<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Energie-oordrag en stelsel

Gebruike van elektriese energie

Opvoeders afdeling

Memorandum

Tabel: Voorbeeld (aanvaar ander voorstelle deur leerder)

Funksie Toestelle Werking as 'n sisteem
Warmte
Verwarmer Element (metaal) word warm vanweë weerstand teen stroom wat vloei, energie kom vry in vorm van warmte. Kan olie of water verwarm.
Oond Soos bg. maar in ‘n houer om hitteverlies te voorkom.
Stoofplaat Element wat ‘n plat oppervlak vorm waarop kastrolle/ potte/panne kan staan en met hitte in kontak kom om verkies te beperk.
Broodrooster, ketel, strykyster, ens.
Lig
Warm gloeilampe Bevat element wat gloei in houer met gas wat voorkom dat dit uitbrand.
Buislig met twee pole waar elektrisiteit deur gas beweeg Word nie baie warm nie, dus min verlies aan hitte.
Flits van kamera.
Beweging
Stofsuier Elektrisiteit laat motor bestaande uit drade en magnete beweeg, wat suigkrag laat ontstaan.
Grassnyer, boor, klitser, waaier is ander voordele.
Klank
Radio Elektrisiteit word gebruik om radiogolwe op te vang en na klankgolwe om te sit wat deur luidspreker uitgestuur word.
Alarmstelsels, wekkers, TV, - soortgelyk.

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om die gebruike van elektriese energie te kan beskryf [lu 2.1]

  • Eskom is Suid-Afrika se grootste verskaffer van elektrisiteit en hul mikpunt is om jaarliks honderde “nuwe” skole, hospitale, huise, ens. van elektrisiteit te voorsien.
  • Die vier gebruike van elektrisiteit wat ons die meeste aanwend, is warmte, lig, beweging en klank.
  • Dink aan elektriese toestelle wat warmte, lig, beweging en klank aan ons verskaf. Kies twee vir elkeen van die gebruike. Doen navorsing om by elkeen te bepaal hoe elektriese energie gebruik word om die funksie te verrig waarvoor hulle aangewend word (met ander woorde hoe elkeen as ‘n sisteem funksioneer).
  • Voltooi die onderstaande tabel deur die inligting wat jy versamel het daarin uiteen te sit. Maak seker dat jy in elke groep 'n verskeidenheid toestelle kies (byvoorbeeld nie net verskillende stowe vir warmte nie).
FUNKSIE TOESTELLE WERKING AS 'N SISTEEM
WARMTE
1.
2.
LIG
1.
2.
GROEPASSESSERING: KRITERIA 1 2 3 4
Kategorisering korrek _____ _____ _____ _____
Goeie beskrywing van toestelle _____ _____ _____ _____

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 6. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11080/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask