<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die hope plastiek wat ons daagliks weggooi, bly daar. Plante en diere vergaan of verrot, maar plastiek nie.

Plastiek veroorsaak die dood van baie diere, veral visse wat in die see, damme of riviere daarin verstrengel raak.

Kom ons kyk vinnig na ander voorbeelde van sintetiese polimere (hierdie afdeling is slegs vir kennisname).

2. Vesels

Vesel is ‘n term wat gebruik word om ‘n lang, dun draad materiaal te beskryf. Daar is baie verskillende oorspronge van vesels. Party is van plante afkomstig, soos katoen, papier en klapper. Ander kom van diere, bv. wol. Nylon en rayon is mensgemaakte of sintetiese vesels.

Die menslike liggaam bevat ‘n verskeidenheid vesels, bv. hare en naels. Elke haar is eintlik ‘n string proteïene wat keratien genoem word. Die haar is in die vorm van spirale gedraai. Hierdie samestelling maak die haar sterk en elasties. Nat hare rek, maar spring weer terug na die oorspronklike lengte of vorm.

  1. Sy

Sy is ‘n natuurlike vesel. Baie diere vervaardig sy. Die algemeenste is spinnekoppe, maar daar word met die sywurm geboer om sy te vervaardig.

Sy word deur die ruspe van die sywurmmot gemaak.

2. Glas

Daar is baie verskillende soorte glas. Die algemeenste is dié wat as ruite gebruik word.

Eienskappe van glas

  • Onthou jy wat ‘n vastestof (ys) of ‘n vloeistof (water) is? Glas is ‘n unieke materiaal wat ó ‘n vloeistof óf ‘n vastestof kan wees. Glas kan soos ‘n vastestof lyk omdat dit hard en broos is, maar dit het baie eienskappe van ‘n vloeistof.

Hoe word glas gemaak?

  • Glas word gemaak deur die vermenging van sand, kalksteen en soda-as. Partykeer word gebreekte glas ook by die mengsel gevoeg.

Glas is ‘n stabiele stof en het belangrike eienskappe wat daartoe bydra dat dit as ‘n veelsydige stof dien:

Glas verweer nie.

Glas los nie op in water en in die meeste chemikalieë nie.

Glas kan gebruik word om as houers te dien vir die verbotteling van die meeste kossoorte of drankies.

Glas is deurskynend. Ligstrale kan dus dwarsdeur glas – soos ‘n ruit – skyn.

Glas het ‘n gladde, harde oppervlak wat baie higiënies kan wees en maklik skoongemaak kan word om kos of drankies in te stoor of te berg.

Glas kan maklik breek, maar kan ook buigbaar wees, indien dit in lang vesels uitgerek word. Hierdie glasvesels is baie sterk en kan gebruik word om bv. ‘n kano of ‘n branderplank te bou.

Lae glasvesel kan tussen die dak en plafon van huise gesit word om as isoleerder te dien. Wat beteken dit?

Op ‘n warm dag hou dit hitte uit. Dus bly die huis koeler. Op ‘n koue dag hou dit die koue uit. Dus bly die hitte binne en die huis is warmer.

Die eienskappe van glas kan aangepas word deur die samestelling van die mengsel. So kan daar spesifieke soorte glas bekom word. Veiligheidsglas word byvoorbeeld vir ruite van voertuie gebruik. Wanneer hierdie glas breek, krummel dit in stukkies wat deur ‘n plastieklaag aanmekaar gehou word.

So lyk die samestelling van ‘n motorruit.

Glas
Plastiek
Glas

Bly die voorruit in een stuk, al het dit versplinter?

Waarom is dit belangrik?

Kan jy aan nog voorbeelde dink waar glas ‘n belangrike rol speel?

Interessante feite:

Ons gebruik vandag vensters in ons huise. Voordat glas bekend was, is slegs openinge in mure gelaat om lug in te laat. Huise was voorheen baie donker binne. Die Romeine was die eerste mense wat glas in vensters gebruik het, maar dit was eers in die 19 de eeu dat mense platglas kon bekostig.

Moderne huise het groter vensters en glasdeure om lig deur te laat en die wonings ‘n warmer gevoel te gee.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

Memorandum

Olielande:

  • Kanada
  • VSA
  • Suid-Amerika
  • Afrika
  • China
  • Midde-Ooste
  • Rusland / voormalige Sowiet-Unie

Plastiekhouers:

  • roomys; tandepasta; skoonmaakmiddels; sap; sjampoe

Plastiek in behuising:

  • Plastiek kan oor die dak vasgemaak word om die reën uit te hou.
  • Dit kan buite om die struktuur van die huis gesit word of binne teen die wande van die muur.
  • Dit kan ook op die vloer gegooi word om nattigheid uit te hou.

Herwinning van plastiek:

Leerlinge se terugvoer moet hoofsaaklik gaan oor plastiek wat nie oplosbaar is nie en besoedeling in die natuur veroorsaak.

  • Dit kan verbrand word om hitte en energie vry te stel.
  • Dit kan gesmelt en weer gebruik word.
  • Veroorsaak dat waterlewe vrek – visse raak verstrengel.
  • Diere sluk plastiek, bv. volstruise.

Motorruit met plastiek:

  • Om te verhoed dat die insittendes ernstige snywonde opdoen.
  • Ja, die plastieklaag hou dit aanmekaar, al is die glasgedeelte verkrummel.

Versterkte ruite:

  • Die ruite verkrummel en verhoed ook dat die insittendes deur glas gesny word.

Bakke vir oonde; in hospitale – termometer – kan gesteriliseer word – skoon; glasveselboot; ruite van voertuig (versterkte ruite); vensters van kerk; vensters van huis; glasvesel in dak van huis; ligte van voertuig, ens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask