kategoriseer [lu 4.2]

Julle kan nou gerus as ‘n klas die plaaslike kafee besoek en ‘n lys maak van artikels in die onderskeie kategorieë.

SNELBAAN STADIGE BAAN

Watter lys is die langste?

  1. Vind ons enige bederfbare produkte in die stadige baan? Waarom nie?
  1. Hoe vergelyk die pryse van die produkte in die stadige baan met dié van soortgelyke produkte in groter supermarkte? Kan jy aan ‘n moontlike verklaring hiervoor dink?

Assessering

LEERUITKOMS 3: BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings onderskei.

LEERUITKOMS 4: ENTREPRENEURSKENNIS EN –VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings te ontwikkel.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • verduidelik hoe entrepreneurs arbeid (werk), kapitaal (geld, masjinerie (gereedskap) en natuurlike hulpbronne (grondstowwe) kombineer om wins te maak.

4.3 onderskei tussen die entrepreneursaksies van koop, verkoop en produseer.

Memorandum

Bladsy 1

Fasiliteer ‘n klasgesprek rondom die veiligheid/gevare binne ‘n kafee.

Bladsy 1

Leerders kan tydens ‘n besoek aan die kafee die verskeidenheid dienste by die dientoonbank monitor en ‘n lys maak. Hier word koepons vir elektrisiteit, lotto-kaartjies, sigarette, gas en vele meer verkoop, en die kasregister word beman.

Bladsy 2

Maak leerders opnuut bewus van die element van kompetisie en motiveer hulle om ‘n advertensie te ontwerp wat fokus op die goeie hoedanighede van die kafee wat hulle bemark.

Bladsy 3 en 4

  • Gesels oor die konsepte “Fast and Slow Lane” en maak seker dat die leerders ‘n goeie begrip daarvan het.
  • Gedurende hul besoek aan die kafee maak die leerders ‘n lys van artikels wat volgens hulle as “fast lane” of “slow lane” -artikels geklassifiseer kan word.
  • Dit is belangrik dat die opvoeder hom/haar deeglik vergewis van die inhoud van die module sodat die leerders duidelike riglyne kan ontvang i.v.m. watter inligting hulle moet versamel tydens hul besoek aan die kafee.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11085/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask