<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Aktiwiteit 1:

OPDRAG 1:

Een van die genoemde vorms van energie is ELEKTRISITEIT.

  • Elektrisiteit is ‘n onsigbare energievorm gebaseer op die beweging van baie klein deeltjies. Om dit te verstaan, moet leerders die bou van ‘n atoom verstaan.
  • ‘n Atoom is die kleinste deeltjie waaruit enige stof kan bestaan. Dit bestaan uit ‘n klein kern met deeltjies genaamd protone (positief) en neutrone (neutraal), asook rondom die kern ‘n wolk elektrone – klein negatiewe deeltjies.
  • Dit is juis hierdie elektrone wat beweeg tydens ‘n elektriese stroom.
  • Gewoonlik balanseer die positiewe en negatiewe deeltjies in ‘n neutrale atoom.
  • Wanneer ‘n wanbalans egter ontstaan, begin die negatiewe elektrone beweeg.
  • Elektrisiteit is juis die beweging van energie langs lang koperdrade en die energie kan dan omgeskakel word na ander vorme soos lig, hitte en beweging deur middel van ‘n toestel wat daaraan gekoppel word.
  • Die elektrone kan nie vanself beweeg nie, maar word eerder vorentoe gedruk deur die elektriese toestand.
  • Hierdie “drukking” noem ons die POTENSIAALVERSKIL (PV).

éééé

Hierdie potensiaal verskil word gewoonlik deur ‘n battery of kragstasie geproduseer.

  • Binne-in bedrading sal elektrone letterlik van een atoom na ‘n ander spring, net soos vragtrokke teen mekaar stamp as ‘n stamp aan die een kant toegepas word – dit veroorsaak ‘n stampeffek wat dan al langs die bedrading afbeweeg.

Het jy geweet?

  • Daar is klein, maar soortgelyke elektriese stroming in ‘n mens se liggaam wat langs jou senuwees en spiere beweeg in die vorm van senupulse en spierpulse.
  • Die masjien wat dit optel en op ‘n grafiek kan registreer, is ‘n elektroencephalograaf (EEG).
  • Tydens so ‘n ondersoek word plakkertjies met sensors op jou liggaam geplak en metings word geneem.
  • Nog ‘n toepassing is ‘n pasaangeër wat die hartspierweefsel se elektriese pulse volhou en enige tekorte aanvul.

Elektrisiteit in ons huise

Geskiedenis

Die kern van Suid-Afrika (en inderdaad Afrika) se elektrisiteitsgeskiedenis en - verspreiding is die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, bekend as Eskom. Dié nutsmaatskappy bestaan uit ’n hoofkantoorfasiliteit (tans die indrukwekkende Megawattpark-kompleks in Johannesburg), verskeie massiewe kragstasies en ’n nasionale versendings- en verspreidingsnetwerk.

In die 1960’s is daar opdrag gegee vir vyf steenkoolaangedrewe kragstasiereuse in die destydse Oos-Transvaal; sommige van hierdie stasies is eers in die 1970’s voltooi en het Eskom se kragopwekkingskapasiteit aansienlik laat toeneem.

Die Suider-Afrika-ontwikkelingsgemeenskapskonferensie (“Southern African Development Community Summit”) wat in 1995 in Suid-Afrika gehou is, het ooreengekom dat daar ’n uitruiling van elektrisiteit tussen SAOG-lande behoort te wees. Die meeste het toe ’n ooreenkoms geteken wat die totstandkoming van ’n elektrisiteitmagspoel gevestig het.

Opwekking

Eskom is ’n self-gefinansierde agentskap wat omtrent 98 % van Suid-Afrika se elektrisiteit opwek en verkoop, in ongeveer 60 % van Afrika se elektrisiteitsbehoeftes voorsien en onder die sewe top nutsmaatskappye in die wêreld in terme van grootte en verkope is.

Eskom is ook een van die laagste-koste-produseerders van elektrisiteit in die wêreld wat fossielbrandstof (steenkool) as die hoofbron van elektrisiteitsopwekking gebruik. Soos die meeste ander kragmaatskappye, onderhou Eskom ’n verskeidenheid aanlegte: twee gasturbines, twee hidro-elektriese aanlegte, twee pompstoringsaanlegte, een kernaanleg en natuurlik 17 steenkoolaangedrewe aanlegte - 24 eenhede in totaal. Eskom se steenkoolaangedrewe kragstasies (onder die wêreld se grootstes) genereer sowat 80 % van alle elektrisiteit wat deur die nutsmaatskappy vervaardig word. Die hidro-elektriese stasies, pompstoringskemas en gasturbinestasies genereer 14 % van produksie, en kernkrag die laaste 6 %.

Verskaffing

Eskom versprei jaarliks meer as 155 000 miljoen kWh elektrisiteit regoor Suid-Afrika deur middel van ’n nasionale rooster van sowat 312 000 km lugdrade en 6 000 km ondergrondse kabels. Eskom se elektrisiteitsvoorsiening gaan direk na landelike areas, groot industrieë en meeste myne. Eskom verprei ook na die stedelike gebiede (gemeenskappe, klein besighede en huishoudings) deur plaaslike owerhede en munisipaliteite.

Voorsiening aan ons huise is in die vorm van die Nasionale rooster. Dit is ESKOM se manier om verspreiding te bewerkstellig. Kortom werk dit soos volg:

  • Myn – vervoer – kragsentrale – pilons – hoof suvstasies – fabrieke – streek substasies - torings.pilons – woonarea substasies – huishoudelike voorsieningElektrisiteit is baie duur en word deur die plaaslike munisipaliteit vanaf ESKOM voorsien. Hulle bepaal ook die prys wat daarvoor in eenhede betaal moet word.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask