<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Gelyktydige lineêre vergelykings

Tot dusver het alle vergelykings slegs een onbekende veranderlike gehad wat ons moes vind. Wanneer 2 onbekendes bepaal moet word, het ons 2 vergelykings nodig. Hierdie vergelykings word gelyktydige vergelykings genoem. Die oplossing vir die stelsel van gelyktydige vergelykings is die waardes van die veranderlikes wat die stelsel van vergelykings gelyktydig sal bevredig. In die algemeen beteken dit indien daar n onbekende veranderlikes is, benodig ons n vergelykings om 'n oplossing vir elk van die n veranderlikes te vind.

’n Voorbeeld van stel gelyktydige vergelykings is:

2 x + 2 y = 1 2 - x 3 y + 1 = 2

Oplos van gelyktydige vergelykings

Om 'n numeriese waarde vir onbekende veranderlikes te vind, moet ons ten minste soveel onafhanklike vergelykings as veranderlikes hê. Ons kan gelyktydige vergelykings algebraïes of grafies oplos.

Khan akademie video oor gelyktydige vergelykings - 1

Grafiese oplossing

Gelyktydige vergelykings kan grafies opgelos word. Die oplossing van die gelyktydige vergelykings word gegee deur die koördinate van die punt waar die twee grafieke mekaar sny.

x = 2 y y = 2 x - 3

Trek die grafieke van die 2 vergelykings in [link] .

Die snypunt van die 2 grafieke is ( 2 , 1 ) . Dus, die oplossing van die stel gelyktydige vergelykings in [link] is y = 1 and x = 2 .

Dit kan algebraïes getoon word as:

x = 2 y y = 2 ( 2 y ) - 3 y - 4 y = - 3 - 3 y = - 3 y = 1 Stel in die eerste vergelyking in: x = 2 ( 1 ) = 2

Los die volgende stel gelyktydige vergelykings grafies op.

4 y + 3 x = 100 4 y - 19 x = 12
  1. Vir die eerste vergelyking:

    4 y + 3 x = 100 4 y = 100 - 3 x y = 25 - 3 4 x

    en vir die tweede vergelyking:

    4 y - 19 x = 12 4 y = 19 x + 12 y = 19 4 x + 3

  2. Die grafieke sny by ( 4 , 22 ) .

  3. x = 4 y = 22

Oplossing deur vervanging

’n Algemene algebraïese metode is vervanging: probeer een van die vergelykings op te los vir een van die veranderlikes en vervang die resultaat in die ander vergelykings. Deur dit te doen verminder die hoeveelheid vergelykings en ook die hoeveelheid onbekende veranderlikes met 1. Hierdie proses word herhaal tot ‘n enkele vergelyking met 1 veranderlike oorbly, wat (hopelik) opgelos kan word. Terugvervanging kan dan gebruik word om die waardes van die ander veranderlikes te bevestig.

In die voobeeld [link] , los ons die eerste vergelyking op vir x :

x = 1 2 - y

en stel hierdie resultaat in die tweede vergelyking in:

2 - x 3 y + 1 = 2 2 - ( 1 2 - y ) 3 y + 1 = 2 2 - ( 1 2 - y ) = 2 ( 3 y + 1 ) 2 - 1 2 + y = 6 y + 2 y - 6 y = - 2 + 1 2 + 2 - 5 y = 1 2 y = - 1 10
x = 1 2 - y = 1 2 - ( - 1 10 ) = 6 10 = 3 5

Die oplossing vir die stelsel gelyktydige vergelykings [link] is:

x = 3 5 y = - 1 10

Los die volgende stelsel gelyktydige vergelykings op:

4 y + 3 x = 100 4 y - 19 x = 12
  1. 4 y + 3 x = 100 3 x = 100 - 4 y x = 100 - 4 y 3
  2. 4 y - 19 ( 100 - 4 y 3 ) = 12 12 y - 19 ( 100 - 4 y ) = 36 12 y - 1900 + 76 y = 36 88 y = 1936 y = 22
  3. x = 100 - 4 ( 22 ) 3 = 100 - 88 3 = 12 3 = 4
  4. 4 ( 22 ) + 3 ( 4 ) = 88 + 12 = 100 4 ( 22 ) - 19 ( 4 ) = 88 - 76 = 12

’n Winkel verkoop tweewielfietse en driewiele. In totaal is daar 7 fietse (fietse sluit tweewielfietse en driewiele in) en 19 wiele. Bepaal hoeveel van elke soort fiets is daar.

  1. Die aantal fietse en die aantal driewiele word verlang.

  2. As b die aantal tweewielfietse en t die aantal driewiele is, dan:

    b + t = 7 2 b + 3 t = 19
  3. b = 7 - t In die tweede vergelyking: 2 ( 7 - t ) + 3 t = 19 14 - 2 t + 3 t = 19 t = 5 In die eerste vergelyking: : b = 7 - 5 = 2
  4. 2 + 5 = 7 2 ( 2 ) + 3 ( 5 ) = 4 + 15 = 19

Gelyktydige vergelykings

  1. Los grafies op en bevestig jou antwoord algebraïes: 3 a - 2 b 7 = 0 , a - 4 b + 1 = 0
  2. Los algebraïes op: 15 c + 11 d - 132 = 0 , 2 c + 3 d - 59 = 0
  3. Los algebraïes op: - 18 e - 18 + 3 f = 0 , e - 4 f + 47 = 0
  4. Los grafies op: x + 2 y = 7 , x + y = 0

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]. OpenStax CNX. Aug 04, 2011 Download for free at http://cnx.org/content/col11328/1.4
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Siyavula textbooks: wiskunde (graad 10) [caps]' conversation and receive update notifications?

Ask