<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Energie en verandering

Module 28

Energie vir mense se gebruik

Aktiwiteit:

Om wind as energiebron tot ons voordeel te gebruik

[LU 1.1, 1.2, 1.3, 2.1]

Ken jy die volgende idiome en spreekwoorde oor wind?

Na wind kom reën (na vrolikheid kom olikheid

Vir wind en weer rondloop (die ouers gee nie om hoe die kinders grootword nie)

Dit gaan voor die wind (dit gaan goed)

Dis pure wind (dis net grootpratery)

Hy is deur die wind (hy is deurmekaar)

Die wind van voor kry (teëspoed kry)

Goeie raad in die wind slaan (steur hom nie aan goeie raad nie)

Wat is wind?

Blaas op jou hand. Wat voel jy op jou hand?

Ons kan nie wind sien nie, maar ons kan dit voel as dit teen ons gesigte waai of ons hare deurmekaar waai.

Ons wasgoed word sommer gou droog as die wind waai.

Weet jy hoekom?

Hoe ontstaan wind?

Voltooi die sinne met die ontbrekende woorde (bladsy 13) om die illustrasie te verduidelik.

  1. In die dag die son. Dit maak die land

.

  1. Warm lug .
  2. Koeler lug beweeg van die na die

om die warm lug se plek in te neem.

  1. So ontstaan .

Maak voorstelle aan jou maats en gee terugvoering aan die klas oor metodes om jou windmeultjie nog vinniger te laat draai.

Vou ‘n vliegtuigie

  • Vou ‘n vel A4-papier in die lengte.
  • Vou die papier weer oop en vou die twee boonste hoeke binnetoe, sodat hulle by die middel bymekaarkom.
  • Vou weer hierdie twee hoeke middel toe, sodat ‘n pylpunt nou vorm.
  • Vou die boonste puntjie binnetoe tot waar die twee ander punte bymekaar kom.
  • Vou dit in die middel om dit ‘toe te maak’
  • Vou die onderste punte een vir een om om die vlerke te vorm.
  • Vou nou albei vlerke terug, parallel met die middelste vou.
  • Hou dit nou onder vas en kyk hoe ver dit kan vlieg as jy dit gooi!
  • Vind nou uit watter voumetode ‘n papiervliegtuigie die beste kan laat vlieg. Kom wys vir die klas en motiveer jou verklaring.

Die gebruike van wind tot die mens se voordeel

Die mens het nog altyd die krag van die wind gebruik om dinge gedoen te kry.

Die mens weet al baie lank hoe om die wind tot sy voordeel te gebruik. Matrose het geweet hoe om die krag van wind te gebruik om hul skepe voort te dryf.

Windmeulens is gebruik om koring te maal en water uit die grond te pomp.

Die wind draai die “wiel” (die Nederlanders noem dit “wieke”) van die meul om die masjinerie aan die binnekant te laat werk. Moderne windmeulens het turbines wat gebruik word om elektrisiteit mee op te wek.

Kom ons bou ‘n vlieër!

Noem en beskryf eers die materiale wat daarvoor gebruik kan word en probeer dan om as ‘n klas/groep een te bou.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindings kommunikeer.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPLIKE KENNISDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

2.1 betekenisvolle inligting onthou.

LEERUITKOMS 2: KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPLIKE KENNIS

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard

Dit is duidelik wanneer die leerder

  • betekenisvolle inligting onthou.

Memorandum

Wat is wind?

  1. Ek voel lug op my hand.
  2. Die wind skud die waterdruppels uit die wasgoed. Die waterdamp van die wasgoed verdwyn in die lug.

Hoe ontstaan wind?

Voltooi die sinne met die ontbrekende woorde om die illustrasie te verduidelik:

1. skyn, warm

2. styg

3. see, land

4. wind

Vou ‘n vliegtuigie:

Hou ‘n klaskompetisie om te kyk wie s’n kan die verste vlieg, binne en buite!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask