<< Chapter < Page Chapter >> Page >

LU 1.5 LU 2.5

Die leerders het teen hierdie tyd ‘n redelike woordeskat opgebou. Hulle behoort teen hierdie tyd ook eenvoudige biblioteekboeke met eenvoudige woordeskat en baie herhaling te kan lees. Nooi leerders uit om sulke boeke by die skool te kom lees. Hulle kan die storie voorlees en vertel hoekom hulle daarvan hou. Bespreek die karakters en gebeure in die boek. Maak seker dat, selfs al het hulle die storie gememoriseer, hulle die boeke korrek hanteer (reg vashou, korrek blaai, ens.). Laat leerders die storie voorspel deur na die voorblad en prente in die boek te kyk. Wanneer hulle vashaak, kan hulle na ander woorde in die sin of na die prent kyk, of hulle kan “raai” wat die woord dalk kan wees. Daar is weer eens heelwat uitkomste wat hierop van toepassing is. Die onderwyser kan elke keer op ‘n ander aspek fokus en die leerders oor ‘n tydperk toets.

LU 3.1 LU 3.2 LU 3.3

LU 3.4 LU 3.6

In hierdie module gaan die leerders heelwat hersiening doen van die frekewensie-woordeskat wat reeds aangeleer is. Sorg dat hulle dit gereeld lees en gebruik. Flits die woorde vir hulle en laat hulle dit gebruik wanneer hulle stories skryf.

LU 3.4

Leer ook vir hulle die volgende woorde aan as frekwensie-woordeskat: jaag, stert, vinnig, soek, verloor, hartseer, kwaad, bang, opgewonde.

LU 3.4

Lees die storie aan hulle voor. Vra vooraf vir die leerders om spesifiek te luister hoe Makkie sy stert verloor het. Vra aan die einde van die storie vir hulle hoe dit gebeur het. Doen dieselfde met ander stories. Vra vooraf vir die leerders om vir iets spesifieks, of vir ‘n hoofgedagte, te luister (bv. luister na die storie en probeer agterkom hoeveel kinders altesaam in die park gaan speel het, of hoekom Hansie so graag nuwe skoene wou hê). Doen dit totdat u uiteindelik al die leerders hierop geassesseer het.

LU 1.3

Vra na die storie vir die leerders hoe hulle voel as hulle iets verloor het (dit sluit ook by die vorige module aan). Laat hulle veral oor hulle gevoelens gesels. Wat maak ons nog ongelukkig? Wat maak jou bly / kwaad / opgewonde?

LU 2.1

Daar is ‘n hersieningsbladsy van woorde wat die leerders in die eerste paar modules geleer het. Laat hulle die woord met die regte prentjie verbind (elkeen in ‘n ander kleur, anders is dit moeilik om na te sien).

Lees die storie op die volgende bladsy vir die leerders voor. Aan die einde is ‘n rympie wat hulle moet sing. (Hulle moet dus ‘n wysie daarvoor maak.) Gee nou vir die leerlinge sinne wat hulle mondelings moet voltooi om vas te stel of hulle oorsaak en gevolg verstaan. Voorbeelde hiervan is:

Makkie was hartseer omdat….

Willie wou vir Makkie help, want…

Hulle kon nie die stert kry nie omdat…

Hulle moes later maar ophou soek omdat…

Wanneer iemand hartseer is,…

Willie en Makkie was bly omdat…

Willie het vir Grootoog gaan vra omdat…

LU 5.2

Leerders afdeling

Inhoud

Goeie ou grootoog!

Die volgende more breek sonnig en vrolik aan. Willie wil net uit die bed spring en gaan melk drink en speel, toe hy van Makkie se stert onthou. Hulle sal nie vandag kan speel nie. Hulle sal eers aan ‘n plan moet dink om Makkie te help. Hoe weet hy nie. En waar hy vir Makkie ‘n nuwe stert gaan kry, weet hy ook nie. Maar hy is Makkie se maatjie en maatjies help mekaar. Hy moet net aan ‘n plan dink!

Nadat hulle ontbyt geëet het en Willie sy gesig en ore mooi skoon gewas het, tel Willie weer vir Makkie op sy skouer. Makkie se gesiggie lyk nog treuriger as die vorige dag. Hy mis sy lang stert sommer baie!

Willie stap eers vir oulaas terug na hulle speelplek, maar daar is nog geen teken van Makkie se stert nie. Hulle moet maar ophou soek. Om so ‘n klein, bruin stertjie op die groot, bruin grond te kry, is seker maar onmoontlik. Daar is nog net een ding wat hulle kan doen. Hulle moet vir Grootoog gaan vra!

Grootoog sit hoog in ‘n boom en slaap toe Willie en Makkie daar aankom. Gelukkig word hy wakker en loer na Willie en Makkie met sulke skrefiesoë. (Uile slaap mos graag in die dag en Grootoog is moeg na hy die heelnag rondgevlieg het.) “Makkie se stert? Het julle dan nie geweet dat akkedisse hulle sterte maar af en toe verloor nie? Daarom groei daar altyd net weer ‘n nuwe een uit.” ‘n Nuwe stert? Gaan Makkie ‘n nuwe stert kry? Hulle kan hulle ore nie glo nie. Makkie is so bly dat hy van Willie se skouer afval en op sy rug op die grond beland! Willie laat ook nie op hom wag nie en rol saam met Makkie op die blare rond van pure vreugde! Hulle het sommer ‘n liedjie gemaak, so bly was hulle. Kyk of jy kan saamsing!

Ons is altwee baie bly,

Makkie het sy stert gekry!

Nie hier onder op die grond,

Al soek ons oral rond en bont!

Sy stertjie was toe glad nie weg!

Hy kry mos weer een, als is reg!

Nou kan ons mos weer gaan speel,

Die son skyn tog so mooi en geel!

LU 4.1
  • Vul die blokkiesraaisel in

1. Wie se stert was weg?

2. Waar het die stert weggeraak?

3. Het hulle die stert weer gekry?

4. Wie het vir Makkie gevang?

5. Wie het vir Makkie goeie nuus gegee?

LU 5.3
  • Vul in: o en oo en teken die prentjie
LU 3.5
oo soom oom
boom room hoor
woon groot loop
LU 3.4

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: SKRYF : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.

Leeruitkomste 5: DINK EN REDENEER : Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask