<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 4

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module 15

Ons oefen speel-speel

Gimnastiese oefeninge vir liggaamsbeheer

Aktiwiteit 1

Om oefeninge vir liggaamsbeheer uit te voer [lu 4.2]

Voortbeweging (locomote): die diere-karnaval

Materiaal: Bandspeler met kasset of CD. (Die Karnaval van die Diere deur die komponis, Saint-Saëns, is ‘n goeie keuse).

Wanneer die musiek begin speel, boots die leerders die bewegings van sekere diere na.

Sodra die musiek stop, moet die leerders “vries” tot die musiek weer begin.

Elke keer wat die musiek opnuut begin, moet die leerder ‘n ander dier uitbeeld.

Voorbeelde van diere en hulle bewegings (Leerders kan aangemoedig word om hulle eie diere en bewegings uit te dink):

Die beer: hande-viervoet kruip.

Galloppende perde: Die knieë word telkens hoog opgelig.

Paddaspring: Hop vanaf hurke na arms.

Vlieënde voëls: Hardloop en flap die vlerke (arms) op en af.

Hasie hop: Hop op hurke rond sonder om met die hande die grond te raak.

Aan die einde van die oefening kan die leerders of opvoeder die leerder uitwys wat die interessantste dierbewegings uitgevoer het.

Aktiwiteit 2

Om rondomtalie-speletjie te speel [lu 4.2]

Roteer: rondomtalie-spel

Materiaal: Bandspeler met kasset of CD. Enige vrolike ritmiese musiek is geskik. Stadige en vinnige musiekvoorbeelde kan ook afgewissel word.

  • Leerders vorm ‘n groot kring ten minste ‘n armlengte uitmekaar.
  • Wanneer die musiek begin, roep die onderwyser een leerder se naam uit.
  • Die leerder moet dan ‘n roterende beweging begin uitvoer.
  • Al die ander leerders moet die beweging dadelik na-aap. ‘n Aanhoudende beweging op een plek is ook toelaatbaar.
  • Elke keer as die musiek gestop het, moet die groep na die ander kant beweeg. Dit is belangrik dat die sirkel behou word.

Voorbeelde van rotasie-beweging

  • Die windmeul: Swaai die arms op en af en draai tegelykertyd in die rondte.
  • Die tol: Tol vinnig al in die rondte.
  • Die hobbelperdjie: Lê op jou maag. Hou die enkels met die hande vas sodat jou maag agtertoe buig soos ‘n bootjie en wieg vorentoe en agtertoe.
  • Die wiegie: Sit met jou knieë opgetrek en hou jou bene styf vas met albei arms. Wieg so ver moontlik vorentoe en agtertoe.

Moedig kreatiewe bewegings aan, maar staak dadelik onbeheerste wilde bewegings wat tot beserings kan lei.

Aktiwiteit 3

Om sirkustoertjies uit te voer [lu 4.2]

Oplig: sirkustoertjies/posisies

Verdeel die leerders in pare.

Leerders kry drie minute om ‘n sirkusposisie uit te werk.

Tydens die toertjie mag een van die twee leerders glad nie aan die grond raak met enige deel van sy lyf nie.

Leerders moet ‘n naam vir hulle posisie uitdink.

Na drie minute kry elke paar die geleentheid om hulle posisie/toertjie vir die klas te demonstreer. Die klas kan dan stem vir die interessantste/beste/snaaksste posisie, ens.

Voorbeelde van sirkus-posisies:

Die dubbele krap-posisie: Leerder A staan omgekeerde hande-viervoet (d.w.s. met die maag na bo) en leerder B staan in dieselfde posisie, maar met sy voete op die knieë van leerder A en sy hande op sy maat se skouers.

Die dubbeldekkerbus-posisie: Leerder A staan hande-viervoet op die grond en leerder B hande-viervoet met sy knieë op die rug van A en sy hande op leerder A se skouers.

Die helikopter-posisie: Leerder A lê op sy rug met sy bene in die lug. Leerder B gaan lê met sy maag bo-op leerder A se voete en strek sy lyf reguit uit met sy arms na voor.

Aktiwiteit 4

Om balanseertoertjies uit te voer [lu 4.2]

Balanseer: piramides

Leerders word in groepe van drie tot vyf verdeel.

Groepe moet nou ‘n piramideposisie uitdink waarin balans ‘n rol speel

Groepe word vyf minute toegelaat om ‘n posisie te beplan en te oefen.

Elke groep kry die geleentheid om sy piramide te vertoon.

Punte uit 10 kan deur die leerders of opvoeder toegeken word.

Voorbeelde van moontlike piramide-posisies:

Twee leerders staan hande viervoet met hulle voete se onderkante teen mekaar. Die derde leerder balanseer deur met ‘n voet op elk van die ander twee se rug te staan en sy arms in die lug te steek.

Vyf leerders balanseer in ‘n waaier posisie met almal se voete teenaan mekaar. Leerder 1 en 5 raak met een hand aan die grond. Die groep vorm as’t ware ‘n gradeboog met die grond.

Assessering

LEERUITKOMS 4: LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGING

Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

4.2 verskillende maniere toon om te beweeg, in die rondte te draai, te lig en te balanseer deur verskillende liggaamsdele.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11095/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask