<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
Kleure: Groen/geel bo, bruin en blou links en regs (lg. twee kan omruil).
Aarddraad: Lei stroom af sodat daar nie oorverhitting ontstaan nie/laat aard-lekkasieskakelaar uitskop om stoof af te sny. Anders kan brand ontstaan of kan persoon doodgeskok word.
Teken: Gevaar. Elektrisiteitinstallasies is gevaarlik. Nie net skokke nie, maar bestraling/magneetvelde is skadelik vir die mens.
Kragproppe behoort volgens die internasionale kleurkode bedraad te word.
Jul onderwyser sal ‘n kragprop wat korrek bedraad is aan julle wys. Maak seker dat julle weet presies waar elkeen van die geleiers vasgeskroef moet word, anders kan die toestel lewensgevaarlik wees as iemand daaraan sou raak.
Gebruik die toepaslike kleur en dui aan hoedat jy die prop in die volgende skets sal bedraad.
_____________________________________________________________________

Wat beteken dit? ___________________________________________________
Hoekom word dit altyd by elektriese aanlegte vertoon?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
- Moet nooit ‘n elektriese apparaat wat stukkend is, self probeer regmaak nie. Vra liefs ‘n opgeleide elektrisiën om die herstelwerk te doen.
- Water is ‘n goeie geleier van elektrisiteit. Moet dus nooit met elektrisiteit werk terwyl jy naby water staan nie.
- Moenie ‘n kragprop uit ‘n kragsok trek deur aan die draad te pluk nie.
- Maak seker dat jy weet waar die gebou se hoofskakelaar sit. Wanneer iets verkeerd gaan, kan jy onmiddellik die hoofstroom afskakel.
- Pasop om elektriese drade onderdeur matte aan te lê. Dit is baie moeilik om die toestand van die drade te ondersoek, indien dit nie te alle tye sigbaar is nie.
VDit is ‘n goeie beleid om elektriese apparate van tyd tot tyd deur ‘n gekwalifiseerde elektrisiën te laat ondersoek.
Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.
Notification Switch
Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 6' conversation and receive update notifications?